Zuma: Korrupsiesaak in Januarie voortgesit

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales sal aan die begin van volgende jaar weer aangehoor word.

Regter Piet Koen het die saak – wat nou reeds twee dekades lank sloer – Woensdagoggend tot Januarie uitgestel. Die uitstel is hoofsaaklik om te bepaal of dit in die beste belang van geregtigheid sal wees vir hom om voort te gaan om die saak aan te hoor.

“Die integriteit van die verhoor moet bo verdenking wees. Dit is my taak om te verseker dat dit aan daardie verwagting voldoen,” het Koen vanoggend gesê.

Koen het die staat en Zuma se regspan tot 3 November gegee om enige skriftelike betoë in te dien wat hulle aan die hof wil voorhou rakende die kwessie of hy hom aan die saak moet onttrek.

Die jongste uitstel volg nadat verskeie kwessies die saak vroeër verhoed het om voort te gaan. Dít sluit in Zuma se private vervolging van adv. Billy Downer, die staatsaanklaer in die korrupsiesaak teen hom, Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen Koen se aanvanklike uitspraak oor Downer, en Zuma se heroorwegingsaansoek.

Zuma het ook al menige keer weens gesondheidsredes uitstel gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Manie ·

Lyk vir my asof Zuma uit “alle oorde” ondersteuning het, die saak kom nooit aan die gang nie.

Di ·

Hy sal al in sy graf wees dan is die saak nog steeds aan die gang. Tyd dat hy GAAN

Wondermaarnet ·

En Januarie word dit weet tot Junie uitgestel en in Junie word dit weer tot in November uitgestel en so gaan dit 30 jaar word met geen vordering nie.

Oupa Avril ·

Almal moet maar verlief daarmee neem dat Zoema, NOOIT op hierdie aanklagte verhoor sal word nie.
Nes ons nie van beurtkrag en korrupsie onslae sal raak nie.

Christiaan Johannes ·

Ons weet mos nou dat die regstelsel belaglik en onbevoeg. Zuma lag in sy mou vir die klomp narre. Hy is korrup en almal weet dit. Hy moes teen hierdie tyd al 20jaar agter tralies gewees het. Afrika justice.

SwartBees ·

Sy skelm vriend Louis Liebenberg sal seker sy handjie in die hof vas hou.

Althes ·

Ek hoop dat Zuma se geldkraantjie toegedraai word, want wat kos hierdie gesloerdery met die hofsaak al?

JohanR ·

En in Januarie sal daar nog ‘n uitstel wees vir ietsie tot April. En in April sal daar nog ‘n uitstel wees vir ietsie tot Julie. En in Julie sal daar weer uitstel wees vir ietsie tot September. En in September sal daar weer uitstel wees vir ietsie tot November. En dan is dit Xmas.

GWS ·

Hierdie saak sloer nou al so lank, dit is hoog tyd dat dit afgehandel word en Zuma kry wat hom toekom!!!!

Danie ·

Ja as ek die ding reg lees dan gaan regter koen hom onttrek van verhoor en ou zumpie gaan sy sin kry om van die aanklaer ontslae te raak.Dan gaan zumpie aansoek doen dat saak teruggetrek word teen hom.

gatgogga ·

Ag, ons regstelset, en hoe dit bedryf word, is ‘n klug.

Bytjienw ·

Mmmm… ek’s seker met ‘n “bicycle helmet” gebore want ek voorspel een of ander volksvreemde, onbekende, hoogs geheime en onnoembare siekte gaan die man weer tref…

Kokkie ·

Ek is baie teleurgesteld in regter Koen. Dit lyk vir my asof hy effens ligvoet is vir Zuma en sy regspan. As hy voor sy siel weet dat hy niks verkeerd gedoen het wat die integriteit van die saak in gedrang kan bring nie, kan hy mos met ‘n skoon gewete die saak aanhoor. Hoekom het hy dan die saak in die eerste plek aanvaar as hy nóú wil kop uittrek. Die genoemde rede klink vir my maar baie onoortuigend.

Pieter9 ·

Die S. A regsstelsel se tekortkominge word nou deur die kriminele blootgestel tot so ‘n mate dat mens kan begin praat van struktureel gebrekkig… misluk in om oortreders vir hul dade te laat’ betaal’.

Pietertjie ·

Julle bedoel seker die saak gaan in Januarie weer uitgestel word.

Papsak ·

Ag hulle gaan hom niks maak nie hulle bang vir hom staan op en sluit hom toe hy hoort daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.