Baba Sussex gedoop

Prins Harry en sy vrou, Meghan, se skattige babaseuntjie, Archie Harrison Mountbatten-Windsor. (Foto: Chris Allerton via Instagram)

Prins Harry en sy vrou, Meghan, se babaseuntjie, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, is Saterdag tydens ’n intieme diens in die Windsor-kasteel se private kapel gedoop.

Luidens ’n verklaring op die egpaar se amptelike Instagram-blad het Justin Welby, die aartsbiskop van Kantelberg, die spesiale diens gelei.

Klein Archie is gedoop in ’n handgemaakte replika van die koninklike dooprok wat die afgelope 11 jaar deur koninklike babas gedra is.

Die oorspronklike dooprok, waarna verwys word as die Royal Christening Robe, van fyn Honiton-kant en gevoer met wit satyn, is in 1841 deur koningin Victoria laat maak vir die doop van haar oudste dogter. Dié rok is daarna deur generasies van koninklike babas gedra onder wie ook koningin Elizabeth asook haar kinders en kleinkinders.

Die koningin het egter in 2004 op ’n handgemaakte replika besluit sodat dié delikate historiese uitrusting behoue kan bly terwyl die tradisie voortleef.

“Die hertog en hertogin van Sussex is só gelukkig om die vreugde van hierdie dag met lede van die publiek te deel wat sedert die geboorte van hul seun ongelooflik ondersteunend was. Hulle bedank u vir u vriendelikheid om hul eerste kind te verwelkom en hierdie spesiale oomblik te vier,” lui die verklaring.

https://www.instagram.com/p/BzlHhZylvwT/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mango ·

Baba Sussex wissel eerste tand…Baba Sussex eet eerste pap…Baba Sussex is ‘n stapler…so what?

Jimmy ·

Die Afrikaners hier is meer besorg oor die prins as die gemiddelde Brit. Dit lyk my Afrikaners wil weer deel word van die Empire.

Abe ·

Jimmy?
Wat het die doop van n prinsie met die gewaande versugting van die Afrikaner om deel van die Empire te word te doen?

Jimmy ·

Lees al die kommentaar hier. Afrikaners is mal oor die koninglikes. Persoonlik dink ek dit is die behoefte om aan iets groters te behoort.

Elsa ·

Vir dié wat “so what” sê. Ek lees eerder positiewe berigte oor koningsgesinne of oorsese filmsterre en musikante as wat ek elke dag treurige nuus oor plaasmoorde en korrupsie in ons land lees en ook sien hoe hierdie gebeurtenisse ons mense verander het in haatdraende en verbitterde mense wat niks meer goeds van ander kan sê of kan raaksien nie.

Anda le Roux ·

Ek stem saam. Wat ‘n heuglike gebeurtenis! Nog ‘n kindjie ingelyf in die Christelike familie om Hom te eer en te dien. Wat ‘n pragtige ou prinsie…..

Kallie ·

Gaan hierdie “positiewe” berigte die wêreld en jou en miljarde ander se lewens verander?

Linda ·

Elsa….ek stem 100% saam met jou !!! Die lewe is kort, ons kan ons nie met negatiwiteite ophou nie !!!

Abe ·

Kallie,
Wat kan jy se wat die wereld en miljarde ander se lewens kan verander?

Abe ·

Mag dit vir hierdie pragtige kind en sy ouers nog baie seen en vreugde bring.

Kallie ·

Vryheid, gelykheid en broederskap. Net soos wat die Franse gesê het.

Kallie ·

Ek wens net Abe wil met jou saamstem, dan is die wêreld klaar ‘n beter plek.

Bietjie baie ·

Nee julle is verkeerd. Media en Google is obsessief oor die koninglikes.
Selfs die dooies word nie met rus gelaat nie. Die media is vieslik. Laat die arme mense toe om asem te haal sonder dat julle verslag doen.

se net ·

Ennnn eintlik is nie een van hul 3 koninklikes nie. Dai rooikop mannetjie is nie Charles se kind nie.

J ·

Wag maar en kyk. Sy gaan haar man heeltemal vervreemd van sy konlike hoogheid met haar alewige afgesaagde peivaarheid.
Wat steek sy sodanig weg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.