Woede oor 50/50-voorstel kring uit

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme. (Foto: Chantall Presence/ANA)

“In ʼn land waar meer as 80% van die bevolking swart en minder as 9% wit is, kan skole nie om die helfte bevolk word nie – tensy die bedoeling is dat party skole oorwegend swart mag wees, maar geen skool oorwegend wit nie.”

Só het die Vryheidsfront Plus Woensdag gesê na aanleiding van Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, se uitlatings dat skole in Suid-Afrika ʼn 50/50-verhouding van wit en swart leerders moet hê.

“Dit wys tot watter mate die ANC tred met die werklikheid verloor,” het dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor basiese onderwys, gesê.

Boshoff meen die eerste vanselfsprekende vraag is hoe Sisulu se wiskunde werk, maar dat daar egter belangriker politieke vrae uit dié uitlatings spruit.

Hy het onder meer verwys na Sisulu se opmerking dat Suid-Afrikaners iewers moet begin sê hulle is “een volk”, omdat dít is wat “die Vryheidsmanifes sê”. Volgens Sisulu kan dié doelstelling bereik word as leerders in ʼn soortgelyke omgewing grootword en saam skoolgaan, en indien almal dieselfde voordele geniet.

Boshoff sê dit is niks anders as imperialisme nie.

“Watter taal sal daardie ‘volk’ praat? Sal al die kinders dieselfde inisiasieskole moet bywoon? Wat sy beskryf, is imperialisme, een van die mees onderdrukkende vorme van transformasie in die geskiedenis.

“Sisulu gee stukrag aan die stelling van Gauteng se ANC-voorsitter, Panyaza Lesufi, dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (algemeen bekend as die Bela-wetgewing) se doel is om Afrikaanse skole nek om te draai. Dit is juis waarom die VF Plus ʼn ‘Stop Lesufi’-veldtog dryf.”

Boshoff sê voorts die party beskou Suid-Afrika as ʼn “gemeenskap van gemeenskappe”.

“In só ʼn wyer gemeenskap is dit van kernbelang dat elke samestellende gemeenskap se kultuur gekoester pleks van onderdruk, en gebou pleks van afgebreek word.”

ANC is skoolstelsel se ‘doodskoot’ 

Die DA het Sisulu se uitlatings as “skokkend” beskou en dit gelykgestel aan rasseklassifikasie en -manipulering gedurende die apartheidsera.

“Dis ʼn klassieke voorbeeld van die ANC wat ʼn probleem verkeerd diagnoseer en dan boonop die verkeerde medisyne toedien. Weereens probeer die patologiese ANC om ras te gebruik as manier om mense te kategoriseer en behandel – dié keer onskuldige skoolkinders,” het Baxolile Nodada, die DA se woordvoerder oor onderwys, gesê.

Hy meen mense soos Sisulu en Lesufi sal nie die toestand van Suid-Afrika se skole en basiese onderwysstelsel kan verbeter of herstel nie. “Inteendeel, hulle sal dit die doodskoot gee.”

Die DA sê die enigste manier om die toestand van skole in die land te verbeter, is deur praktiese instellings soos in die party se sespuntplan uiteengesit.

Dit sluit in die verwydering van modder- en puttoilette; die bekendstelling van modelle waar goedpresterende skole in vennootskappe met disfunksionele skole tree om gehalteonderrig, leierskap en bestuur te bevorder; om beter toegang tot aanlyn leer en netwerksteun (Wi-Fi) te verseker; opleiding van onderwysers; tweeledige handboeke wat ook in leerders se moedertaal beskikbaar is; en beter monitering en behoud van leerders wat skool voortydig verlaat.

“Die DA verwerp die minister se voorstel om rasseklassifikasie op skole af te dwing eerder as om disfunksionele skole te herstel wat die meerderheid van die swart kinders in die land raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jack ·

Ha Ha.Die vroutjie laat haar man seker elke aand lag tot hy nie meer kan nie.Sy sê die domste goed en glo alles wat sy sê.Maar ja ons is gewoond aan die mees onbevoegste uitsprake en niks skok meer nie.

Lourens CFG ·

Hy sal nie lag nie, “dumb, dumberer, dumbererer”.
;-()

GWS ·

Sy net soos Lesufi het nie ‘n benul waarvan hul praat nie!!! Behoede ons!

Eiervrug ·

Dalk weet sy regtig nie dat 50/50 eintlik helfde helfde is nie…. Sy het darm nou ook ietsie nuut geleer vandag… LOL

Pampoen ·

Dis als net politiekery met die oog op die faksie gevegte binne die ANC en hulle verkiesing wat op hande is. Sy probeer populêre stemme wen.

Kokerboom ·

Die vrou se arrogansie ken GEEN perk. Seker maar omdat sy haar vebeel dat sy “royalty” is.
Met die massiewe jaarlikse begroting afgelope 28 jaar en toewyding kon ALLE skole al dieselfde peil gewees het!!Maar jy KAN NIE werklus/toewyding en ywer koop asook verantwoordelikheid en aanspreeklikheid. Stuur ook onwettige immigrante terug!!(Nou is ek baie optimisties!!!)

Marianna ·

Met hierdie stelling het sy nou regtig haar onnoselheid bewys. As die wit gemeenskap besluit om hulle eie skole te bou sal hulle ook daar wil insypel. Die ANC is soos die soort voëls wat te lui is om hulle eie neste te bou en eerder ander voëls se neste afvat. Skaamteloos. Lindiwe Sizulu besef nie hoe sy haar naam gat maak nie.

Johann ·

Onbesonne sotlikheid. Soek aandag en kry dit. Weet sy krap die leeu se neus met haar absurdhede. Sy en haar RET ANC kaders moet die massas met iets agter hulle laat aanloop. Blatante uit tarting!!!!!

Marius ·

Weet die vrou wat om haar aangaan.
Hulle is baie vinnig om die wit mense te nader as dit by kos vir die honger kinders kom , maar verder beteken die wit mense niks in hulle oe nie.
Dit is om van naar te word.

Koen ·

Dink jy nie die witmense is stupid verby om mar net te hou aanhou gee nie. Dis nou 30% –

Jywilwat ·

Sy sit lekker en lag vir die “woede” wat nou uitbreek. Al wat sy wou gehad het is media dekking en stemme. Sy is nie eers in die ministerie van onderwys nie. Hierdie uitlating is so verregaande dit moes nie eers waardig geag word om oor te skryf nie.

Peter ·

Die arme pateet. Sy het die Dept van Water eiehandig vernietig en haar kastige besoeke aan die Vaal om die riool besoedeling in die Vaalrivier te ondersoek en wat die uiteinde daarvan was is ‘n klap in die gesig van enigiemand wat 1 breinsel het. Toerisme, I’ll be damned, bwa ha ha ha

Hendrik ·

Nou hoekom juis 50/50 en nie 90/10 nie? Wat is die SA nasie? Dit bestaan nie. Ons is groepe wat dieselfde land deel. Elke volk het sy eie taal en kultuur. Sy kan probeer so al wat sy wil, ons sal net harder vir groter selfbeskikking veg.

Mariana ·

Nie die skerpste potlood in die ANC pakkie nie. Maar die stellings verbaas nie.

Sarel ·

Haar stellings is net daarop gemik om sekere mense kwaad te maak. Hoe groter die reaksie hioe gelukkiger is hulle.

marthie ·

Ske is daar vir almal hkm moet politiek ook daar wees orals is politiek sport ook kinders se geleerdheid kom eerste maak nie watse ras hul is nie. So ook in werkplekke ons almal moet saam werk en die een voortrek nie. Los verlede uit begin vooruit ploeg vir almal se toekoms

Johann ·

So wat van my en my kinders se reg/voorreg van keuse van assosiasie? Maw taal, kuktuur, geloof, lewens wyse keuse, waardes en norme…? Of is jou 50/50 n praktiese voorbeeld van jou eie magsmal rassitiese drog beeld van ‘n “the peoples” reenboog nasie?

Snuffelgids ·

Jy, minister van toerisme…Wil nou kom praat oor skole. Julle is almal ministers van Foreign Affairs, want al die Affairs van die land is Foreign vir julle. Maak my naar

Harley Davidson ·

Daar is n gesegde wat sê jy kan nie met ‘n idioot redeneer nie want hy bring jou af na sy vlak dan wen hy jou met ondervinding dit is al wat ek hier kan sê.

Nettie ·

Mik-mik sy dalk om die minister van onderwys te word hier?

H.A. ·

Ag, sy maak maar soos die kaders. Wil tog maar van almal skapies maak. Tenminste is dit mos n kommistiese belyd wat sy moet volg.

Leana ·

Onnosel verby… Wat nou van die ander rasse bv. Indiërs of val hulle ook onder swart????

Alain ·

Die vrou vang tokkies!! Waar in jou lewe het jou nou al sulke twak gehoor.

Nici ·

Voeg by die sespunt regruk plan, disipline. Sonder beter respek en disipline teenoor onderwysers sal kinders nie kan leer nie.

Nie Verbaas ·

Miskien moet die edelagbare nikswerd eerder die geld wat sy en haar departement op reis, verblyf en partytjies spandeer aan onderwys skenk om kinders op n hoër standaard as 30% te kry.

KatjieDeKat ·

Nou maar dan moet hulle baie gou witmense begin invoer want daar is nie genoeg van ons om alle skole 50/50 te maak nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC is in sy wese Afro-nasionalisties-kommunisties. Hulle wil vir en oor die burgery besluit van die wieg tot die graf. Ek wag vir die dag dat hulle wetgewing wil deurvoer dat alle godsdienstige groepe die nasionale demografie moet reflekteer. En gaan daar “bussing” soos destyds in die VSA wees om integrasie kwotas in skole af te dwing?

Veronika ·

Hmmm en waar gaan jou kinders skool of het skoolgegaan? Waarskynlik iewers in Switzerland in n “grand” privaat skool. Is mos waar al jul sogenaamde ministers se kinders skool gaan, en dit is hoekom julle nie n duit omgee dat dit gaan soos dit gaan in ons skole nie en jul dit so opneuk soos jul doen! Dit is alom bekend dat jul kinders iewers in privaat skole is! Hou elk geval jou neus uit waar dit nie hoort nie, kan nie eens sê skoenmaker hou jou by jou leus nie, want ek dink nie jy het juis n leus nie! Tsk!!

Karina ·

Die antie het iewers op haar koppie geval om sulke twak uit te dink.

Jack ·

Komende van die korrupte minister wat ook op dun ys is by haar party is ek nie verbaas nie. Die hele anc beleid dryf soontoe en sy loop nou net soos altyd vooruit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.