Dodelike bombardering van Gaza voortgesit

‘n Vuurbal ontplof na ‘n Israelse lugaanval op Gazastad. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Israel het sy dodelike bombardering van die Hamas-beheerde Gaza-strook Dinsdag voortgesit. Dit nadat die Palestynse militantegroep gedreig het om sommige van die nagenoeg 150 gyselaars dood te maak indien lugaanvalle sonder waarskuwing voortgesit word.

Israel het Maandag reeds ʼn totale aanslag op die Gaza-strook geloods en het water, krag en kos na die streek opgeskort. Dit het vrese laat ontstaan dat ʼn reeds haglike humanitêre situasie bitter vinnig gaan vererger.

Israel steier ná Hamas se ongekende lug-, grond- en see-aanval en vergelyk dit met die 9/11-aanvalle op die VSA.

Die dodetal in Israel het reeds tot meer as 900 gestyg. Die land het gereageer deur ʼn vlaag aanvalle op Gaza te loods, waar die dodetal nou op 687 staan.

Die Israelse weermag het Dinsdag gesê hy het “min of meer beheer herstel” oor die Gaza-grens ná Saterdag se massa-inval deur gewapende Palestynse aanvallers.

Die weermag sê hy het die liggame van sowat 1 500 Hamas-militante herwin, ʼn aanduiding van die omvang van Saterdag se aanval. Die weermag is ook byna klaar om gemeenskappe in die omgewing van die grens na veiligheid te neem.

Vuurballe het Gazastad Dinsdag herhaaldelik in lig gebaai terwyl ontploffings gehoor kon word en sirenes bly loei het.

Hamas het Maandag gesê Israelse lugaanvalle het tot die dood van vier van sy gyselaars gelei. Later het die groep gesê hy sal gyselaars dalk self begin doodmaak.

“Elke teiken van ons mense sonder waarskuwing sal deur die doodmaak van een van die gyselaars beantwoord word,” het Hamas se gewapende vleuel, Ezzedine al-Qassam Brigades, in ʼn verklaring gesê.

In ʼn toespraak op TV laat Maandag, het Israelse premier Benjamin Netanyahu die Hamas-groep met die Islamitiese Staat (IS), ook bekend as Isis, vergelyk en gesê Israel beoog om “ongekende mag” te ontplooi.

“Hamas-terroriste het kinders vasgevind, verbrand en vermoor. Hulle is barbare. Hamas is Isis,” het Netanyahu gesê.

Hy het ook onderneem om magte in die noorde teen Hezbollah te versterk, waar militante en Israelse magte vir ʼn tweede dag op mekaar gevuur het. Hamas het nog vuurpyle tot so ver as Tel Aviv en Jerusalem gevuur, terwyl missielverdedigingstelsels teruggevuur en lugaanval-sirenes geblêr het.

Israel het ook 300 000 reserviste opgeroep vir sy “Swaarde van Yster”-veldtog.

Yoav Gallant, minister van verdediging, sê Israel sal ʼn “totale aanslag” op die enklave met sy sowat 2,3 miljoen inwoners uitvoer. “Geen krag, geen kos, geen water en geen gas nie – dit is alles afgeskakel.”

Die hoof van die Verenigde Nasies (VN), Antonio Guterres, het sy diepe kommer oor die aanslag te kenne gegee en gewaarsku dat Gaza se reeds bedenklike humanitêre situasie nou “net eksponensieel gaan vererger”.

Palestyne in die kusgebied staal hulle vir wat talle vrees ʼn massiewe Israelse grondaanval gaan wees in ʼn poging om Hamas te verslaan en die gyselaars te bevry.

Israel, wat spog met ʼn tegnologies gevorderde weermag en hoogs doeltreffende intelligensiedienste, is geruk deur die verrassingsaanval en ʼn oorlog op verskeie fronte staar die land nou in die gesig.

Hamas se aanval het die Gaza-grensstrook binnegedring – ʼn gebied wat as haas ondeurdringbaar beskou is en bewaak word met die hulp van onder meer waarnemingskameras, hommeltuie, patrollies en wagtorings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mnr De Beer ·

Goed en well. Maar dan tree n mens nie op soos n terroris en maak onskuldige vrouens en kinders dood nie. Jy neem kinders na veiligheid. Dan gaan maak jy oorlog as jy vir jou land of n ander land wil veg. Simpel hoe terrorisme agter vrouens en kinders skuil. Dan neem hulle videogrepe hoe hulle onskuldige mense leed aandoen. Nee wat.

Schalk ·

Dankie tog, daar is lesers met insig en verstand, kon dit nie beter stel nie.

Vrijburger ·

Dalk moet jy ‘n bietjie verder terug gaan in die geskiedenis, nog verder as die ‘Partition Resolution’ van 1947 en selfs verder as die ‘Balfour Declaration’ van 1917.

Watsenaam ·

Ek dink die tyd het nou aangebreek dat die Jode terug sal gaan na Isreal toe, soos tevore voorspel is. Wakker slaap, Die vyand kom soos n goddelose dief in die nag, soos ons dit tans in ons land beleef. Sorg dat jy en jou geliefdes gereed is soos dit vir die eind-tyd voorspel is.

Jackie ·

Ek kan nie glo dat Israel aan die slaap gevang is nie. Ek het altyd geglo hulle onaantasbaar wanneer dit by die beveiliging van hulle land en mense kom.

Keelvol ·

Ek ook nie, maar iewerste het daar n leemte in die intelligensie ontstaan. Maar volgens berigte is die ding deur Iran beplan en hulle dit goed beoefen. Maar soos met Entebbe en Munich gaan Iran n duur prys betaal.

kragaap ·

Een ding wat terroriste organisasies goed kan doen is slagoffer speel maar agteraf die wreedste en mees slu van almal, veral teenoor hulpelose teikens. Dis waarom die ANC en Hamas soveel in gemeen het.

Hennie ·

Glock is nie Amerikaans nie. Dit is baie maklik om wapens in die Midde Ooste te bekom.

Ryan ·

Volgens Arthur Koestler, skrywer van The Thirteenth Tribe , is hedendaagse Jode nie die oorspronklike Jode van die Bybel nie maar afstammelinge van die Turke.

hpven ·

Nie een van ons is meer oorspronklike afstammeling van waar ookal nie. Dit regverdig egter nie terrorisme nie!
Of mens is saam hulle, die terroriste, of teen hulle deur hulle totaal uit te wis.

Gerhardus ·

Wat het dít met dit alles uit te waai? Die oorspronklike Jode van die Bybel is almal al duisende jare terug dood.

Marthinus W ·

Hulle word histories Khazaars genoem, en het in die gebied van die Donbas in Oekraine ontstaan. Hulle het Judaisme aanvaar omdat hulle omring was deur Christene [Rusland], Moslems, Boeddhiste en ateiste. Die meeste Israelis is ook Russiese Jode, wat vanuit die Sowejtunie geimigreer het gedurende die 1970s veral.

In Romeine 3 is dit baie duidelik: die Jode kry NIE voorkeur bo ander volkere nie, want almal is sondig. God het juis die Jode oor die aarde versprei omdat hulle Mammon aanbid.

Gerhardus ·

Dit was ‘n lafhartige aanval op Israel deur Hamas. Hulle sal nou op al die media netwerke kom simpatie soek en maak of hulle die slagoffers is, terwyl hulle sélf vroue en kinders gemartel, verkrag en doodgemaak het. Húlle het die aanval begin. Ek het géén simpatie met hulle nie. Hulle het die poorte van die hel oopgemaak en moet maar die wraak vat wat hulle kant toe kom, al kruip hulle agter gyselaars en burgerlikes weg. Lafaards!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.