Covid-19: Só staan sake in die buiteland

Betogers Saterdag in Austin, Texas. (Foto: Eric Gay, AP)

Altesaam 2 341 475 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is in dié stadium in 210 lande aangemeld. Byna 161 000 mense het reeds weens dié virus omgekom terwyl 600 977 reeds herstel het.

Die VSA is steeds die episentrum van die virus met 738 923 bevestigde gevalle tot op hede aangemeld. Net meer as 39 000 sterftes is in dié land aangemeld.

Die land blyk vordering te maak met die Amerikaanse deelstaat New York wat nou veel minder gevalle aanmeld. Honderde duisende betogers in Texas, Maryland, New Hampshire en Ohio dring nou daarop aan dat afsondering in dié state opgehef word. Die afsondering is deur die betrokke state se goewerneurs ingestel.

Betogers het Saterdag die strate ingevaar en daarop aangedring om terug te gaan werk toe nadat sowat 22 miljoen mense in die VSA die afgelope maand aansoek gedoen het vir werkloosheidsvergoeding. Slegs noodsaaklike dienste gaan in dié stadium in state voort waar ’n afsonderingstydperk ingestel is.

Volgens pres. Donald Trump van die VSA is dié afsonderings oorhaastig ingestel en onredelik.

Europa

‘n Vrou dra ‘n gesigskerm in Pamplona, in die noorde van Spanje,(Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Spanje het tans die meeste Covid-19-gevalle van al die Europese lande. Dié land het reeds 194 416 bevestigde gevalle aangemeld. Altesaam 20 639 mense in Spanje het reeds weens die virus omgekom, terwyl 74 797 reeds herstel het.

Die Spaanse owerhede onderneem om hul toetsvermoë te verbeter terwyl sommige regulasies in dié land vroeër vandeesweek verslap is. ’n Algehele landwye afsondering is in Maart in dié land ingestel. Kinders is aanvanklik verbied om die huis te verlaat tydens die afsonderingstydperk en slegs volwassenes is toegelaat om noodsaaklike goedere aan te koop.

Pedro Sánchez, die Spaanse eerste minister, het intussen aangedui dat kinders van 27 April toegelaat sal word om uit te gaan om “vars lug te kry”.

Diegene wat nie in staat is om tuis te werk nie, word ook van vandeesweek toegelaat om terug te keer werk toe. Sowat 300 000 nienoodsaaklike werkers het gevolglik Maandag in Madrid en omgewing teruggekeer werk toe. Winkels, restaurante en kroeë bly egter in dié stadium gesluit.

Afrika

Thomas Thabane, Lesotho se eerste minister.

Die weermag is oor die naweek in Lesotho ontplooi om wet en orde te handhaaf tydens die land se algehele landwye afsondering.

Thomas Thabane, die land se eerste minister, het Saterdag gesê hy het besluit om die weermag te ontplooi nadat die land se konstitusionele hof beslis het dat die eerste minister se besluit om die parlement te ontbind, irrasioneel was.

Thabane het in Februarie aangebied om teen Julie as eerste minister te bedank te midde van ʼn ondersoek na die moord op sy vervreemde vrou in 2017. Die polisie in Lesotho vermoed Thabane is by die moord betrokke.

Thabane se besluit om die land se polisiekommissaris, Holomo Molibeli, te skors is Vrydag deur die hooggeregshof in Lesotho van die hand gewys wat beslis het dat enige skorsing nie geldig sou wees totdat ʼn appèl aangehoor is nie.

Die eerste minister het Woensdag ʼn noodtoestand in dié land verklaar weens die Covid-19-pandemie ondanks die feit dat daar tot dusver geen bevestigde gevalle van die virus in Lesotho aangemeld is nie. ʼn Landwye afsondering is tot 21 April in dié land van krag.

Bronne: BBC, CNN, Sky News, Aljazeera, Wordometer, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

And here i thought old donald can think for himself. Yes, we get it. We have to work to earn to survive. But let me remind you. No virus on mother earth cares a flying fig about money or food or work. It just want a host to cause destruction. So. Suck it up and wait.

ZeldA ·

Nee stem nie saam met jou nie. Sit jy sonder n inkomste? Wel ek doen vir 2 maande met 2 kinders!!!! Sê jy vir jou kinders dat hul nie nog kos vandag kan kry en dan daar net een ete is omdat jy jou laaste paar rand probeer rek sodat hul wel tenminste eenkeer n dag iets in hul maag het?

Fedup ·

Hi zelda. I am unemployed. My husband is at home since the start of the lockdown. No work, no pay. He won’t earn any income till this lockdown is lifted. I do understand exactly how you feel and what you are going through. I have family as well and its not easy at all. But unfortunately one’s health is extremely important. I know you want to climb the walls. I really do feel for you and your family, but what can we do? We have to wait for this virus to move on.

katerinadiekat ·

Zelda kan jy deur Maroela se bestuur op n manier jou bank rek nommer aan my gee. Ek sal vir jou bietjie geld inbetaal.

katerinadiekat ·

Of gee jou sel nommer vir my. Dan praat ons op Whatsapp. Want ek wil regtig vir jou help.

ZeldA ·

Kan sien jy verdien n salaris nog. Ons sit 2 maande al sonder n inkomste….die rande WIL nie meer rek nie!!! En 2 kinders wat moet eet

Dr Pieter ·

Sjoe, maar die berig loop wye draaie onder die opskrif van Covid-19.
Kan ons nie maar afsonderlike berigte kry met behoorlike detail van elk nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.