Harry, Meghan verwelkom babadogtertjie

Prins Harry en Meghan (Foto: @misanharriman/Twitter)

Prins Harry en sy vrou, Meghan, het Sondagaand die geboorte van hul dogter, Lilibet Diana, aangekondig.

Die hertog en hertogin van Sussex sê in ’n verklaring klein Lili is vernoem na haar oumagrootjie, koningin Elizabeth II, wie se noemnaam Lilibet is.

Haar middelnaam, Diana, is gekies om haar ouma Diana, die prinses van Wallis, te vereer.

Lili, die agtste aanspraakmaker tot die Britse troon en die koningin se 11de agterkleinkind, is Vrydag in Santa Barbara in Kalifornië gebore. “Sy het 3,2 kg by geboorte geweeg. Ma én kind is gesond en tuis,” lui die verklaring.

Die hertog en hertogin van Sussex woon naby Los Angeles nadat hulle vroeg verlede jaar die koninklike lewe vaarwel geroep het. Hul seun, Archie, is twee jaar oud.

“Sy is meer as wat ons ooit kon verwag,” skryf Harry en Meghan op hul webtuiste, Archewell.

Die koninklike familie het Sondag in ’n verklaring gesê hulle is verheug met die geboorte van klein Lili.

Ook die Britse premier, Boris Johnson, het die egpaar geluk gewens met die geboorte van hul tweede kind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie J ·

Het die poniekoerante al begin vra wat die gelaatskleur van die baba is?

Yvonne ·

Hierdie vrou se finansiële skatkis is letterlik haar kinders. Hoe meer, hoe beter. Harry is nie meer ‘n noodsaaklikheid nie.

Jr ·

Ons het ook n baba gehad sowel as duisende ander mense in die wêreld. SO WHAT WHO CARES

Cecilia ·

D media is feeding the dragon deur tyd aan hul te gee.
Sny hul af laat ou Harry’tjie gaan job soek in d USA.

Sarel ·

Wanneer gasn fie twee net verdwyn ….
Gedurige soeke na azndag en kan maar nie weg bly vzn die Pers af nir

Niklaas ·

Hul wil beslis met daardie naampies weer guns wen by Haar Majesteit die Koningin. Dalks het hulle ‘n verskuilde agende en wil weer as koninklikes in Brittanje begin optree. Ons sal maar sien.

Cecilia ·

Ek verstaan nie d 2 so mooi nie. Hul hol weg USA toe want hul wil nie hul Royal duties doen nie en wil nie in d kollig wees nie. Maar as jy d nuus oopmaak vertel dit iets vd 2. Hul maak tonne dollars deur hul “sad” storietjies aan ou Oprah te verkoop.
D kind is net na d Queen vernoem want ou Harry’tjie moet sy pyplyn oophou as d lewe in d USA nie meer so lekker is nie.
My persoonlike opinie. Sny d 2 af vd media en d lekker vet tjeks.

Belinda ·

Boring nuus… as ek mag vra, wat is die koninklikes se van? of word die kinders geken as net byvoorbeeld “sarie” soos ons maar hulle ken as net Prins die of daai?

Annelize ·

Enige nuwe baba is goeie nuus, maar ek hoop nou nie die twee dink die naam Lilibet moet nou verbrande brue herbou nie. Na wat die twee alles kwytgeraak het, waarvan ek persoonlik dink die helfte is aangedikte liegstories, gaan dit meer as net ‘n naam vat om bande weer mee te smee. Dis nou pure gatkruip as jy my vra.

Vrijburger ·

LOL. ‘Harry the woker, previously known as prince’.

Johan ·

Sy is die enigste persoon wat ‘n prins in ‘n padda kon verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.