Foto’s: Só lyk grootste supermaan van 2020

Die supermaan skyn oor ʼn Christelik-Ortodokse kerk in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Mense het sedert Maandagaand die hemelruim met die grootste supermaan van 2020 wat wêreldwyd te siene was, bewonder.

Dié supermaan is die grootste en helderste volmaan van die jaar en sal na verwagting tot Donderdagoggend duidelik sigbaar wees.

Volgens die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimteadministrasie (Nasa) verskyn ʼn supermaan wanneer die maan op sy naaste aan die aarde is. Dié supermaan, ook bekend as die pienkmaan, is vanjaar 356 942 km van die aarde af.

Só lyk dié besonderse supermaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Burgermeester ·

Dankie vir die deel. Ek was gisteraand te moeg om op te bly net om na die maan kyk.

katerinadiekat ·

Baie mooi fotos. As n kunstenaar en fotograaf is Maroela se foto artikels een van my gunsteling dinge. Wens ek kon n behoorlike filter vir my DSLR kamera bekostig maar dit kos n plaas se geld.

Cherokee ·

Katerinadiekat, wanneer jy die maan afneem, kan jy teen ‘n redelik vinnige spoed kliek, want die volmaan is helder verlig. Watter filter jy nodig het sê jy nie, maar as jou zoom nie genoeg is nie, staan op ‘n stoel wanneer jy die maan afneem.

Stof ·

Dit is nie net die mens wat hierdie besondere verskynsel waardeer het nie. Ek is daarmee saam, bederf met ‘n besondere musikale weergawe van ‘n aria uit la Luna, deur die teef in my lewe. Sy het vir enkele minute op die gras gaan sit, passievol die maan gadegeslaan, en met haar maangesang, ook as viervoetige, haar bewondering hoorbaar gemaak. Duidelik nie net mense wat só ‘n mooi maan, waardeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.