‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy Ina Bonnette verkrag het, sê daar is aan hom en sy medebeskuldigdes gesê hulle was “gelukkig om die kans te kry om met ʼn wit vrou seks te hê.”

Sello Mphaka het Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat hy aanvanklik geweier het toe hy gesê is om Bonnette, voormalige vrou van Johan Kotzé, te verkrag. Kotzé, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, word daarvan beskuldig dat hy drie mans gehuur het om Bonnette te verkrag en te martel. Kotzé het glo ook Bonnette se seun, Conrad (19), doodgeskiet. Mphaka, Andries Sithole en Piet Mohlane het Bonnette glo verkrag. Kotzé voer aan dat hy nie aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie. Die drie ander beskuldigdes beweer dat hulle net gemaak het of hulle Bonnette verkrag. Bonnette het vroeër getuig dat die drie beskuldigdes toegekyk het terwyl Kotzé haar seksueel gemartel het en haar daarna om die beurt verkrag het.

Mphaka het verder Donderdag getuig dat Kotzé vol grappies was toe hy hom en sy medebeskuldigdes Modimolle toe geneem het om sy karavaan te was. Hulle het glo ook palmbome uitgehaal en geplant voor hulle glo in Kotzé se huis ingeroep is. Sithole het glo aan hulle gesê hulle moet met Bonnette seks hê aangesien Kotzé te vet is om dit self te doen. “Andries het gesê die vrou gaan maak asof sy nie weet wat gebeur nie en dat sy wou gehad het hulle moet haar vasmaak en haar mond toeplak aangesien sy raas. Ek het aan Mohlane gesê iets is nie reg nie. Andries het gesê waar sal jy ooit sien ʼn wit persoon gee sy vrou vir swart mense? Ons is gelukkig. Nou kan ons ook ervaar hoe dit voel [om met ʼn wit vrou seks te hê]. Ek het nee gesê, ek wou nie met die vrou seks hê nie. Dis nie wat ek gekom het om te doen nie. Mohlane het ook gesê hy kan nie dit doen nie. Kotzé moes ons eerder net betaal sodat ons kon loop.”

Volgens Mphaka het Kotzé gesê hy gaan nie vir ʼn k****r luister nie. “Hy het gesê indien ons nie saamwerk nie sal ons nie lewend daar uitkom nie. Hy het gesê ʼn k*****r is ʼn snaakse ding. Hy verkrag op sy eie maar as jy vir hom ʼn vrou gee dan weier hy.” Mphaka het getuig dat Kotzé hom en Mohlane gedwing het om in ʼn kas te klim terwyl hulle gekyk het hoe Kotzé sy vrou vasgemaak het en Sithole haar mond toegebind het. Kotzé het Sithole hierna beveel om met sy vrou seks te hê. Ek het later op haar gaan lê. Ek het my ritssluiter afgetrek maar my penis was nog in my broek. Kotzé het my weggetrek want hy kon sien wat ek doen. Hy het Mohlane geroep en hy het ook op haar gaan lê met sy broek steeds aan.” Mphaka het Bonnette se getuienis dat hy ʼn ereksie gehad en haar verkrag het, verwerp. Die verhoor gaan Vrydag voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn” beplan
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.