Daar was die afgelope jaar groot bespiegeling oor die raaiselagtige omstandighede rakende Willem Kruger, ʼn jong boer van Groblersdal, se dood. Die polisie sê nou vuilspel word wél vermoed en ʼn saak van moord word ondersoek.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Willem Kruger"
Willem Kruger: Bakkie was nié in rivier tydens soektog – polisie
Die geregtelike ondersoek na Kruger se dood is nou na ʼn moordsaak omgeskakel, met die polisie wat sê die ondersoek wys die bakkie was in parkeerrat toe dit gevind is, met die handrem opgetrek en die sleutel nie in die aansitter nie.
Gerrie Nel bespreek Willem Kruger-bevindings met gesin
Die privaatvervolgingseenheid sê dat sy bevindings op “objektiewe feite” geskoei is – feite wat gestaaf en bewys kan word.
Privaatvervolgingseenheid sal Kruger-gesin bystaan
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het onderneem om Willem Kruger (29) se gesin by te staan ná sy afsterwe in November verlede jaar.
Willem Kruger: Uitslag van nadoodse ondersoek bekend
Die uitslag van die nadoodse ondersoek op Willem Kruger is bekendgemaak.
Willem Kruger: Lodge en polisie reageer op bewerings
Sedert Kruger se dood in November word verskeie bewerings gemaak en is daar talle vrae wat gevra word oor die presiese omstandighede van die voorval.
‘Ons trane sal jou landerye water gee’
“Willem het dit reggekry om die wêreld weer op sy knieë te bring en weer bewus te raak van God.”
In memoriam van jou, Willem Kruger
Gee Willem se mense kans. Staan terug. Los hulle. Maar bid vir hulle. As ons arms te kort is om by te kom, kan gebede mos bykom.
Polisieduikers vind liggaam in wrak
Willem Kruger se familie sal na verwagting later ʼn amptelike verklaring uitreik.
Willem se bakkie in rivier gekry
Willem Kruger (29), die man wat meer as ʼn week gelede by ʼn ramparty vermis geraak het, se wit Toyota Hilux-bakkie is Dinsdag in die Vaalrivier gevind.
Vermiste Willem Kruger: ‘Ons sal aanhou soek’
“Ons menslike verstand kan nie die verdwyning van Willem verstaan nie.”
Soektog na Willem Kruger duur voort
Terwyl die riviervlak stadig besig is om te sak, is die spanne hoopvol dat hulle eersdaags sal kan sien of die 29-jarige man se bakkie wel in die rivier is.
Vermiste jong man sou by lodge oorslaap
“Die plan was nooit dat hy huis toe sou ry nie.”
Nog geen spoor van vermiste man
Die private speurder Mike Bolhuis het intussen ook by die soektog na Willem Kruger betrokke geraak.
Vermiste man het lodge dalk nooit verlaat
Duikspanne volg tans leidrade op in en om die Vaalrivier wat verby die Henbase Lodge loop waar Willem Kruger Saterdagaand ʼn ramparty bygewoon het.
Groot soektog na man wat glo op pad vermis raak
Willem Kruger (29) het glo vroeg Sondagoggend uit Morgenson vertrek waar hy ʼn ramparty bygewoon het.