101-jarige tronk toe vir oorlogsmisdade

Josef Schuetz versteek sy gesig Donderdag in die hof. (Foto: Tobias Schwarz / AFP)

ʼn Duitse hof het Josef Schütz (101), ʼn voormalige Nazi-konsentrasiekampwag, Dinsdag vir vyf jaar tronk toe gestuur vir sy aandadigheid aan oorlogsmisdade tydens die Joodse menseslagting.

Schütz is daaraan skuldig bevind dat hy “willens en wetens” medepligtig was aan die moord op 3 518 gevangenes in die Sachsenhausen-konsentrasiekamp waar hy tussen 1942 en 1945 as ʼn wag gewerk het. Dié kamp was in Oranienburg, noord van Berlyn, geleë. Schütz was in 1942 21 jaar oud en woon tans in die staat Brandenburg.

Maroela Media het vroeër berig dat Schütz in die hof aangevoer het dat hy “absoluut niks” gedoen het nie, en ook nie bewus was van die gru-misdade wat by dié kamp uitgevoer is nie.

Hy het Maandag aan die hof gesê “ek weet nie waarom ek hier is nie”.

Meer as 200 000 mense, onder wie Jode, nomade, teenstanders van die regime en homoseksuele, is tussen 1936 en 1945 by die Sachsenhausen-kamp aangehou.

Verskeie mense – nou al bejaard – is jare later vir hul aandeel in die Joodse menseslagting vervolg.

Daar is aanvanklik bespiegel dat Schütz weens sy hoë ouderdom nié tronkstraf sal ontvang nie, hoewel aanklaers vir ʼn vonnis van vyf jaar gemik het.

Die voorwaardes van dié vonnis is nog nie bekend nie en dit is ook nie duidelik wanneer Schütz met die uitdien van sy vonnis sal begin nie.

Sy regsverteenwoordiger het vroeër aangedui dat Schütz teen ʼn skuldigbevinding sal appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ebeth ·

Dis heeltemal korrek om die oortreders van oorlogmisdade te straf, maar ek wonder tog soms, het hulle tydens die oorlog werklik ‘n keuse gehad? Wat gebeur met landsverraaiers wat nie saam met die heerser van die land wil veg/bevele wil uitvoer nie. Is militêre dissipline om bevele te gehoorsaam so ingedril dat daar nie meer gedink word nie?

Lourens CFG ·

As hy geweier het in oorlog tyd om wag te staan, was hy sumier geskiet.

Jason ·

Sou jy onskuldige vroue en kinders doodmaak as dit n opdrag is?

Jason ·

Sou jy onskuldige vroue en kinders doodmaak as dit n opdrag is?

Anel ·

Die lot is gekker as die spul hier. Dan moes die Afrikaners, na Republiekwording, vanaf 1961, al die Engelse en ander wat by die Boere oorlog betrokke was, ook vervolg het!!!

Nettie ·

Goeie punt!! Miskien moet die Engelse net so bietjie dankbaar wees ons glo aan die Bybel wat noem wraak kom ons nie toe nie. ;-)

Steyn ·

Waar is die “statue of limitations”? So oor ek nou diensplig gedoen het in ‘n township gaan hulle my ook vervolg die dag as 90 word?

hpven ·

Steyn, ons was soms aangeval in die townships maar enige iets is moontlik onder die anc regering wat self burgerlikes geteiken het. Ons het egter nie willens en wetens ongewapende mense vermoor nie. Ons was geleer om die aanvoerder van die groep te skiet, dan weer as iemand sy plek neem, ook net as ons aangeval was, maar nooit wild en wakker in die groep te skiet nie. Ek was daar jy was daar…

Nerina ·

Ek verstaan mense word aan gekla vir oorlogsmisdade, maar genade mense is maklik om te oordeel. As jy nie self daar was nie sal jy nie verstaan nie. Hoe weet hulle die arme man sukkel nie daagliks met dinge wat hy daai tyd gesien en beleef het nie. Kyk maar na baie van die ou soldate, en genade kyk na die man se ouderdom. Los hom om sy tyd wat hy oor het te geniet.

Hendrik ·

Weet hy van Zuma? Hy sal goeire raad kan gee om sy straf vry te kom.

Barend ·

Die Woke left is nou seker baie bly en verjeug dat hulle so n gevaarlike misdadiger vir die res van sy lewe tronk toe gestuur het. Die klomp is gek verby. Die samelewing is siek verby. Hy was 21 nog n kind in my boek. Seker dood bang vir wat met hom sal gebeur.

Gaan hulle nou almal wat iewers in oorlog iets gedoen het wat iemand se lewe geëis het ook tronk toe stuur. Begin sommer by die Amerikaners, ontwerpers van wapens en plof toestelle sommer die Chinese wat buskruit ontwikkel het.

Hoe ver gaan die woke left dit nog dwing. Een van die dae gaan hulle moet Pa staan vir hulle menings en sienige.

duiweboer ·

Dit is om oor te lag. Op die ouderdom. Sou hy tronk toe gaan is hy in 6 maand dood

hpven ·

Om ongewapende burgerlikes te vermoor word vandag terrorisme genoem, dit is en bly ‘n misdaad teen die mensdom. Dit is ongelukkig so dat baie terroriste organisasies skotvry daarvan afgekom het, selfs in ons land. Ons oud soldate noem dit die oorlog van die lafaard en sien dit steeds so. Verander jou ouderdom die dade wat jy gepleeg het? Waar trek mens die streep? Kom ons wag en kyk wat sy vonnis voorwaardes is…

twaalfboor ·

Kan die man ooit onthou dat daar ñ oorlog was? Belaglike vervolging.

annie ·

Aai hoe jammer kry almal hom. Geen Duitser is destyds gedwing om by by Nazi-strafkampe te werk nie. Lees gerus oor wat daar aangegaan het. Die sadisme was grensloos. Die ou man het lekker weggekruip al die jare en doen dit nou agter ‘n boekomslag. Hoekom wys hy nie sy gesig nie? Hy is mos ‘n goeie ou.

twaalfboor ·

Annie…… en hoe kruip die kader bomplanters in ons land weg?

Yvonne ·

Uiters belaglik……wat van al die jare wat verloop het om iets daaraan te doen….sinneloos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.