Bombardering van Gaza duur voort

Só lyk die Al-Karama-distrik in Gazastad na Israeliese lugaanvalle. (Foto: MOHAMMED ABED / AFP)

Meer as 3 600 mense, onder wie Israelse en Palestynse burgerlikes en soldate, is dood sedert Hamas Saterdag ʼn aanval op ʼn oënskynlik houtgerus Israel van stapel gestuur het.

Teen Dinsdagaand het die Israelse weermag egter reeds van die Gaza-grensgebiede, wat Saterdag deur Hamas-militante binnegeval is, herower. Honderde Hamas-vegters is ook uit talle dorpe en kibboetse verdryf.

Israel gaan intussen voort om lugaanvalle op die Palestynse enklawe uit te voer. Hamas-militante dreig egter om gyselaars om die lewe te bring elke keer wanneer Israel sonder waarskuwing ʼn aanval op ʼn burgerlike teiken van stapel stuur.

Teen gisteraand het die voortgesette lugaanvalle meer as 260 000 mense gedwing om uit hul huise in die Gazastrook te vlug.

Israel sê gewapende mans van Hamas het die afgelope paar dae meer as 1 200 mense in Israelse stede, dorpe en kibboetsgemeenskappe doodgemaak en meer as 2 700 gewond.

In die kibboets van Beeri het gewapende militante van Hamas meer as 100 mense gedood.

Die Israelse weermag het Dinsdag gesê hy het die liggame van 1 500 Islamitiese militante in die suidelike gebiede gevind nadat hulle beheer oor die gebied teruggeneem het.

Agt Palestynse joernaliste is volgens mediavakbonde en amptenare in Israelse lugaanvalle dood.

Onrus het ook uitgebreek in die besette Wesoewer, waar 15 Palestyne sedert Saterdag gesterf het.

Hamas het intussen ʼn beroep op “weerstandsvegters aan die Wesoewer”, asook in “Arabiese en Islamitiese nasies” gedoen om by die stryd aan te sluit.

Só ontvou aanval

Rook borrel bo Gaza op 7 Oktober 2023 tydens die lugaanval (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Honderde Palestynse militante het Israel Saterdag (op die Joodse vakansiedag Simchat Torah) onkant betrap toe hulle om 06:30 altesame 5 000 vuurpyle vanaf Gaza na Israel afgevuur het.

Plofstof en stootskrapers is gebruik om deur die veiligheidsheining rondom die Palestynse enklawe te breek.

Hierna slaan talle Hamas-militante toe op die Supernova-musiekfees in die omgewing van Kibboets Reim, naby Gaza. Skote is op honderde jong Israeli’s en buitelanders afgevuur terwyl hulle probeer vlug het.

Minstens 270 feesgangers is ná die aanval dood aangetref. Talle is as gyselaar geneem.

Volgens Israel het Hamas sowat 150 gyselaars geneem, onder wie 14 Thaise burgers, twee Meksikane en ʼn onbekende aantal Amerikaners en Duitsers.

Teen Sondag het Israel oorlog teen Hamas verklaar.

Die verklaring het sedertdien duisende lugaanvalle binne Gaza ontketen.

Yoav Gallant, die Israelse minister van verdediging, het Maandag ʼn “volledige beleg” van Gaza beveel, wat beteken “geen elektrisiteit, geen kos, geen water en geen gas” vir die Gazastrook nie.

Die Israelse weermag het sedert die aanval tienduisende troepe na Gaza ontplooi en 300 000 reserviste opgeroep.

Benjamin Netanyahu, die Israelse eerste minister, het gewaarsku dat sy land se militêre veldtog slegs die begin van ʼn volgehoue oorlog is. Netanyahu het onderneem om Hamas se skuilplekke in Gaza in puin te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Tipper ·

Hulle hou nou mense as gyselaars aan, kom uit en fight, julle het dit mos begin, moenie nou agter gyselaars wegkruip nie.

Manie ·

Regte idee, mergel die hele volk uit sodat hulle self teen die militante terroriste in opstand sal kom. Ons moet ‘n les hieruit leer.

Pieter ·

Daai moes hul al innie Bybel gedoen het, maar toe het hulle nie. Nou betaal almal steeds.

Mnr De Beer ·

Tyd dat Israel terugslaan en hard slaan. Die wereld raak moeg vir Terrorisme met hul aanvalle en daarna agter geloof, onskuldige vrouens en kinders wegkruip.

Wakkerslaper ·

Dit is darem baie jammer die SA regering het nie destyds dieselfde tipe aksie as Israel geneem teen lafaard terreur organisasies soos die ANC, APLA, PAC ens. Maar toe gaan “onderhandel” ons mos met hulle…

KB ·

Ons het die rubbernek, baie praat (grootbek) ministers gehad wat skelm ook was…

marius ·

Babas , kinders , mans , vrouens , bejaardes op die wreedste wyse denkbaar vermoor . Gyselaars gemartel , verkrag en vermoor. Hierdie gespuis moet totaal uitgewis word . As hulle tussen burgerlikes wegkruip moet die ook die prys van oorlog betaal. Die vernietiging moet voor die deur van moordenaars gele word . Israel sal nie onderhandel nie . Lebanon , Sirie asook Iran beter hier uitbly . Israel sal nie skroom om hulle op die mees ondenkbare manier uit te wis nie. Hulle besik oor die nodige .

Dirk ·

Ivor ek is bly om te sien dat daar nog mense is wat die Lig sien en die waarheid ken. Israel is die uitverkore volk, al 12 stamme . Nie net die klompie wat nou in Israel is nie .

Ivor ·

Bid vir Israel! Bid vir die vrede van Jerusalem! Amen!

God het Sy Naam op Jerusalem geskryf. Dis Sy eiendom.

Hou die Bybel baie naby.

Lees en sien wat gaan gebeur. Hamas is nie ‘n volk nie. Hulle is net ‘n tereur organiesasie.

Rusland, Turkeie, Libiee, Iran. Hulle is die lande wat teen Israel sal veg.

Wegraaping tyd is vinnig besig om naby te kom.

Kyk fliek “Before the Wrath” oor ‘n Galaleaanse troue.

Bid. Bly naby aan Jesus. Maak seker jy is bekeer en jou naam is in Jesus se Boek van die Lewe geskryf. Sy handpalm gegraveer.

Maranatha. Jesus kom gou! Amen!

Danie ·

Ivor jy leef in n era waar die predikers vir jou valse leeringe gegee het. Die Israel is net n stad. Die Israel oor wie God hom omferm is Jakob en sy twaalf seuns( God het vir Jakob gese van nou af sal jy Israel wees). Julle staar julle blind teen valse teologie. Israel waarvoor jy nou wil bid is seker so 14miljoen miskien 20miljoen mense. Nou hoe kan hul God se uitverkore volk wees. God het vir Abraham gese jou nasate sal wees soos die korrels van die sand. 10 Stamme is weggevoer in balingskap.

Ivor ·

Dankie Danie. Ek is bewus van die 11 verlore stamme van Israel. God alleen weet waar en wie hulle is. Die punt is Juda is die joode van vandag. Jerusalem is al 12 stamme se hoofstad. Israel is al 12 stamme se land. Dis nie die broers (12 stamme) wat baklei nie. Dis die half-broers wat baklei. Dis Ismael en Jacob se kinders baklei. Jesus is van die stam van Juda en so ook Paulus wat meeste van die nuwe testament geskryf het. Maranatha! Jesus kom gou!

Dirk ·

Danie ek is is bly nog mense sien die lig. Al 12 stamme van Israel is die uitverkore volk. Nie net die klompie in die teenswoordige Irael nie.
Staan vas Israel en wis die filistyne uit!

Danie ·

Ek sal jou graag meer wou vertel oor die ware Israel maar Maroela laat net n sekere hoeveelheid woorde toe. Wees verseker van daai 10 stamme wat in balingskap weggevoer was is van hulle hier onder jou neus in SA en miskien as jy in volke kinde gaan kyk is jy een van hulle, Die waare Israel.

kragaap ·

Hou nog so paar weke aan Israel. Laat Hamas en sy profete dit nooit vergeet nie.

Vriendelike Frikkie ·

Sondag vra iemand die vraag: “Het julle gehoor wat doen Hamas in Israel?” Iemand gee toe die beste antwoord sovêr: “Hulle is besig met die grootste massa-selfmoord aksie ooit.”

JohanR ·

Nou moet Israel by een kant van Gaza begin en see toe werk en Hamas tak en wortel uitwis! Dan kan hulle oe na Iran draai.

Mnr De Beer ·

Nee. Dit is die land Israel wat homself verdedig teen die Hamas terroriste.

Andre ·

Na twee jaar het Rusland nie soveel beskadig soos hier in twee dae nie!

Johan ·

Ek voel jammer vir die Palestyne wat met geweld oor dekades alles aan die indringers verloor het. Nou is daar weer duiselde (200k?) Uit hul huise, en dit gaan waarskynlik platgeskiet word sodat daar nog die laaste bietjie van hul land afgevat kan word. Dit moet bitterlik desperaat gaan waar n hele volk verplaas en uitgewis word.

Althes ·

Dit is hartseer, maar ek twyfel of die Hamas millitante gyselaars se lewens sal spaar indien Israel aanvalle stop.
Hamas millitante het nie ñ woord van eer nie.

Marthinus W ·

“Yoav Gallant, die Israelse minister van verdediging, het Maandag ʼn “volledige beleg” van Gaza beveel, wat beteken “geen elektrisiteit, geen kos, geen water en geen gas” vir die Gazastrook nie.” Hierdie is onwettige oorlogvoering. Dis n oorlogsmisdaad. Ons kan dit nie goedpraat nie.

Mnr De Beer ·

Moet dan nie vir Israel aanval nie en verwag niks gaan gebeur nie. So maklik soos dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.