Zondo se aanbevelings nie ‘bindend’ – Ramaphosa

Hoofregter Raymond Zondo, wat die kommissie van ondersoek na staatskaping gelei het, en pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Anders as wat die Zondo-kommissie na staatskaping bevind het, is kaderontplooiing – aldus pres. Cyril Ramaphosa – nie ongrondwetlik of onregmatig nie.

Ramaphosa ontken in hofstukke oor die ANC se beleid oor kaderontplooiing dat die ANC ʼn groep mense ontplooi het wat by staatskaping betrek word.

Regter Raymond Zondo, wat die kommissie gelei het, het vroeër bevind dat kaderontplooiing ʼn aansienlike rol in staatskaping gespeel het en het bevind dat indien ʼn party oor bepaalde aanstellings kan besluit, die party ook sy mag kan misbruik om doelwitte te bereik wat nie in die beste belang van die land is nie.

Ramaphosa, as president van die land en nie van die ANC nie, se verklaring is in reaksie op ʼn hofsaak van die DA waarmee hy probeer om die ANC se beleid van kaderontplooiing te stuit.

In sy beëdigde verklaring voer Ramaphosa aan dat hy nie die Zondo-kommissie se bevindings as “bindend” op hom beskou nie en verdedig en regverdig hy die regerende party se beleid om spesifieke lede in sleutelposisies te ontplooi.

Ramaphosa voer in die verklaring aan daar is niks in die Staatsdienswet wat bepaal dat ministers nie hul kabinetskollegas kan raadpleeg voordat hulle aanstellings doen nie. “Die oorweging van die siening van ander sonder om jou eie diskresie te belemmer, is nie onregmatig nie.”

Die president voer aan die ANC se beleid van kaderontplooiing is “bloot interne beleid van ʼn vrywillige organisasie” en dat dit nie aan die Staatsdienswet hoef te voldoen nie. Hy sê daar is geen manier waarop die hof kan besluit dat die interne beleid van ʼn organisasie ongeldig is omdat dit nie aan ʼn wetsbepaling voldoen nie en dat die DA dus vra vir iets wat misplaas is.

Volgens Ramaphosa is die beleid in ooreenstemming met internasionale neigings en behoort dit nie as onvanpas of ongrondwetlik gesien te word nie. Hy vra dat die aansoek van die hand gewys word en sê dat die DA nie gewys het dat die beleid oor kaderontplooiing staatsinstellings onbevoeg gemaak het nie en ook nie gewys het hoe die beleid die oppergesag van die reg ondermyn nie.

Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie. (Foto: Facebook)

Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die verklaring is deur die staatsprokureur opgestel en is ʼn duidelike voorbeeld van hoe die ANC se kaderontplooiing die skeiding tussen party en staat weggekalwe het.

Die president gebruik belastingbetalers se geld om die “korrupte beleid van ʼn politieke party” te verdedig, sê Schreiber.

“Die president doen dit wel wetende dat die kaderontplooiingsbeleid geen regmatige doelwit bereik van die regering wat hy lei nie. Hy doen dit desnieteenstaande op die belastingbetalers se rekening omdat dit voldoen aan die ANC se doel om ‘alle meganismes van staatsmag te beheer’.”

Schreiber sê dit is skokkend onvanpas vir die president om staatshulpbronne op hierdie manier te misbruik en die DA wil nou weet hoeveel belastingsbetalersgeld Ramaphosa “verkwis het ter verdediging van kaderkorrupsie”.

“Dit is nou onder eed verklaar dat Ramaphosa, sy regering en sy party almal beoog om die kommissie se bevindings oor kaderontplooiing uit te daag.”

Die DA het verlede jaar ʼn wetsontwerp by die parlement ingedien waarin hy vra dat kaderontplooiing beëindig word en dat aanstellings in die staatsdiens op meriete gedoen word. Die wetsontwerp beoog ook om dit ʼn misdaad te maak vir die ANC om in enige aanstellingsproses deur kaderontplooiing in te meng.

Schreiber sê hoewel die ANC se verraderlike besluit om die Zondo-kommissie uit te daag deur die saak teen te staan die party se “oorwinning in die hof” vertraag, gaan die DA hom nie laat stuit nie.

“Ons veg hierdie stryd nou al langer as 20 jaar en ʼn paar ekstra maande in die hof gaan ons nie van stryk laat bring nie.”

Schreiber sê die ANC probeer desperaat om die “misdaadsindikaat” wat hy deur kaderontplooiing bedryf, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Waarnemer ·

Natuurlik sal daar gese word die aanbevelings is nie bindend nie.Indien dit bindend was sou die hele regering in C Max moet gaan sit.

Oosieoos ·

Nou het hyself bewys dat hy nie die Zondo komisie se aanbevelings respekteer nie en maak homself nou rerig verdag as ook deel van staatskaping. I rest my case niemand is nou meer vertroubaar nie

Althes ·

Hy het net weereens bewys dat die ANC nie oor integriteit beskik nie.

Manie ·

Indien julle nie die die kommissie se bevindings as bindend beskou nie, betek dit kortweg dat julle miljoene rande op boggerol gemors het.

GWS ·

Ek wou presies dit sê! Hoekom dan ‘n kommissie aanstel en ons geld mors as hul bevindings nie geld nie!

SjN ·

Gaan seker nog n kommissie aanstel om die huidige kommissie te ondersoek, geld word gemors en die kaders beskerm mekaar, hul stel die patetiese anc eerste, its payback time!!

Di ·

Ek moet se dat ek AL my respek vir Ramaphosa verloor het! Hy is net so agterbaks en korrupte lsoos die res van die ANC. SLAPGAT verby

Johann ·

Nooit respek vir hom gehad nie. Hys kern korrup. Getrou aan sy karakter en sy comrade kaders. Slapgat is ‘n komoliment vir die gewetenlose vergryper.

Cecilia ·

Nou waarom het jy, Cyril, die kommissie op die been gebring, vir MILJOENE wat ons betaal, as jy gaan u-draai? Cyril is net so skelm soos sy kaders.

Martie Smartie ·

Diegene wat geflous was deur Ramaphosa se gedurige kruipery en erkenning van sy party se foute en korrupsie, is lekker geflous. Hy was Zuma se regterhand maar het gemaak of hy niks wis van korrupsie nie – Zondo sê in sy verslag reguit dat Ramaohosa lieg hieroor. Ramaphosa verdedig die soustrein en korrpusiebende genaamd die ANC en Zondo sê dis juis hoe staatskaping gebeur het. Ramaphosa sê ja en so what? En Ramaphosa op sy plaas waar miljoene dollar weggesteek word, dink dis ok, dis heel normaal. Dink die goedgelowige thomasse nog hy is so wonderlik en ‘n verbetering op Zuma? Dink weer vrinde. Hy is die paddakoker en wolf in skaapsklere. Intussen hou belastinggeld die ANC aan bewind. Honderde miljoene word jaarliks aan tradisionele konings en hoofmanne betaal in ruil vir hulle onderdane se stemme by die stembus. As jy nou al ooit ‘n vrot sisteem gesien het, dan is die Suid Afrika sn.

Rudolf ·

Martie Smartie – daar som jy dit nou baie mooi op. Waar is daai wynboer wie hom die “gesalfde” genoem het ?

Skadu ·

“All animals are equal, some are just more equal than others”

Jakes ·

Ek het al hoeveel maal in die verlede geskryf dat hierdie ou n wolf in skaapsklere is. Hoelank gaan mense nog bly glo hy is n bevoegde president? As ek hom sien of sy stem hoor dan drink ek n naarpil.

Hennie ·

Paar biljoene spandeer aan die sogenaamde kommissie, net om die bevindings te ignoreer. Was maar net n rookskerm. Lekker ou ANC

Jr ·

Hier kom dit mense. Binne n paar maande kry ons die Zondo files tussen en onder die sitbank kussings by Phala Phala

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien ‘n hoofregter na ‘n lang en duur ondersoek gevolgtrekkings maak en stappe aanbeveel moet alle betrokkenis luister, of dit bindend is of nie. Maar Ramaphosa tree op soos ‘n bendebaas.

Blikkies ·

Hy bedoel seker hulle beleid om spesifiek die domste onnoselste Imbesiele in sleutel poste aan te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.