Twee sterf in gru-ongeluk aan Noordkus

Twee mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Woensdagaand op die N2-deurpad naby die Tugelarivierbrug gebots het.

“Die voorval het omstreeks 21:00 plaasgevind. Dit is nog nie seker hoe die ongeluk gebeur het nie, maar die polisie ondersoek dit,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die vragmotor het teen die kant van die motor, ʼn Volkswagen Polo, vasgery. Die Polo het in twee geskeur en die insittendes is uit die voertuig geslinger. Albei is op slag dood,” het Botha gesê. Die vragmotorbestuurder is vir skok behandel, maar is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.