Twee leerders aan ’n private skool in Windhoek in Namibië is vanoggend dood toe ’n bus wat gr. 7-leerders na ’n skoolkamp vervoer het, buite Kalkrand omgeslaan het.
Colette Riekert, skoolhoof van Windhoek Gymnasium, het in ’n verklaring gesê twee leerders het in die voorval omgekom terwyl ander na hospitale gehaas is vir mediese behandeling.
Riekert het die voorval betreur en gesê vervoer is sedertdien gereël om leerders, wat nie in ’n hospitaal opgeneem is nie, terug Windhoek toe te neem.
Van die leerders se ouers was vroeër vandag op pad na die toneel nadat hulle van die ongeluk in kennis gestel is.
Die plaaslike radiostasie Kanaal 7 berig ’n 65-sitplek-bus was in die voorval sowat 70 km buite Mariental betrokke. Volgens die radiostasie is daar onder meer ʼn klag van dronkbestuur teen die busbestuurder aanhanging gemaak. Hy verskyn Dinsdag in die plaaslike landdroshof.
Maroela Media het die plaaslike polisie gekontak en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
So jammer vir julle verlies ????. RiV sterkte vir die ouers. Sluit die busdrywer toe en gooi die sleutel weg!!!!
Hoe de hel kan ‘n skoolbusbestuurder onder die invloed ry. Hoop die ouers skroef hom op tot by Daantjie in die kalwerhok. Mens vertrou jou kosbare kinders aan die skool toe.
hoop hy kry lewenslank vir dronkbestuur , roekelose bestuur en strafbare manslag
Dis ‘n privaat maatskappy, Sunshine Tours se bus en busbestuurder. Hulle vervoer al jare talle skole se kinders. Ons gemeenskap, en veral ons as ouers van die skool, is geskok, verslae en in rou.
Wie het die bestuurder vir sy roete ‘uitgeteken’? Sekerlik moes die Mpy die drywer se roete-aanwysings, vervoerinstruksies en ander roetebepalings vir hom gegee het met diensaanmelding. Hoe kon hulle ‘n busbestuurder op ‘n roete stuur en nie verifieer dat die drywer geskik is vir die skof nie.