Zondo vaar uit teen parlement oor staatskaping

Hoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Hoofregter Raymond Zondo het uitgevaar teen die parlement se oënskynlike rompslomp om die kommissie na staatskaping se aanbevelings te implementeer. Dit sluit in om enige van die betrokkenes strafregtelik te vervolg.

Zondo het Donderdag by ʼn seminaar oor die tydperk ná staatskaping gesê dat daar ʼn jaar nadat die laaste verdoemende bevindings in die vier jaar lange ondersoek na korrupsie in die staatsdiens onder oudpres. Jacob Zuma aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is, geen vordering al gemaak is nie.

“ʼn Jaar is ʼn redelike tydperk om [oor die bevindings] te besin,” het Zondo gesê.

“Maar ek het nog niks gesien wat verander het nie.”

Zondo het voorgestel dat ʼn permanente kommissie, soortgelyk aan die staatskapingskommissie, op die been gebring word om die parlement aanspreeklik te hou vir die implementering van die bevindings.

Die parlement sê nou hy is “verbaas” oor Zondo se uitlatings aangesien dit nie “meriete het nie” en “die beginsels van die skeiding van magte” ondermyn.

“Dit is onvanpas dat die hoofregter, as verteenwoordiger van die staat, die parlement in die openbaar aanval,” het die parlement in ʼn verklaring gesê.

“Ons glo dat die gebruik van die gevestigde kanale om enige bekommernisse wat hy moontlik het oor die parlement se implementering van die kommissie se aanbevelings, meer gepas sou gewees het.

“Dit is nie die plek van ʼn hoofregter om sulke opmerkings in die openbaar te maak nie, tensy en totdat daar van hom vereis word om onpartydig oor ʼn saak te bereg.”

Die parlement sê dit is van “kardinale belang om die parlement van die nodige ruimte te voorsien om sy verpligtinge na te kom”, maar dat daar in elk geval reeds “daadwerklike stappe [gedoen is] om die aanbevelings van die kommissie na staatskaping te hanteer”.

Om aanspreeklikheid te verbeter, is die parlement tans besig om reëls en riglyne te ontwikkel om sy oorsigprosesse te verbeter. Samewerking tussen die parlement en die uitvoerende bestuur word ook aangemoedig om sy bywoning te vergemaklik sonder dat bykomende wetgewing of reëls nodig is.

Verder, om toesig oor die presidensie te versterk, ondersoek die parlement beste internasionale praktyke.

“Verskeie ander inisiatiewe word óf ondersoek óf geïmplementeer om die betrokkenes aanspreeklik te hou en daar is besluit om kwartaallikse verslae oor die vordering hiervan voor te lê,” het die parlement gesê.

“As die hoofregter met die parlement oor sy bekommernisse in verbinding getree het, sou hy ingelig gewees het oor al die voortgesette werk.”

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het egter gesê dit is nietemin “verskriklik dat so min bereik is in reaksie op so ʼn belangrike verslag wat die nasie byna ʼn miljard rand gekos het”.

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) sê ook dat daar ʼn jaar later heeltemal te min gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Manie ·

Etlike miljoene rande en jare later en die verslag is nog nie bekendgemaak nie, dit dui net daarop dat die ANC regering baie het om weg te steek. Mbalula reken ook dat die ANC alles in sy vermoë sal doen om die bekendmaking daarvan te keer.

Kosie ·

Moenie asem ophou as mbalula iets se nie eintlik as enige kader iets se nie.

B-Man ·

Die verslag is bekend gemaak? Daar is net niks gedoen soos wat voorgestel is in die verslag se bevindinge nie.

miraclealigner ·

Die waarheid maak seer – dit is maar altyd die reaksie as die boosdoeners oor die vingers getik word…

Anne-Marie ·

Ja, mens kry die idee dat die hele parlement kop in een mus is wat korrupsie betref. Óf dit, óf almal ken mekaar se sondes en korrupsie, en is te bang om standpunt in te neem. Hulle bly useless!

Witwax ·

Mnr Zondo, jy moet lig loop vir daai klomp hulle sal jou die trekpas gee.

Geert ·

Ek sou graag wou aanhaal “Hulle lieg ons weet hulle lieg hulle weet ons weet hulle lieg…..”

Kosie ·

Het die Hoofregter nou op n paar tone getrap en in die prosses daai splinter nuwe duur skoene vuil getrap (onthou is eintlik ons belasting geld wat dit gekoop het), dit is tyd dat die anc weet daar is nog regverdige mense daar buite, nie almal is korrup en heeldag besig om die kaders te beskerm nie, die is nie julle land om te maak soos julle wil nie ons sien wat julle doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen regime sal toelaat dat ‘n hoofregtertjie hulle hiet en gebied nie. Party burgers is uitgelewer aan die genade. Ander word kriminele. Sake gaan erger word. En vergeet maar van die stembus as ons redding. Die opposisiepartye is ‘n klaaglike mislukking. Nuwe oplossings moet bedink word. Dink mense, dink.

Samuel ·

Dit is waar. Al die opposisie partye is ‘n mislukking. Hulle moet met werkbare oplossings na vore kom.

Fluisterwind ·

Een man se terroris is ‘n ander man se vryheidsvegter, Kan die ABC “Afrikaner Bevrydingsfront vir Christene” nie ontstaan nie? Want al ons Afrikaner politieke partye het hulle mandaat verloor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die politieke slagveld is duidelike nie die roete nie. Dis tydmors. Met hofsake word ‘n veldslag hier en daar gewen, maar die oorlog word verloor. ‘n Vryheidsbeweging soos die ABC kan heelwat bereik. Met ‘n duidelike boodskap en spesifieke doelwitte word mense wat dieselfde dink vinnig betrek. Ons nuwe garde “leiers” behoort ook kennis te neem hoe gewone mense dink, En dís iets wat ons mis, met die risiko dat ons verder van mekaar weg dryf.

Cherokee ·

As die mense net ter wille van ‘n verandering dink voor hulle doen en nie impulsief wees en ander na-aap nie, sou jy geen opduime gehad het nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die tyd loop uit. Dalk is dit klaar te laat. Noodlottige impulsiwiteit kan wel gebeur. En dit kan inderdaad die einde wees van ons as etniese groep. Soos dinge nou staan word ons deel van ‘n geopolitieke speelbal wat ons gaan vernietig. Ons het nie die luukse van tyd om te filosifeer en te debateer oor ons toekoms nie.

Jackie ·

ANC sal nooit op tree teen hulle kamerade nie. Cyril is te bang vir zuma.

Marthinus Johannes ·

CR gaan geen aksie neem nie, sy betrokkenheid is reeds verwyder toe hy dit terug gestuur het hersien te word. Hy en sy kaders word is ook daarby betrokke, nie net Zuma en sy trawante nie. CR was d an adjunk Pres. gedurende Zuma se tyd.

Samuel ·

Die ruimte wat die parlement nodig het om sy werk te doen strek seker oor twintig jaar. Natuurlik moet mens hierdie soort aanvalle op hoofregter Zondo verwag. Weet hy dan nie dat die ANC foutloos en eerlik is nie?

Wit Leeu ·

Praat en kla help niks. Absoluut niks gaan hiervan kom nie. Die ANC smeer als toe. Ek wonder net wie kan nou regtig iets doen aan die ANC ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen Suid Afrikaner nie. Amerika en sy bondgenote kan wel optree.

skurweberg ·

As hierdie regter president word sal die land verander soos wat ons gedink het dit moes wees

marius ·

Wat anders is verwag. Die deler is net so goed as die steler en van hulle is daar miljoene . Nie een van hulle sal tronk toe gaan nie dus word al die bevindings geignoreer . Nog ‘n waarheids versoenings kommisie in korrupte voortsetting vorm.

ES ·

Jy ken hom dan baie sleg Danie. Ek het baie van die saakreg gelees waar hy as regter opgetree het. Hy is van ander goed gemaak as die korrupte ANC.

Koos 100 ·

Regter Zondo, jy is ‘n geleerde man. Het jy enige aksie verwag? Cyril kan NET kommisies aanstel, maar geen aksie neem nie! Hoeveel kommisies was daar al, en hoeveel aksies was daar al? Nee wat Cyril stel mense net gerus om te sê daar is ‘n kommissie. Punt. Dan glo hy die publiek moet happy wees want hy het mos nou iets gedoen! Selfde tyd is sy tjommies happy want daar is GEEN gevolge vir hulle nie! En jy Regter Zondo is misbruik en vir jou moeite bevorder, so die ANC verwag van jou om stil te bly! Ek is jou egter dankbaar dat jy nie stilbly nie!

Kokerboom ·

Regter Zondo: Welgedaan. Werk hul gal. Hul President en hulle sal ALLES in hul vermoeë doen om alles te verbloern

Chris ·

Daar word miljarde rande spandeer aan komissies van ondersoeke en niks gebeur verder nie. Ons weet mos almal wie die skuldiges was in hierdie saak en ons weet mos hulle gaan niks doen nie. As die druk te groot word dan verander hulle sommer n wet om by hulle te pas. Dit is n skande dat ons land deur n klomp kriminele regeer word.

Mariana ·

Mnr Zondo moenie asem ophou vir dit wat moet gebeur nie. Niks gaan gedoen word nie. Ongelukkig sit ons met ‘n regering wat kriminele dade deur kaders oorsien. Gee hulle liewer net ander en beter poste. Die hele sage was tyd en geldmors. ANC kan ongelukkig met niks vertrou word nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek, Vrydenker Vlakvark, wat SA EERSTE stel, het geen vertroue in en respek vir enige ANC-leier van die verlede en hede nie. Zigarollo. Finish en klaar.

Henry ·

ek stem saam met hom
miljoene rand spandeer en niks verder nie
nou word hy blameer terwyl hy slegs sy werk gedoen het en dan geen reaksie van die regering
dieselfde het met my gebeur
ek was in oudit en foute uitgewys toe word ek so sleg gesè deur die een baas dat ek dit durf waag om foute uit te wys
ek sè toe vir hom ek bedank aan die einde van die maand
dit het hom so omkant gevang

domheks ·

CR & kie het nog nie genoeg uit die trog gekry nie. Hulle is nog honger. Na Miljoene $$$ is daar nog nie een kader in ‘n oranje pakkie nie. CR en JZ moet voor in die ry staan.

gatgogga ·

Let op wat die regering se antwoord is: “Hou jou bek. Jy mag geen kritiek lewer waar die publiek jou kan hoor nie.”

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Mede Suid-Afrikaners wat Suid-Afrika EERSTE stel, raak onverwyld vertroud met die ANC se National Democratic Revolution (NDR) en hul doelwitte – geen rooskleurige toekoms vir die 2de, 3de en 4de klas burgers nie. Neo-Aparthate wat Apartheid na ‘n vulletjie gaan laat lyk.

Sê maar net ·

Welgedaan, Regter Zondo. Jy slaan die spyker op die kop en het die moed om jou mond oop te maak en iets te sê…..maar die ANC regering het te veel om weg te steek. Twyfel sterk of die kaders vervolg sal word….

Cherokee ·

Ag tog! Tye terug wou julle Pravin Gordhan die stoel gegee het. Nou sal julle anc stem as Zondo die president word.

ES ·

Mnr Zondo weet die rede hoekom Parlement rompslomp is omdat die meerderheid van die Parlement die skuldiges is. Hulle het ook die grootste hoeveelheid stemme.

Daar gaan niks daarvan kom nie.

My siening ·

Regter Zondo dankie dat jy nog beginsels het en ek waardeer dit en respekteer jou opreg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.