Zuma-saak: Vervolging van joernalis is ‘intimidasie’

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jerome Delay / POOL / AFP)

Die dagvaarding wat deur oudpresident Jacob Zuma se regspan aan ʼn News24-joernalis beteken is, is ʼn duidelike geval van intimidasie wat uitsluitlik bedoel is om haar stil te maak.

Só sê die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) nadat Zuma se regspan die nodige hofstukke ingedien het om adv. Billy Downer SC en Karyn Maughan, ʼn verslaggewer van News24, privaat te vervolg vir die publikasie van besonderhede rakende sy gesondheid.

Die oudpresident beskuldig Downer daarvan dat hy die Nasionale Vervolgingswet oortree het deur  beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid aan Maughan te laat uitlek.

Volgens Sanef is die inligting wat deur Maughan gepubliseer is van openbare rekord en nie vertroulik nie.

“Sanef is van mening dat die voortsetting van dié aangeleentheid deur private vervolging nie net wraaksugtig is nie, maar bedoel is om Maughan en ander joernaliste te intimideer.

“Daar moet kennis geneem word dat Maughan, as joernalis, die genoemde berig geskryf het na aanleiding van ʼn brief van brigadier-generaal Mcebisi Mdutywa wat die gevangenis en vervolgingsowerhede oor Zuma se gesondheid ingelig het. Zuma se regspan het sedert verlede jaar beweer Downer het hierdie brief aan Maughan laat uitlek, ʼn onakkurate bewering.”

Sanef het beklemtoon dat dokumente openbare rekord is sodra dit by die hof ingedien is.

“Dié jongste stap deur Zuma se regspan moet veroordeel word, en beskou word as intimidasie nie net teenoor Maughan nie, maar ook ander joernaliste.

“Aangesien dit ʼn duidelike aanval op mediavryheid is, beoog Sanef om News24 ten volle te ondersteun en oorweeg dit om hom as amicus curiae by die saak aan te sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

annie ·

Vir ‘n sterwende man, is ons voormalige eerbare president darem te vreeslik aktief. Met sulke hoë etiese standaarde kan ‘n mens net hoop sy edele Zuma sal minder pyn verduur soos die jare vorder na sy vele hofsake en ten spyte van al sy lyding en en trane weens die vele misverstande by joernaliste, skrywers en aanklaers. Bloedrivier dien as simbool van die brawe impi en dapper kryger se pogings om die waarheid te laat seëvier. Bravo vir u volgehoue stryd midde in u pyn en lyding!

Nie Verbaas ·

Kyk ek het al onnosel gesien maar die man is ver verby die oortreffende trap.

Kokerboom ·

Verwyder ASB nou die skepsel vir ewig uit ons samelewing.
Wil iemand asb ‘n studie doen en aantoon wat die idioot ons land gekos het en steeds kos!!!

Di ·

Die skelm hoort in die tronk! Hy is so ‘n aambei, irriterend en aanhoudend

Samuel ·

Hy speel kat en muis. Sal seker nie weer trnk toe gaan nie.

Pierre ·

Maak van hom voorblad nuus, pak al sy vuil wasgoed uit en sit so druk op die howe en vervolgings gesag om n end te maak and sie gesloer, pleister sy stories internasionaal dat die internationale gemeenskap ook weet hoe wette hier toegepas word. Die ou man maak my siek

Koos 100 ·

Die media, waarvoor ek betaal, moet ophou aan die skelm bloodstelling te gee. Hy en sy travante benodig die media om sy agenda te bevorder, en elke berig oor hom word deur hulle verslind.

JM ·

Het van harte gehoop dat die land teen hierdie tyd van Zuma ontslae sal wees. Hoe lank nog? Om net vir hom te kyk maak my naar!

Oosieoos ·

Wonder wie betaal dit seker weer a zuma gravy train man. Hoop sy naam kom uit vir almal om te sien

Watsenaam ·

n” Jakals verander van haar maar nie van streek nie. Totsiens “your honorable”Jy kan nie eens die bank betaal nie, waar kry jy die geld om anders te vervolg? Skelm, man skelm. Of sal ek se “so slim soos die houtjie vandie galg” Jy en jou trawante.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.