Zuma se vervolging van Downer, Maughan uitgestel

Oudpres. Jacob Zuma, na wie sy stiging in ‘n Twitter-plasing as die aanklaer verwys, in ‘n foto wat op sosiale media gedeel is. (Foto: Twitter)

News24-joernalis Karyn Maughan het die Pietermaritzburgse hooggeregshof Maandag gevra dat die saak – waarin sy vra dat oudpres. Jacob Zuma se private vervolging van haar van die hand gewys word – dringend aangehoor word omdat dit in die eerste plek aanhangig gemaak is om haar te teister en te intimideer.

Maughan en adv. Billy Downer, die staat se aanklaer in die korrupsiesaak teen die oudpresident, het albei die hof gevra dat Zuma se saak as ʼn misbruik van die hofproses verwerp word.

Zuma, wie se 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof Vrydag verstryk het (hy was vir die grootste gedeelte hiervan op mediese parool), het met die private vervolging van die twee begin omdat hy meen dat Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan uitgelek het.

Die saak wentel om ʼn doktersnota wat tydens Zuma se korrupsieverhoor by die hof ingedien is en wat die staat met Maughan, ʼn spesialisverslaggewer, gedeel het. Zuma beskuldig die twee daarvan dat dit ʼn oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is.

Die nota het deel van hofrekords, wat ook openbare dokumente is, gevorm.

Zuma, nou ʼn vry man, het Maandag self die hofverrigtinge bygewoon. Buite die hofgebou het ʼn groep van Zuma se ondersteuners saamgedrom en liedere gesing. Hy het hulle ná die hofverrigtinge toegespreek en self luidkeels gesing.

Die regspanne het ooreengekom dat die dringende aansoek om die private vervolging te staak, op 8 en 9 Desember aangehoor sal word.

Regter Rishi Seegobin het beslis dat die private vervolging – sou die aansoek om dit te laat skrap misluk – dan op 2 Februarie volgende jaar aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Delay delay delay. Dan sal dit vanaf Desember tot Maart uitgestel word. En dan van Maart na Junie. En dan van Junie tot October. En dan van October tot Desember 2023. En dan is Zuma 99 jaar, of dood!

SjN ·

Die glibberige kader bewys die medici dat teminale siekte omskrywing dus verkeerd is, maak ook n bespotting van die regstelsel en die saak word weereens uitgestel, Afrika tyd.

Samuel ·

Wat het ons anders verwag? Die regter is vinnig om die twee blankes te dreig dat as hulle sou versuim om in die hof te verskyn, hulle in hegtenis geneem sal word. As dit nou kaders was, wat dan?

Hannes ·

“Hy het hulle ná die hofverrigtinge toegespreek en self luidkeels gesing.” Nou makeer die skelm niks, hulle dink ons is dom. Hier is GEEN toerekeningsvatbaarheid vir die skelems nie, Appetite for destruction!

Gerra ·

En skielik is hy nie te siek….. of te oud….. om die hofsaak by te woon!

Blomme ·

Mens kan amper lag vir die klomp narre en hul grappe… Ongelukkig is dit egter tog so hartseer dat die landsburgers so vir poppe gevat word.

Yvonne ·

Defnetief nie n glimlag nie dit moet n vertrekking van gesigspiere wees agv intense pyn….moeilike tye ek moet se

Blikkies ·

Ek verstaan nie hoe hierdie saak in die belang van gereg is nie! en hoe hierdie vervolging toegelaat word nie? Hulle moet nou maar Zuma se eie speletjie speel en bly uitstel en uitstel.

Blikkies ·

Die Arrogansie. Te sleg om sy eie kriminele saak as beskuldigde by te woon want kamstig op sterwe. Maar nou so gesond hy woon sommer die hof as klaer by en kan luidkeels sing buite die hof. Is die regters blind vir wat aangaan.

Di ·

Dink dis lankal tyd dat Zumpie ook net moet GAAN! Nog nooit so aanhoudende, irriterende persoon teegekom nie. Vel so dik soos ‘n olifant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.