Franse boere ruk op oor hoë selfmoordsyfer

‘n Opblaaspop in ‘n oorpak hang aan ‘n boom buitekant die parlement in Parys in Frankryk (Foto: Thomas Coex, AFP)

ʼn Groep boere het Donderdag na die parlement in Parys, Frankryk, opgeruk en opblaaspoppe geklee in oorpakke aan bome opgehang. Dié optog is gehou om bewusmaking te skep oor die toenemende aantal selfmoordgevalle onder boere, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die toenemende skuldlas in die beroep.

Die MSA-agentskap vir maatskaplike sekerheid vir landbouwerkers in Frankryk het bekendgemaak dat altesaam 372 boere in 2015 hul eie lewe geneem het. Dit is 20% hoër as die selfmoordsyfer van die algemene bevolking. Volgens die syfers word bees- en melkboere die ergste geraak.

Ongeveer 70 boere het Donderdag aan die betoging deelgeneem. Sebastien Heraud, adjunkpresident van die Coordination Rurale-boerderyvakbond en ook ’n groenteprodusent, het die Franse regering toegespreek en gesê dat hy boere aan die “galg van globalisering” oorgelaat het.

Coordination Rurale skat dat sowat 1 500 van die 400 000 boere in Frankryk jaarliks bankrot verklaar word.

Die boere voel dat hulle nie billike pryse vir hul produkte en goedere kry nie. Ander kla weer dat hul gewasse se opbrengste benadeel word vandat hulle minder plaagdoders gebruik weens druk van omgewingsbewustes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Hier bid boere om aan die lewe te bly en om vir ons te sorg. Maar CR wis van geen ongerymdhede nie, alhoewel hy saam eet.

Jaco ·

Ek stem saam,hulle het maar min om oor te klae as jy kyk wat hier aangaan.

Jedi Knight ·

Optogte sal baie meer effektief wees as jy na die betrokke minister se privaat woning opruk. Of na sy kinders se wonings.

Jedi Knight ·

Sterkte aan Frankryk se boere. Ek hoop nie dit was n vreedsame optog met n petisie en memorandum nie. Daai goed het geen effek nie.

Cecilia ·

Ja d boere is aan d genade van d kopers v hul produkte oorgelewer. As voedsel duurder word. Kry d boer nie meer geld vir d selfde hoeveelheid gelewer nie. No Ways. D kaders steek dit in hul oorvol koffers.
Vra net n melkboer wat kry hy vir n ltr melk. En gaan kyk wasrvoor Clover dit verkoop. Belaglik man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.