Barbie-rolprent laat die miljoene inrol

Die aktrise Margot Robbie in Seoul. (Foto: Jung Yeon-Je/AFP)

Die rolprent Barbie lok steeds talle pienkgeklede fliekgangers na teaters wêreldwyd en het die afgelope naweek die R1 miljard-inkomstekerf verbygesteek, vinniger as enige ander rolprent in Warner Bros. se 100 jaar lange geskiedenis.

Barbie het vir ʼn derde agtereenvolgende naweek Noord-Amerikaanse rolprentteaters oorheers en ʼn groter inkomste verdien as met enige vorige solo-vroueregisseur.

Volgens bestuurders van Warner Bros. het die rolprent ʼn kulturele tydsgees aangegryp.

“Dit het nie net geskiedenis gemaak deur die R1 miljard-mylpaal te bereik nie, maar het dit ook in Warner Bros. se 100 jaar lange geskiedenis vinniger as enige ander rolprent gedoen, waaronder dié wat deur mans geregisseer is.”

Die rolprent, wat vroeër die grootste openingsnaweek van die jaar behaal het deur $155 miljoen (byna R3 miljard) te laat inrol, het volgens Paul Dergarabedian, ʼn ontleder van Comscore, die verbeelding van fliekgangers oor die wêreld heen aangegryp.

“Die resultate daarvan is ongelooflik indrukwekkend.”

Met Margot Robbie as die ikoniese Barbie-pop en Ryan Gosling as haar kêrel, Ken, het die fliek van Vrydag tot Sondag ʼn geraamde $53 miljoen (sowat R981 miljoen) verdien. In die VSA het dit tot dusver altesame $459 miljoen (sowat R8,4 miljard) laat inrol en wêreldwyd sowat R18 miljard.

Volgens Variety is Barbie maar die sesde film wat die R1 miljard-merk sedert die Covid-19-pandemie verbygesteek het.

In die rolprent, wat deur Greta Gerwig en haar lewensmaat Noah Baumbach geskryf is, word Barbie se pienk gepleisterde fantasieland wat deur vroue oorheers word, met die werklike probleme van die wêreld gekonfronteer.

ʼn Ondersteunende rolverdeling wat Will Ferrell, Kate McKinnon en America Ferrera insluit, voeg selfs meer sterkrag by die rolprent, terwyl die klankbaan nuwe musiek deur Dua Lipa, Lizzo en Nicki Minaj insluit. Dit bevat ook die snit “I’m just Ken” – gesing deur Gosling – wat in ʼn verrassende wending dadelik ook ʼn treffer was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dominique ·

Dis ‘n ongelooflike film wat jong vrouens inspireer om te wees wie hul is en hul drome te volg en hul plek in die wereld te neem. Hoekom sal jy nie na so iets wil kyk nie?

Charles ·

Vrouens het nie inspirasie nodig om te kry wat hulle wil hê nie. Geen simpatie.

Dominique ·

Simpatie? Haha jy sit die pot mis. Bly eks nie jou dogter of vrou nie.

Charles ·

Dit kan jy weer sê. Vrouens moet nie simpatie soek by my nie. Nie kwaad vir hulle nie. Maar hulle is emosioneel baie sterker as mans, maar mans word gehamer deesdae.

Nommer 7 ·

Barbie is ‘n diep fliek met diepe betekenis oor jou doel in die lewe. Dit is nie oppervlakkige slapstick vermaak nie, en het niks met die Barbie pop tema te doen nie.

Charles ·

Dit is die tekens van die tye. n Goeie fliek sal deesdae seker baie swak doen.

Dorkie ·

Ek sal graag wil lees oor die fliek ‘Sound of Freedom’. Sal dit graag wil sien ook.

Dominique ·

Barbie is ‘n uistekende film!!! Het jy dit ooit gaan kyk? Hoe kan jy kommentaar daaroor lewer as jy nie self gaan kyk hoe briljant en inspereerend dit vir jong vrouens is nie?

Charles ·

Ek wil nou nie hê jy moet gespanne raak oor my opinie nie, maar die Barbie tema met deesdae se gehalte flieks ingereken is klaar n “teken van die tye”. Ontspan maar.

Nommer 7 ·

U verstaan die die Barbie fliek se tema verkeerd. Indien u van oppervlakkige vermaak sonder enige lewenslesse hou, is Barbie nie vir u nie.

Alexander ·

Ai nou gaan al die upset mense nog meer upset wees asof hul enige iets bereik deur upset te wees oor goed wat nie eers regtig saakmaak :D

B-Man ·

Dis goed dat die film so goed doen, maar hoekom so daarop hamer dat dit ‘n solo-vroueregisseur is? Mooi vir haar. Welgedaan! Maar hoekom word daar deesdae, elke kans wat hulle kry, ‘n laehou aan mans uitgedeel?

LANA is ELANè ·

Want dit is mos wat die mense in hierdie wêreld wil hê. Mans moet as oorbodig en onderdanig aan feministiese vroue wees. Presies wat die WOKE gemeenskap verkies. Maak van die BYBELSE wette en reëls ñ bespotting, maak dat mans geen spesifieke rol in die samelewing het nie en geensins die hoof van ñ gesin is nie. Die fliek is net nog ñ poging om jong meisies te indoktrineer in die feministiese beweging in wat geen waardetoevoeging tot haar lewe sal bied nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.