Polisieduikers vind liggaam in wrak

Willem Kruger se bakkie is Dinsdag in die Vaalrivier gevind. (Foto: Verskaf)

Die liggaam wat Dinsdag deur polisieduikers in die Vaalrivier gevind is, was in die Toyota Hilux-bakkie wat aan Willem Kruger (29) behoort. Daar is egter nog nie bevestig of dit wél Kruger se liggaam is nie.

Oudkol. Sakkie Louwrens, wat die ondersoek namens Kruger se familie gelei het, het die inligting aan Maroela Media bevestig, en sê dat Kruger se familie later vandag ʼn amptelike verklaring sal uitreik.

Louwrens sê die bakkie en oorskot is sowat 100 m gevind van die punt waar ʼn deskundige wat motorongelukke rekonstrueer, vermoed het die voertuig in die rivier beland het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die polisie en betrokke partye is tans nog op die toneel en dat geen verdere inligting in dié stadium bekend gemaak kan word nie.

Kruger het op 13 November spoorloos verdwyn nadat hy ʼn ramparty by Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon het.

Daar is aanvanklik vermoed dat Kruger die lodge Sondag in die vroeë oggendure verlaat het, en op pad na die familie se plaas in Groblersdal in Limpopo vermis geraak het. Daar is egter later vasgestel dat hy nooit die lodge verlaat het nie. Hy was ook veronderstel om by die lodge oor te slaap.

Maroela Media het vroeër berig dat Kruger se voertuig op geen kameras (insluitend pad- en veiligheidskameras by vulstasies en die lodge) opgespoor kon word nie – ook kameras wat op die roetes geleë is wat Kruger sou volg om Groblersdal toe te ry.

ʼn Grootskaalse soektog is gevolglik in en om die Vaalrivier van stapel gestuur, waar Kruger se bakkie en menslike oorskot Dinsdag meer as ʼn week ná sy verdwyning gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

ravenice ·

Dis bitter hartseer. Baie sterkte aan die familie. Mag julle nou berusting vind.

Fae Fubar ·

Ek het vanoggend weer die Vader gevra dat sy liggaam gevind word, dat sy familie en vriende afsluiting kan kry.

Michele ·

Dit is hartseer. Het gehoop dat hy lewendig gevind sal word. Sterkte aan die familie

Sandra ·

Dis hartseer maar tenminste het die familie nou berusting dat hul seun wel gevind is.

Plaaskind ·

Sandra meen dat hul nou kan afskeid neem van hom omdat sy liggaam gevind is, dink net as hulle hom glad nie kon kry nie, sou dit soveel erger gewees het vir die familie.

Roebs ·

Sterkte aan die familie en inige simpatie, ons gebede is saam julle

Miskruier ·

So hartseer, mense asb slaap oor vandag se paaie is so gevaarlik in die nag.

Maggies ·

Agge nee! Dit is só ontsettend hartseer. My diepste meegevoel met sy familie.

Adrie ·

Dis so ongelooflik hartseer! Innige meegevoel aan sy familie en geliefdes.

Wielspore ·

Die water in die hoofligte van die bakkie is soos die hartseer in familie en vriende se oë.
Sterkte in met wat die res van die ondersoek oplewer.

Namgrl ·

Ek het tog so gehoop dat hy tog iewers gekry sal word, lewend, net verdwaald….ai tog… :(

Gaitsigubib ·

MATTEUS 10:29-31 “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie

Alma ·

Ai, so jammer vir sy familie en vriende. Mag hy RIV. Ek wonder net hoekom so groot en mooi lodge nie al lankal iets met daai bruggie gedoen het nie. Genade daar is nie eers n reëling langs die kante nie. Dalk kon hulle ten minste GROOT waarskuwingsborde opgesit het?

Christine ·

Soos ek van ander artikels verstaan, is hy nie by die bruggie af nie. Die spore van sy bakkie lê by ‘n pad in die rivier in, lyk soos waar mens bote’ launch’, naby die Karavaan Park by die Lodge.

Aai ·

Dit is baie hartseer maar kan nie verstaan dat die polisie nie toegang het tot sonar toerusting as hulle dit gehad het so hulle na dag een die bakkie opgespoor het dit was ‘n week van hel vir die familie op die wag van slegte nuus.Sterkte aan familie en vriende.

Kensy ·

Baie sterkte aan almal wat hierdeur geraak word.
Moet nie nalaat om almal wat betrokke was by die soektog te bedank nie.
Shout out aan die Polisie duikers. Hulle werk is fasineerend, onbaatsigtig en die proses is geweldig interessant.
Hats off to you!!!!

Se maar net ·

Baie sterkte aan die familie, dit is bitter hartseer

Lillian ·

Ekt nie gedink hy sou lewend gevind word nie, maar dis steeds hartseer tyding vir sy geliefdes. Baie sterkte!

bfree ·

Ken nie eers d arme kind nie maar die storie en gebeurtenis het ons almal geraak…

ons dink aan julle as familie, vriende en ouers… wens ons kan net daar wees vir jul want d pyn is onbeskryflik veral die onbeantwoorde vrae…

sterkte en seëninge aan jul…

kommentaar ·

my simpatie aan die familie. ons het saam met julle gehoop

Niklaas ·

Dit is vreeslik hartseer , maar daar is beslis ook klaring vir die familie dat sy bakkie gevind is met sy lyk (moontlik) daarin. Verdwyning in geheel sonder antwoorde sou beslis erger vir sy naasbestaandes en vriende gewees het.

Christine ·

Daar is vroeg vanoggend berig dat sy pa reeds sy liggaam uitgeken het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.