Woede oor ‘Kill the Boer’-dreunsang buite Tuks-koshuis

(Foto: Twitter/
Decolonizing Education)

Sedert die verkiesing van die studenteraad (SR) Maandag by die Universiteit van Pretoria (UP) begin het, heers daar op plekke chaos en word talle studente se veiligheid glo in gedrang gebring deur die EFF Student Command (EFFSC) op die kampus se “onverskoonbare gedrag”.

AfriForum Jeug sê hulle is bewus van die wyse waarop die EFFSC UP optree en het ʼn dringende brief aan die universiteit gestuur waarin hulle eis dat die EFFSC UP as ʼn studentevereniging gederegistreer word en dat hul SR-kandidate geskors word.

“Ons het ook Woensdag privaatsekuriteit ontplooi om die studente wat onveilig voel te beskerm,” sê René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.

“Die EFFSC UP maak hulself skuldig aan intimidasie, aanhitsing tot geweld, die ontwrigting van studieverantwoordelikhede en die aanvuur van rassespanning.”

Talle studente wat onveilig voel het AfriForum Jeug om hulp genader nadat die EFFSC UP Dinsdagaand tot middernag op ʼn luidrugtige wyse buite dameskoshuise stemme probeer werf het.

“Hulle het met luidsprekers op en af in die strate gery en selfs ‘Kill the Boer’ gesing,” sê Van der Vyver.

ʼn Bekommerde ma van ʼn student wat in die Madelief-koshuis in Hatfield tuisgaan, sêdie EFFSC het Dinsdagaand tot in die nagtelike ure voor die koshuis geraas gemaak en die “Kill the Boer”-lied voor dié meisieskoshuis gesing.

Skermgreep uit video

“Uit ʼn ma se perspektief is dit heeltemal onaanvaarbaar. ʼn Universiteit is nie veronderstel om ʼn plek vir politiek te wees nie, dit behoort geensins daar toegelaat te word nie.

“Studente is daar om te leer en om hulle voor te berei vir hul toekoms, nie om dit vir ander studente ondraaglik te maak nie. My kind móét veilig wees, die universiteit is veronderstel om ons kinders veilig te hou, en waar was die polisie?” vra sy ontsteld.

“Dit is regtig net vir my onaanvaarbaar dat hierdie voorvalle plaasvind. Om op universiteit te wees is veronderstel om die beste tyd van hulle lewens te wees. Studente moet nie deur vrees beheer word nie, hulle moet nie bang wees om uit te gaan nie. Hierdie sogenaamde studente wat ander ontwrig, moet vervolg word,” sê sy.

“Ons neem die deurlopende gevalle van intimidasie baie ernstig op, veral wanneer dit die veiligheid van studente in gedrang bring. Die jeugorganisasie het vanjaar al verskeie kere ʼn beroep op UP gedoen om op te tree teen soortgelyke optrede van die EFFSC UP,” sê Van der Vyver.

“UP versuim egter steeds om op te tree.”

“Die enigste reaksie wat ons van die universiteit ontvang het, is ʼn telefoniese oproep van ʼn bestuurslid, wat beweer dat die EFFSC UP nie ʼn geregistreerde studentevereniging is nie.

“Die universiteit se webblad bevestig egter dat die EFFSC UP wel ʼn geregistreerde studentevereniging by dié universiteit is.”

Volgens Rikus Delport, woordvoerder van die UP, het die voorval in Hatfield plaasgevind en nie op die universiteit se kampus nie.

“Dit val dus buite die universiteit se jurisdiksie. Nogtans sal die universiteit die voorval ondersoek en nie huiwer om op te tree teen enige student of personeellid wat hom- of haarself aan intimidasie of diskriminasie skuldig maak nie.

“Indien iemand bewyse het waar die universiteit se beleid of regulasies oortree word, moet hulle dit volgens die voorgeskrewe prosesse aanmeld. Enige voorvalle wat buite die universiteit se kampus plaasvind, moet by die polisie aangemeld word,” sê Delport.

“Ons het wel AfriForum se brief ontvang, maar in teenstelling van dit wat in die brief beweer word, het die voorval tussen “studente” nie op die kampus plaasgevind nie, en is studente se lewens nie bedreig nie.”

Volgens Delport is daar ook geen private sekuriteit na enige UP-kampus ontbied of op die kampus toegelaat nie.

“Die veiligheid van ons studente en personeel is die universiteit se topprioriteit en ons het behoorlike maatreëls gereed, insluitend voldoende sekuriteit op die kampus om die veiligheid van studente en personeel verseker.”

Van der Vyver sê AfriForum Jeug verwag skriftelike terugvoer van UP met voldoende planne om dissiplinêr op te tree en gehoor aan hul eise te gee.

“Intussen word daar ʼn petisie van stapel gestuur om te verseker dat die stem van studente wat onveilig voel weens die EFFSC UP se optrede, gehoor word,” sê Van der Vyver.

“AfriForum Jeug moedig alle Tukkies-studente aan om die petisie hier te onderteken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Terroriste wat onder die vaandel van die naam “studente” hulle misdadige bedrywighede aanvang moet permanent en lewenslank uit alle universiteote of naskoolse instansies geskors word.

Boer ·

Ek sê dit al jare solank die EFF aanhou gaan daar nog baie bloed vloei wat dit is ‘n haadspraak lied net soos die ou SA vlag in hulle oe.

kragaap ·

Meeste van die wat so sing is glad nie daar om the leer nie. Lewe van NFSSA geld onder die dekmantel dat hul studeer.

Laksman ·

Die sot met in die foto weet nie eers hoe om n kettie vas te hou nie…..sal sy eie duim af skiet, so ek dink nie hy sal te waffers vaar met die boeke ook nie!

kragaap ·

Jy is reg, en dis die tipe wat op 35 die CEO van ‘n JSE maatskappy wil wees, R 20 m ‘n jaar verdien en op 3 rade dien. Als op die rug van sy “struggle credentials”…….

Bolandse Nooi ·

Maar hulle sit plekke vol van studente wat werklik wil gaan studeer, wie werklik ‘n kwalifikasie wil bekom, met geld wat òf deur ‘n beurs óf deur ‘n ouer, wat ‘n studielening aangegaan het, betaal word, terwyl hulle “hoereer”-geld kry (NSFAS-voordele), net hulle ouers “SASSA-pay” gekry het om hulle mee groot te maak.

kragaap ·

Stem saam. “Eating the taxpayers money” sonder die vooruitsig om ooit tot die ekonomie by te dra. Die volgende geslag sal dieselfde wees. Daai ik van 50…….

Amelia ·

Bestuur gaan seker eers wag tot iemand beseer word voor opgetree gaan word en dan seker ook se jammer was nie op universiteit gronde nie dis einlik belaglik ek dink ook hul net studente op naam verder niks dan word kls geld nog deur tax payers geld betaal want as hul dis self moes betaal sou hul geleer het en nie loop droog maak nie

Bolandse Nooi ·

Hulle sê al klaar “dit was nie op universiteitsgrond nie en val buite die universiteit se jurisdiksie” en “niemand se lewens was in gevaar gestel nie” en “enige voorvalle wat buite die universiteit se kampus plaasvind, moet by die polisie aangemeld word”. So, ons was onse handjies in onskuld …

Hussin ·

Swak. Dit is baie hartseer dat opgevoede mens nog by instansies soos die moet aanklop vir verdere opleiding.

Sobymykoolkop ·

As dit omgedraai was en die eff het klagtes teen afriforum jeug ingedien het was almal van afriforum se studente/raad al geskors.

Fran ·

Swak reaksie van die Universiteit. ‘nie op die kampus gebeur nie’ maar die koshuise is tog deel van die kampus?

Althes ·

Baie vinnig tree universiteite op wanneer iets by hul koshuise gebeur soos die twee wit vrouestudente wat hul gesigte pers geverf het vir ñ geleentheid by Potch universiteit

miavos ·

Dit is vreesaanjaend. In geen ander land sou dit geduld word nie. Die EFF het vir seker geen begeerte om in vrede met witmense saam te leef nie. Wat is die alternatief? Dit is die groot vraag.

Sobymykoolkop ·

ń goeie begrip het ń halwe woord nodig pietie. Beslis een van die eff ” studente” wat ” studeer” met sy 30% slaagsyfer wat daar spel .

Bolandse Nooi ·

Nou wel, ek het seker maar kwart begrip dan, want ek weet ook nie wat “mored” beteken nie.

SwartBees ·

Serious, julle is slimmer as dit….kyk die video en sit 1 en 1 bymekaar. Voila!

Koen ·

Sê net as jy nie weet nie. Dis nie nodig om so verdedigend te wees nie

Bolandse Nooi ·

Good question (and point), Harry. We should be used to it, by now. We should IGNORE the red beret-idiots. Together, they do not have 100 brain cells to rub against each other, why should we feel threatened? We know that the brains are in our possession, not theirs. Ignore them like you would ignore a tantrum-throwing kid and they’d go away.

Catherina ·

Awful to have such an inferiority complex. EfF …you are actually a laughable organisation

Blikkies ·

Uit die berig bleik dit die bestuur van die Universiteit maak liewer verskonings as om betrokke te moet raak. As die Bestuur van UP niks aan hierdie voorvalle doen nie haal ek my kind uit Universiteit van Pretoria. Dit is eerder Niks voor Tuks!!

Werner ·

Wat gaan met die olie tonge deesdae aan? Tyd dat hulle op hul plek gesit word soos Marikana

Leon ·

“intimidasie, aanhitsing tot geweld, die ontwrigting van studieverantwoordelikhede en die aanvuur van rassespanning” is dan Malema se duidelike resep tot “sukses”, hoekom sal sy chronies dit nie naboots nie?

Sat Tier ·

Afrikaner studente het vir Afriforum Jeug nou meer nodig as ooit te vore.

Wat maak jy as ‘n betoging om kampus hand uit ruk? Bel jy jou ma? Jou pa? Hulle kan nie by die hekke inkom nie.
Bel jy die polisie? Sterkte met ‘n antwoord op jou oproep.
Vra jy hulp van TUKS? Duidelik word hierdie tipe gedrag ondersteun of – ten minste – nie aangespreek nie.

My vertroue lê by ons mense.

Theresa ·

Ek stem, hierdie kinders moet gehelp word, eintlik by alle universiteite moet daar n bepaalde aksie wees wat onmiddellik geneem moet word indien hulle enigsins onveilig of bedreig voel!

Stompie ·

Kan net plunder, vernietig, uitroei, afbreek ens.
Hierdie ding moet nou maar na n kant toe gaan want verander op die beskaafde manier sal jy nie ooit kan nie al sit hulle nou 5 dae n week, 8 ure n dag stroop soet agter die boeke of in skoolbanke.

Renee ·

Die is die saak in die die hof : uitspraak word voor behou so hulle weet hulle kan doen wat hulle wil

John ·

Ek weet nie of dit die staat se plan is nie, maar hulle is besig om ‘n haat aan beide kante te kweek met hulle speletjies. En een van die dae gaan hulle die greep op die verloor en dan is dit te laat.

marius ·

Dit sal nie beter gaan in hierdie hool nie . Niks en niemand gaan hulle keer nie . Dis die waarheid.

Blomkind ·

Ek byt al my tong middeldeur om nie iets te sê nie…Die Poppe gaan nog dans…Gee maar kans…Die tyd is baie nader as wat mens besef…

Samuel ·

Skandlike optrede en uiters swak van die UP om nie op studente se oproep om hulp te reageer nie.

Tewis ·

Sal dit moonlik wees dat Iemand vir ons kan uitlig waar het die eff met ń opbouende voorstel gekom op enige terein??
Want al wat ek van hulle kan sien of hoor is: betoog, afbrand, plinder, klippe goei, roof, aanrand en so kan ons ń A4 vol skryf van hulle!
DIT SÊ MOS NET EEN DING !!!

Kurt ·

Waar was daai Klerksdorp ou nou met daai wilde regter hou. Hy sou hier baie kon help

Carel ·

Mnr Delport, as jy die Rikus Delport is wat ek ken, is ek uiters teleurgesteld dat jy hierdie benadering tot veiligheid van damestudente inneem!

Marina ·

Die free-dumb-fighters is blykbaar onaantasbaar? Klomp lawaai-makers is sekerlik nie daar om (gratis) te studeer nie. Animal Farm.

Realis Thailand ·

Ek sal net se dat ek nie kan glo die Delport vent soek verskoning dit is nie op kampus nie
So lafhartig het die mense geraak en so n vrees het hulle vir die EFF

Adriana ·

Deesdae is dit mos jou grontwetlike reg om te studeer nie ñ voorreg as jou ouers daartoe in staat was om jou universiteit toe te stuur. Jy het gegaan om te leer en die beste van jou lewe te maak, nou kan enige jan rap en sy maat gaan , 45% plussers, wat meer kan jy verwag van onopgevoedes.

Staal ·

UP ook maar dieselfde as Maties. Wil tog so graag polities korrek wees.

Riaan ·

Dit gebeur as jou land deur onbevoegde mense beheer word, daar’s geen beheer nie PUNT.

Plaaskind ·

Hoekom is hierdie terroris en geweldadige “persoon” nog nie in die tronk nie, maar word nog in die samelewewing toe gelaat. SA sal beter plek wees sonder hom….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.