Woolworths verdeel met Pride-veldtog

(Foto: Facebook)

Die kleinhandelaar Woolworths het hom die afgelope week groot kritiek én lof op die hals gehaal weens sy ondersteuning van internasionale Pride-maand.

Woolworths het ʼn Pride-reeks geskep en ʼn gedeelte van die verkope van dié produkte, wat kledingstukke en inkopiesakke insluit, sal aan LGBTQIA+-ondersteuningsorganisasies geskenk word. Die produkte het ʼn reënboog-patroon, wat sinoniem met LGBTQIA+ geraak het, en word bemark met die woorde “be an ally” (wees ʼn bondgenoot).

Op sosiale media is Woolworths gekasty én geloof vir die inisiatief. Sommige sosialemediagebruikers meen dit is onvanpas dat die kleinhandelaar seksuele voorkeure bemark en vier. Sommige gebruikers het selfs versoek dat Woolworths in Junie geboikot word wanneer die veldtog aktief is. Daar is egter ook ondersteuning vir die veldtog.

Die Christelike skrywer en motiveringspreker Gretha Wiid het ʼn aanlyn storm veroorsaak toe sy bekend gemaak het dat sy nie in Junie vir Woolworths sal ondersteun nie. “Wat my en my huis betref, ons leef dankbaar vir die belofte van die reënboog wat God ons gegee het, die ware belofte. Die een met sewe kleure,” het Wiid op Facebook geskryf en bygevoeg dat sy nie ʼn bondgenoot is nie.

Die ACDP het hom ook vroeër die week oor die kwessie uitgespreek. Ferlon Christians, die ACDP se Wes-Kaapse leier, het tydens ʼn sitting van die provinsiale wetgewer gesê Woolworths bring die lewensbestaan van sy personeel in gedrang aangesien miljoene mense nie in Junie by Woolworths sal koop nie en dat die kleinhandelaar se inkomste aansienlik sal daal.

“Wat skandelik is, is dat die Pride-produkte ook aan kinders beskikbaar gemaak word. Walglik. As die ACDP is ons eerstens Christene en word ons gelei deur die woord van God – die Bybel. Ons haat nie en ons is nie homofobies nie, maar ons kan nie en sal nie Woolworths of die lewenstyl van die LGBTQI+-gemeenskap ondersteun of goedkeur nie. Suid-Afrika het God nou meer as ooit nodig.”

Die Moslem Juridiese Raad (MJC) het die afgelope week met senior bestuurslede van Woolworths byeengekom rakende sy kommer oor die Pride-veldtog. Die MJC het die vergadering versoek om sy beswaar teen die veldtog uit te spreek en ʼn beroep op Woolworths te doen om nie die veldtog voort te sit nie.

“Nog nooit was die LGBTQIA+-agenda meer aktief in die veldtog om sy idees, filosofieë en daaropvolgende geloofstelsels en lewenstyl aan die res van die samelewing te bevestig nie. Die voorkoms hiervan is duidelik in die oplewing van sy veldtogsigbaarheid deur aktivisme, die flagrante vertoon van die gepaardgaande vlagkleure op sleutelgeboue en gepubliseerde materiaal. Hierdie pogings het ten doel om homself binne die materiële morele vesel van die samelewing te vestig.”

Woolworths het egter teruggekap en sy veldtog verdedig. Volgens die kleinhandelaar het die veldtog nie ten doel gehad om groepe te verdeel nie, maar eerder om brûe tussen gemeenskappe te help bou.

“Ons sien beslis ʼn wêreld wat gekenmerk word deur stygende vlakke van ongelykheid, diskriminasie en marginalisering,” het Roy Bagattini, uitvoerende hoof van Woolworths, gesê. “En ons glo dat ons ʼn verantwoordelikheid het om die platform wat ons as ʼn onderneming het te gebruik om ʼn breër bydrae tot die wêreld rondom ons te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Andrew ·

“Ons sien beslis ʼn wêreld wat gekenmerk word deur stygende vlakke van ongelykheid, diskriminasie en marginalisering,”
Woolworths is n “top end” winkel en die mense wat daar koop is definitief nie uit ongelyke dele nie julle is te duur.
Dan rasse wette wat een kleur bevoordeel bo n ander, nou al amper 30 jaar, is n voorbeeld van diskriminasie en die probeer weg doen met tuis taal onderrig in gevestigde areas en skole is marginalisering , nie die sexualiseering van kinders nie.
Die is eintlik groot kwessies wat miljoene mense afekteer in SA en nie net die klein klomp rent a crowd facebook weermag wat idiologies nog sy beweging en geloof uitdink soos hy aangaan. Kyk maar net, dit het begin by 4 letter L… , nou is daar al sewe letters met n plus en minus.
Kom ons kyk die maand hoeveel mense wat by julle koop het ruggraat .

JvR ·

Die wereld is woke. Die wat in die beheer sentrum van die wereld is, is woke. Sonder konflik en dood kan die wereld nie aangaan nie.

Agie@toeka ·

Ons kap nou terug en kyk hoe woolies gaan toe maak!Vededig dan nou maar dit!!!

Jean ·

Maar die geld weer opgemaak, die mense boikot mos net vir so paar maande.

Pieter ·

Ai maar die mense is lus vir baklei. Hulle staan bo oor ‘n mense en druk die lepel met volle gewig… Net bly ons Pappa is Groot en Sterk en sal nie toelaat dat ons geboelie word nie :-)

JvR ·

Ek weet nie jong. Die boelie raak deesdae erger. Ek wonder of dit kom uit die rigting wat mense vermoed.

Cherokee ·

Vir my het dit nie gelyk asof die sogenaamde boikotte op Dischem en Spur noemenswaardige gevolge gehad het nie. Indien dit die geval was, sou hulle hul beleid verander het.

Gaitsigubib ·

Ek sien 3 persone merk my af maar help my nie reg nie? Toemaar ek sal myself maar gaan “fact check” op die internet. Sal vanaand op MM search!

JvR ·

Dischem word besit deur n skatryk (uitverkorene). En hy het genoeg geld om sy “oortuigings” te dra. Woolies ook

Jaco ·

Buite God se wil. Mens bou nie brue so nie.
Woolworths sal my NIE sien nie.

Waarom ·

Totsiens Woolworths. Julle ondersteun dat mense nou hul geslag kan kies. Wat is volgende. Seker dat ons kan kies watter ras ons is. Julle is deel van ‘n siek wêreld sisteem.

Lillian ·

Ekt ‘n e-pos gestuur aan Roy Bagatinni, hy het terug geantwoord dat hulle nie gedink het dit dat ander (ons) so sal affekteer nie…. Maar steeds onttrek hulle nie die gemors nie. Ek koop al jare nie meer by Woolies nie, vandat hulle nie meer blankes aanstel nie, maar ek moes hom laat verstaan wat ek daarvan dink.

Gaitsigubib ·

Ek sal nie eens n wilson toffee weer by hulle koop nie. Gaan weg WW!

KatjieDeKat ·

Ek koop in elk geval nooit by hulle nie so hierdie raak my nie. Te duur. Net n wenk, vir die wat graag kos koop by Woolworths, by enige groot Spar tak, soos bv Spar at The Grove, Nelspruit, kry jy n massiewe verskeidenheid heerlike hoë kwaliteit kos. Goeie vleis, gebak, en selfs luukse items soos bv sushi en zebra patee, eksotiese kaassoorte, alles vd beste.

Staal ·

Ons koop in elk geval nie by hulle nie. Hoop julle duik sommer ordentlik in die hek. SIES! Julle kon eerder ‘n skenking aan haweloses gemaak het.

Amelia ·

kinders in kinderhuise het dit meer nodig of skenk aan plakkerskampe kyk maar net hoe leef die mense in mansiville van die mense het nie eers kos nie maar skenking gaan na mense war dalk reeds n werk het ens Onthou kinders nie gevra om daar te wees nie

Elmarie ·

Met jou Woolies kaart(, nié kredietkaart, lojaliteitskaart) word elke maand derduisende asn hope organisasies geskenk. Mens kan kies uit ‘n elke lange lys waarheen jou bydrae elje keer wat jy koop gaan. Ek kry elke maand ‘n staat en sien waarheen dit gaan. Verder doenWoolies báie met skenk aan verskeie organisasies met kos en ander hulp

Juanita ·

Mense kan tog so kleinlik wees, gun tog vir elkeen sy plekkie onder die son. Almal is so gou om die Bybel en God te noem maar dieselfde mense is eerste om te oordeel. Ek is seker iewers in die Bybel staan moenie oordeel nie.

KatjieDeKat ·

Ek dink mense sou meer geneig wees om die LGBTQ+ mense hul plekkie in die son te gun, as maatskappye, sosiale media en selfs sommige regerings, nie die onderwerp so in almal se kele afdruk nie. Hulle is n klein minderheid onder die bevolking van enige land maar in lande soos veral Amerika word hul leefstyl nou regtig die heeltyd in almal se keel afgedruk, hulle spits dit veral toe op kindertjies, selfs in die skole daar. Dus begin mense n renons kry in LGBTQ+

Lourens ·

Inteendeel. Die Bybel gee ons spesifiek opdrag om mekaar te oordeel in die geloof.

Juanita ·

Dis die probleem met sekere Christene, hulle leef net volgens die versies wat hul pas.

Talia ·

Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
KOLOSSENSE 3:12 AFR83

Daar staan ons moet verdraagsaam wees. Maar almal kies en keur net soos hulle wil

Piet ·

Dit het niks te make met verdraagsaamheid teenoor die volharding in sonde en die goedpraat daarvan nie.

“Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭6‬:‭9‬-‭10‬

Gaitsigubib ·

Die Woord gebruik mens om jou rigting te gee. Dit help egter nie baie as jy net een deel aanhaal en jou hele lewe op dit baseer nie. Dit is hoe n sekte ontstaan.

Gaitsigubib ·

Lees hom Juanita dan hoef jy nie te wonder wat daar staan nie. Jy het niks om te verloor nie.

JvR ·

Kyk. Wat mense in hul slaapkamer doen het niks met my of enige iemand te doen nie. Maar hou dit daar. En hou op om kinders te probeer programeer. Van kleins af word hul geprogrameer om by die samelewing in te pas. Met baie tradisies wat glad nie deel is van hul natuur. Al hierdie “woke” stories is ten doele om mense om te krap. En hulle is suksesvol. Want mense is omgekrap. Geluk.

Mieke ·

Dit gaan by my om Goddelike waardes te behou. God het net 2 gedagtes geskaap: man en vrou.

JvR ·

Ek dink dit is natuurlik ‘n briljante manier van WW om gratis bemarking in ALLE publikasies te kry. Hul voel vere vir gevoelens wat geknak word. Want nou is hul op elke lamppaal sonder om n sent uit te haal

Lourens ·

Die feit dat daar wêreldwyd iets soos “Pride” maand is, is reeds ‘n ernstige aanklag teen die samelewing. Verder is die kaping van woorde deur hierdie groepe met die doel om hulle eie betekenis daaraan toe te ken, wat geensins verwant is aan die werklike betekenis van die woord nie, ook iets wat teengestaan moet word. (Ek verwys hier na woorde soos “gay”, “woke” en “pride”.) Dis deel van die programmering om hierdie goed aanvaarbaar te maak in die openbare opvatting.

JvR ·

Programering gaan weier as dit. Van geboorte af word kinders in n rigting geprogrameer. Een van die eerste programerings is vrees.

Lourens ·

Dit gaan aansienlik wyer as net hierdie. Maar ek spits my nou toe op die spesifieke onderwerp onder bespreking.

Diets ·

Wil hulle ook boikot, maar ongelukkig is hulle die enigste wat my no. 9 vroue voete kan kleed….

Talia ·

Ek hou duim vas jy is n drag queen en jy maak n grap wat die hardekoppe nie kan sien nie.

Sêmanet ·

Kan ons nie eerder worry oor die kragkrisis of water of iets wat regtig van toepassing is? Honger mense, weeskinders en haweloses. Ja, dit verdien sommer baie aandag.

Lourens ·

Hierdie is van baie groot belang. Dit het te doen met die waardes waaraan ons kinders onderwerp word en waaronder hulle gaan lewe as volwassenes.

Ronél ·

Wanneer jy, wit / Christen / heteroseksueel is, mag jy nie ‘n stem hê nie, die res is tog so fyngevoelig.

Gaitsigubib ·

Eish en dis gevaarlik om net iets te aanvaar vandag se dae, of hoe?

Talia ·

Hulle vra jou om hulle te aanvaar as n medemens. Wees lief vir jou medemens.

Jr ·

Nou Budweiser het n duur les in Amerika geleer. Nou kom ons wys Woolworths hoe werk profeite in n maatskappy. Boikot en bly weg.

Talia ·

Al die Bigots van Amerika het Bud Light gaan koop en dit stukkend geslaan op sosiale media. Wie dink jy het die hartste gelag hiervoor?

Lourens ·

Jy noem dit onverdraagsames; ons noem dit mense met normale waardes. (Ons skryf dit ook “harDste”)
En ja – Budweiser het dalk geglimlag oor die eenmalige aankoop. Maar die daaropvolgende verlies aan omset en wins gaan hulle dalk eerder laat grynslag.

Talia ·

Die was my vers van die dag op my Bybel toep vanoggend:

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
1 KORINTIËRS 13:4 AFR83

Onthou die. Hier is vir jou nog een, ek leef hierby. Klem op verdraagsaam.

Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
KOLOSSENSE 3:12 AFR83

JvR ·

Besigheid het nie waardes nie. Bly net binne die wet. Want waardes maak nie geld nie.

Vir my om te weet ·

“Suid-Afrika het God nou meer as ooit nodig.”
Dit is belaglik. Suid-Afrika het God nodig as gevolg van soveel ander dinge. Plaas moorde, armoede, hongersnood, natuurrampe, korrupsie, bedrog en die lys gaan aan. Maar Woolworths se klere met vlaggies op is die rede hoekom ons land God meer as ooit nodig het. Net omdat hulle saam.mense staan wat lief is vir wie hulle wil wees. Jy moet jou naaste lief hê soos jouself, en hy wat sonder sonde is mag die eerste klip na Woolies toe gooi.

Lourens ·

Indien jy nié ‘n Christen is nie, behort jy ernstig te wonder oor hoe die natuurlike formaat verdraai word.
Indien jy wél ‘n Christen is, is hierdie WW standpunt geensins aanvaarbaar nie. Jy moet jou naaste liefhê, maar jy mag nooit die sonde goedkeur nie.

Terloops : dis “saam MET”

JvR ·

Wat is sonde? Weereens. Ek keur glad nie goed dat ander se persoonlike lewe by my keel afgedruk word nie

Vir my om te weet ·

Ek dink jy mis die punt van wat ek probeer maak het. My punt was dat vlaggies in woolies nie die einde van die SA is nie.
Ek weet hoe om voorsetsels te gebruik, dit was bloot ʼn fout.

Dandeleen ·

Die hele afere gee my sooibrand. God maak nie voute nie. As jy nou ‘n seun gebore word, maar identifiseer as ‘n meisiekind of meer as een mens of ‘n baksteen muur vir al wat ek omgee dan sê jy dat God ‘n vout gemaak het om jou te maak wat jy is.
Skrik tog asseblief om hemels naam wakker!

JvR ·

As jy ooit in n kinder hospitaal gewerk het, sal jy nie daardie stelling maak nie. Maar daar is dalk n verskil tussen vout en fout

Talia ·

Welgedaan!

As sy ooit buite haar sirkel beweeg het sou sy ook weet hulle is mense, nes sy.

JvR ·

As jy hom opgesny het, sal ek jou glo. As jy hom opgeskeur is, is jy seker verlede jar se wenner van ysterman. Onthou om ook te kanseleer. Dat hul nie maandelikse fooie opsit nie.

Sonja ·

Kan hulle nie ‘n veldtog loods om mishandelde kinders of diere te help nie? Of dorpe sonder drinkbare water… Voel net daar is belangriker prioriteite vir SA.

minnie muis ·

en Kersfees is hul meeste inkomste ongeveer 60 persent so begin sommer nou al te biokot vir Kersfees

Talia ·

Jy weet jy gaan lankal teen kersfees hiervan vergeet het. Waar anders gaan jy n krismis koek koop?

Elmarie ·

Ek oordeel slegs mens wat diere, oumense en kinders verniel op een of ander manier. Wie ookal dan “verkeerd” lewe sal wel geoordeel word maar nié deur mý nie. Dit gaan my glád nie aan nie wat ander se seksuele voorkeure is of nie is nie. Ek sal altyd by Woolies koop. Ek voel geensins enigiets word in my keel afgedruk nie. Ek koop wat en waar ek wil en dis dit. En afduimpie so veel julle wil of antwoord wat jul wil, dit gaan nié my siening of waar ek wil koop verander nie.

popsa ·

Ek is teleurgesteld, Woolworths. Was jarelank só tevrede met julle uitstekende kwaliteit van smaakvolle produkte. Ek was nog altyd trots op die hoë standaard wat julle bly handhaaf het te midde van vele ander besighede. Nou verneem ek dat Woolworths verkies om openlik te identifiseer met lewenstyle teen die wil van die lewende GOD, Skepper van die ganse heelal, en Sy ewige Woord. Mens is verbaas dat Woolworths enigsins by sulke sake betrokke wil raak. Wat makeer julle? Wie beheer julle? Wat wil julle nou eintlik bereik? Wat julle wel bereik het, is om die respek en agting van ‘n magdom jarelange kliënte en potensiële kliënte te verloor. Deur dwase besluite kan mens jouself behoorlik deur die voet skiet. Onthou die Woord van GOD sê: “Die seën van die HERE maak ryk…” As Woolworhs dan die HERE GOD se wil openlik vyandiggesind is, verwag dan geensins meer Sy seën of vele jarelange kliënte se ondersteuning nie. Ek kan sonder Woolworths klaarkom, maar ek bly getrou aan GOD en Sy Woord.

JvR ·

Woolworths is n retailer. Hul verkoop klere en kos. Hulle is nie n kerk nie

popsa ·

Jy het dit mis as jy reken dit gaan slegs oor kerk of nie kerk nie. Dit gaan eerder oor lig en duisternis dwarsoor die hele wêreld. As ware kleure dan verskyn, is dit in wese goed. Dan weet jy presies wie jy ondersteun. Soort soek mos soort.

Talia ·

Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
KOLOSSENSE 3:12 AFR83

Wees nou net verdraagsaam mense!

Julle maak of die reënboog embleem n persoonlike aanval op julle is? Dit is nie, al waaroor die gaan is dat mense net verdra wil word, maar julle het teveel haat in julle harte!

Lourens ·

As jy nou wil Bybels wees, moet jy ook besef dat die verdraagsaamheid nooit teenoor die sonde mag wees nie. En hierdie is sonde, volgens alle definisies in beide die Ou en die Nuwe Testament.
En jy word ook opdrag gegee om nie met diegene wat die sonde goedkeur en daarin volhard te meng nie.

Lourens ·

Verder is die toeeiening van die reënboog as simbool van hierdie onnatuurlike verhoudings ‘n direkte aanval op die eerste verbond. En die normalisering van hierdie verhoudings is ‘n direkte aanval op die waardes en norme wat altyd gegeld het, asook op die skeppingsorde. Dus is dit ‘n kritiek op die Skepper.

Jessey ·

Ai tog, en so gaan dinge maar net aan. Ek het net een kommentaar hier, en dit is oor wat gese is oor in Junie nie daar te koop nie.

As jy wil standpunt inneem, neem standpunt in, hulle gaan in elke geval dieselde hoeveelheid geld weer uit jou kry. Hoekom vir een maand nie by hulle koop nie?

Probeer jy jouself vertroos daardeur? Punte wen?

My standpunt is eenvoudig, ek stel nie belang om enigsins weer iets daar te koop nie, nie dat ek veel daar koop nie, maar nou ja. Neem standpunt in of los dit, moenie lou wees nie.

JuanRe ·

Kyk as dit een ding is wat die Afrikaners goed kan doen is dit met ‘n Bybel onder die arm loop, oordeel en skree “boikot” vir als. Ek sal Woolies nogsteeds ondersteun want hulle kwaliteit is eenvoudig net die beste. Ps, wel nie van toepassing op die artikel nie maar ek sê dit weer, politiek en Godsdiens is die ondergang van die wêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.