Die vakbond Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vandag in die arbeidshof in Braamfontein ooreengekom om ’n saak oor regstellende aksie tussen die twee partye uit te stel totdat ʼn finale uitspraak in die Renate Barnard-saak gekry is.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 November 2012
630 polisiebeamptes na Marikana gestuur
ʼn Totaal van 630 polisiebeamptes is na die Marikana-streek naby Rustenburg gestuur voor 34 mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is.
Radiostasie kry boete oor lasterlike uitlatings
Die radiostasie Jacaranda FM is met R25 000 beboet nadat een van sy aanbieders lasterlike uitlatings gemaak het teenoor ʼn luisteraar.
ANC sê mosie van wantroue teen Zuma is ‘publisiteitsfoefie’
Die ANC het die DA en ander opposisiepartye se mosie van wantroue in president Jacob Zuma as ʼn ‘desperate, indien nie verspotte, publisiteitsfoefie deur ʼn groep aandagsoekers’ afgemaak.
Babatjie wat in kar gelos is sterk aan
‘n Vier maande oue babadogtertjie sterk in die Life Springs Parkland-kliniek aan nadat sy Woensdag vir ure in ʼn voertuig in Springs gelos is.
Skoolseun uit weerwraak doodgemaak
ʼn Skoolseun is Woensdag vemoedelik uit weerwraak deur ‘n medeleerling by hoërskool in Noordwes doodgesteek.
De Doorns-betogers verjaag Zille
Helen Zille, die Wes-Kaapse premier en leier van die DA, is Donderdag deur oproerige, stakende plaaswerkers by De Doorns verjaag.
Aardbewing in Guatemala saai dood en verwoesting
‘n Aardbewing van magnitude 7,4 in die Stille Oseaan aan die kus van Guatemala het die lewe van minstens 48 mense geëis, terwyl tientalle beseer is.
Foto: Hewige haelstorm tref Oos-Rand
Dele van die Oos-Rand van Gauteng is Donderdag deur ‘n hewige haelstorm getref.
Sportaanbieder geskors oor Linkin Park-twiet
Lance Witten, ʼn sportaanbieder by eNews, is geskors nadat hy ná Woensdagaand se ramp by die Linkin Park-konsert in Kaapstad ʼn onsensitiewe twiet uitgestuur het.
Seuntjie wat byna verdrink word wakker gemaak
Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, het Donderdagoggend stadig maar seker begin wakker word nadat hy sedert die voorval onder verdowing gehou is.
Tiener ry twee dood tydens plesierrit
ʼn 16-jarige tiener van Gauteng het vroeër die week tussen vier meisies ingejaag nadat hy met sy ouma se motor ‘n plesierrit geneem het.
De Lille-saak van hofrol geskrap
ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur teen Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, se man is Woensdag in die Goodwood-landdroshof van die rol geskrap.
Man dra tienerseun se geslagsdele in beursie
ʼn Man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy vermiste susterskind se geslagsdele in sy beursie gevind is.
Polisie het 70 oop poste weens regstellende aksie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het nagenoeg 70 poste vakante poste wat nie gevul is nie weens regstellende aksie.
Boer kry R28 miljoen-boete
Die departement van arbeid het Woensdag ʼn boer van Limpopo met ʼn R28 miljoen oortredingskennisgewing belas omdat hy glo gefaal het om aan verskeie arbeidsregulasies te voldoen.
Paramedici spring in swembad om swemmer te help
Paramedici van Netcare911 het Woensdag sowat ʼn uur in volle uniform in ʼn swembad spandeer om ʼn beseerde swemmer te help.
Twee sterf in gru-ongeluk aan Noordkus
Twee mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Woensdagaand op die N2-deurpad naby die Tugelarivierbrug gebots het.
Nuuskommentaar: Speel op Avbob se stoep met persvryheid
Die opdrag van die SAUK se waarnemende nuusbaas, Jimi Matthews aan nuusspanne om onder meer nie meer na Zumaville, Nkandlagate en ander terme wat met Nkandlagate verband hou te verwys nie, kon nie op ‘n slegter tyd vir die land gekom het nie.
Een dood, 19 beseer na ongeluk by konsert
Een persoon is dood na gisteraand se voorval by die Kaapstad-stadion waar ʼn stellasie omgewaai het voor die groep Linkin Park daar opgetree het.