Chauvin kry nóg 21 jaar ná Floyd se dood

Derek Chauvin, ‘n voormalige beampte van Minneapolis in die VSA, tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Court TV/AFP)

Die voormalige Amerikaanse polisiebeampte Derek Chauvin is Donderdag ’n verdere 21 jaar tronkstraf opgelê ná die skuldigbevinding op afsonderlike federale aanklagte van die skending van George Floyd se regte. Chauvin dien reeds ’n vonnis van 22 en ʼn half jaar tronkstraf uit vir die moord op Floyd. Hierdie vonnis is in Junie opgelê.

Chauvin het in Desember 2021 skuldig gepleit op aanklag van die skending van Floyd se burgerregte tydens sy inhegtenisneming in Mei 2020.

Maroela Media het vroeër berig Floyd is in Minneapolis dood nadat Chauvin langer as nege minute met sy knie op ʼn geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het. Floyd se inhegtenisneming volg nadat hy glo ʼn vervalste $20-noot gebruik het om ʼn pakkie sigarette mee te koop.

Chauvin is in April vanjaar skuldig bevind op Floyd se moord.

Die staat- en federale vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Chauvin sal toegelaat word om sy federale vonnis in ʼn federale tronk uit te dien.

Federale aanklaers het ʼn vonnis van 25 jaar geëis.

Chauvin het intussen ook appèl teen sy skuldigbevinding vir die moord op Floyd aangeteken.

Drie ander polisiebeamptes wat tydens Floyd se noodlottige inhegtenisneming op die toneel was – Tou Thao, Alexander Kueng en Thomas Lane – is ook aangekla van die skending van Floyd se grondwetlike regte.

Keung en Lane het gehelp om die geboeide Floyd in bedwang te hou, terwyl Thao omstanders weggehou het.

Lane het skuld beken op aanklag van moord en is saam met Thao en Kueng skuldig bevind aan die federale aanklagte van die skending van Floyd se burgerregte.

Thao en Kueng gaan teen einde Oktober teregstaan op die staatsaanklag van manslag.

In ’n aparte saak het Chauvin ook skuldig gepleit op die skending van die grondwetlike regte van ʼn 14-jarige seun. Chauvin het in 2017 die geboeide seun met sy gesig na onder op die grond vasgehou en hom verskeie kere met ʼn flitslig op die kop geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Laksman ·

maak ook seker die vonnisse is polities korrek…….anders brand die land weer.

T-Man ·

Hulle moet maar n wet inbring waar die polisie kriminele inhegtenis neem met n bos blomme en sjokolade en n massage.

Keelvol ·

Die amerikaanse regstelsel is net so n groot klug. 12 mense wat nie een regs kennisse het nie, het besluit Hy’s skuldig.

anniekiewiet ·

Chauvin is in April vanjaar skuldig bevind op Floyd se moord.
Skuldig bevind “op moord” of “aan moord”?

Jannie van Niekerk ·

Floyd is nie vermoor nie. ‘n Misdadiger het gesterf omrede ‘n polisieman sy werk behoorlik gedoen het en nou is die polisieman skulkig en die misdadiger die slagoffer.

Mallie ·

Dis belaglik. Regte moordenaars kom met ligter strawwe weg.

Paul ·

George Floyd was ‘n gewoontemisdadiger en het reeds op ouderdom 16 sy eerste GEWAPENDE ROOF gepleeg. Hy het’ n rapsheet gehad hiervandaan tot op die maan. Footage was gewys op Foxnews. Ten tye van sy inhegtenisneming was hy onder die invloed van’ n dwelm wat asemhaling nadelig beinvloed. Maar volgens die media was Chauvin se optrede alleenlik verantwoordelik vir sy dood. Praat nie Chauvin se optrede goed nie, maar die liberale media maak hierdie ou die “hero” en Chauvin die “skurk”….

Drikus ·

Vir my is dit duidelik dat daar ‘n politieke agenda is om die Polisie te diskrediteer. Die arme ou het die dag nie opgestaan en vooraf beplan hy gaan iemand dood maak nie. Dit klink vir my op die ergste soos strafbare manslag. Amerika gaan al hoe minder polisie manne kry, en die wat daar is gaan, net soos ons Polisie, niks meer doen nie. Ek kry die Amerikaanse publiek jammer, daar kom swaar dae vir hulle.

Eden ·

Dit raak maar moeilik om ‘n wit poliesman in Amerika te wees. Hy rn Janus Walus sal seker nooit vry kan rondloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.