Sanger raak verloof

Andries en Sya. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger, Andries Hendrik Potgieter, het oor die naweek verloof geraak aan sy jare lange liefde, Sya van der Walt, ʼn SABC-joernalis.

Andries en Sya gaan al vir twee jaar uit. Hy het haar Saterdagmiddag by haar gunsteling teetuin, Isabella’s in Centurion, die groot vraag gevra.

Huisgenoot berig daar was 24 kolwyntjies, elk uniek versier met ‘n boodskap van ‘n spesiale oomblik wat hulle saam gehad het. Die 25ste boodskap was die verlowingskoek met ʼn prentjie waar ʼn man op sy knieë gaan en die jawoord vra, wat ʼn emosionele Sya wel gegee het. Die paartjie beplan om in September vanjaar in Pretoria te trou.

Klik hier om meer te lees asook foto’s van die geleentheid te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.