Oudpres. Jacob Zuma sal sy vonnis van 15 maande by die Westville-gevangenis in KwaZulu-Natal uitdien.
Waarnemende hoofregter Sisi Khampepe het Donderdag ʼn lasbrief vir Zuma se aanhouding by dié gevangenis onderteken. Die brief is Vrydag versprei.
In ʼn meerderheidsuitspraak het die regters van die Konstitusionele Hof, die land se hoogste hof, vroeër vandeesweek bevind die oudpresident moet hom teen Sondag by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.
Maroela Media het vroeër berig Khampepe het Dinsdag in haar uitspraak gesê die hof het geen ander keuse gehad as om Zuma ʼn straf van gevangenisskap op te lê nie en dat niemand bo die reg verhewe is nie.
Die Jacob G Zuma-stigting het die uitspraak intussen as “geregtelik emosioneel”, driftig en nie in ooreenstemming met die Grondwet nie beskryf.
Indien Zuma hom nie binne die voorgeskrewe tydperk aanmeld nie, het die hof gelas dat die polisie hom binne drie dae moet aankeer sodat hy sy vonnis kan begin uitdien.
Zuma se dogter het kort ná die uitspraak getwiet dat hulle hul pa na die tronk sal vergesel. Die oudpresident het al herhaaldelik gesê hy gaan eerder tronk toe as om aan die hofbevel te voldoen. Sy seun Edward het egter gesê hy sal eerder sterf as toelaat dat Zuma tronk toe gaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Gaan moeilik wees om aan n numbers-gang aan te sluit…
Sien is glo. Kom ons kyk of hy toegesluit word en of n Schabir Shaik truuk getrek gaan word.
Ek glo nie die Zuma -stigting weet ENIGE IETS van die grondwet nie.
Sien is glo!
Wat help dit hy is 15 maande tronkstraf opgele is maar kan na 4 maande parool kry. Dis nie tronkstraf nie