Britse seun sterf ná masjiene afgeskakel word

Archie Battersbee (12) is Saterdag dood. (Foto: Facebook / In loving memory of Archie Battersbee)

Die 12-jarige Archie Battersbee is Saterdag dood sowat twee uur nadat ’n Londense hospitaal sy lewensondersteuningsmasjiene afgeskakel het.

Maroela Media het vroeër berig dat Archie se ouers alle wettige maniere ondersoek het om hul seun aan die lewe te hou, maar dat hul laaste poging vandeesweek onsuksesvol was.

“So ’n pragtige seuntjie. Hy het tot op die einde geveg,” het Holly Dance, Archie se ma, snikkend buite die Royal London-hospitaal aan verslaggewers gesê.

“Ek is die trotsste mamma in die wêreld.”

Dance het Vrydagaand saam met ander familielede langs Archie se bed deurgebring. Hy was die afgelope vier maande aan lewensondersteuningsmasjiene gekoppel nadat sy ma hom in April bewusteloos in hul huis aangetref het.

Archie het iets om sy kop en nek gebind nadat hy vermoedelik aan ’n aanlyn asfiksieuitdaging deelgeneem het. Dokters het hom kort ná die versmoring breindood verklaar.

Een van Archie se familielede, Ella Carter, wat ook tydens sy afsterwe teenwoordig was, was Saterdag erg ontsteld en het sy laaste oomblikke as “barbaars” aan verslaggewers beskryf.

Volgens Carter het Archie “heeltemal blou” geword nadat die ventilator afgeskakel is.

“Daar is abosluut niks waardig daaraan om te kyk hoe ’n familielid of ’n kind as’t ware vermoor word nie,” het sy gesê.

Alistair Chesser, hoof- mediese beampte van die hospitaal se bestuursraad, het in ’n verklaring gesê Archie is dood “nadat behandeling in ooreenstemming met hofuitsprake oor sy beste belange onttrek is”.

Chesser het die mediese personeel bedank wat na Archie omgesien het, gesê hulle “het sorg van hoë gehalte met buitengewone deernis oor etlike maande in dikwels moeilike en benarde omstandighede verskaf”.

By die ingang van die hospitaal het ondersteuners blomme en kaartjies gelos en kerse in die vorm van die letter “A” aangesteek.

“My seun is 12, dieselfde ouderdom as Archie, en dit plaas dinge net in perspektief,” het Shelley Elias (43) gesê nadat sy vroeër Saterdag haar eie items ter nagedagtenis aan Archie by die hospitaal gelaat het.

“Ek het nie geweet wat om te skryf nie, want daar is geen woorde wat die pyn sal wegneem nie,” het sy gesê.

’n Regter het in Junie met dokters saamgestem dat Archie “breinstamdood” is, wat toelaat dat lewensondersteuning gestaak word. Die familie het deur hofsittings baklei om dié besluit om te keer.

Met die argument dat Archie kan baat by behandeling in Italië of Japan, het hulle hul saak tot by die Europese hof vir menseregte in Straatsburg gevoer, wat vandeesweek geweier het om in te gryp.

Die ouers het ook ’n laaste wettige vergunning verloor om Archie vir sy laaste ure na ’n hospies te laat oorplaas.

“Alle wettige roetes is uitgeput,” het ’n woordvoerder van die veldtoggroep Christian Concern, wat die gesin ondersteun het, laat Vrydag gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die ouers van twee jong meisies wat dood is nadat hulle aan ’n gewilde maar gevaarlike TikTok-uitdaging deelgeneem het, voortgaan met hul dagvaarding van dié sosialemediaplatform oor die kinders se dood. Dit is nie duidelik aan watter uitdaging Archie na bewering deelgeneem het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KatjieDeKat ·

Om TikTok of enige ander platform te verban gaan nie help as onnoselheid nie Ook verban word nie.

Irene ·

Om te sê ouers moet in beheer wees van hulle kinders se selfone is n grap, hulle kan nie, so ek stem……..TIKTok moet waai. Dis net nog n deurtjie vir Satan.

Groen-oog ·

Amen. En n kind het nie self n foon nodig om die gemors te sien nie. Baie jong kinders het n ouer broer /suster en wat op daai gemors is
En nou sien die kleintjies boetie of sussie “speel” die ding en hulle try dit. Daai Blue Whale gemors was by ons skool waar ek gewerk het en wie het dit begin …. die Hoërskool kinders en ons het dit gelukkig dadelik opgetel en opgetree en baie laerskool kinders het die ding geataan en bekyk…. TIKTOK MOET WAAI.

Jillian ·

So jammer vir die ouers en geliefdes! Dit kan met enige van ons kinders gebeur. Sulke speletjies kan op enige platform uitgesaai word. Ons as ouers moet gereeld met ons kinders praat en hulle waarsku om nie so iets te doen nie. En dan kan ons maar net bid.

Christine ·

Sosiale media is die grootste uitdaging waarmee ouers te kampe het. Als wat boos is broei daar en word toegelaat om kinders te beïnvloed en te vernietig. Kinders wil almal selfone hê, want hul maats het selfone, en ouers voel later verplig, want kinders hou aan en aan. Ek is gelukkig oud vandag, maar bekommer my oor my kleinkinders.

Groen-oog ·

Ek het die storie gevolg die laaste ruk…. en ekt gehoop die hof se die mamma kan hom na Japan ens toe vat om daar te “probeer” help o sodat mamma berusting kan kry. Maar die hof het geweier en masjiene is saterdag afgesit.

Persoonlik dink ek die mamma gaan nou altyd en altyd wonder….. sou hy n kans in Japan gehad het? Sou hulle hom kon “gesond” maak?

Mense gaan my nou kruisig maar ek dink met BREINDOOD dink BETROKKE FAMILIE/OUERS …….. daar is dan n hartklop sooooo die pasient lewe dan …daar iiis hoop en hulle sien die hartklop op daai masjien en dit is JUIS DIT WAT VIR HULLE HOOP GEE. Hulle hoop is gebou op daai hartklop wat hulle sien (sien is mos glo). En die 1 iS “”WAAR LEWE IS -IS DAAR HOOP””

EK HOOP DIT MAAK SIN.

Hennie ·

Masjiene het hom aan die lewe gehou. Hy was al breindood verklaar n geruime tyd gelede.

Mariaan ·

Hierdie kan reel reg voor TikTok se deur gelê word. Hulle moet strenger beheer wat daar geplaas word….so nie moet hulle verban word. Wat is die doel daaraan om n lewensgevaarlike uitdaging op te laai……belaglik. Ek sal Tik tok of die persoon wat dit geplaas het Hof toe vat

Kokerboom ·

Soo tragies. So ‘n pragtige kind. Die wêreld is diep boos

Groen-oog ·

Christene ek sien nou jou boodskap en ja dis waar ons kleinkinders is nou die “targeýts” .

In ons tyd was n geboorte n NORMALE gebeurtenis. Maar vandag se Geboorte gee n dodelike gebeurtenis want die mamma kan skaars “cope” deur die proses. Nou as ek die goed lees van jong kinders met fone dan weet ek hoekom mammas by die dood omdraai.

DIE BABAS WORD GEBORE MET FONE EN TABLETS IN HULLE HANDJIES.

Hennie ·

Hy het eintlik n geruime tyd gelede gesterf, maar sy ouers het hom aan die “lewe” probeer hou deur die Howe. Rus in vrede jong man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.