Honderde dood ná lugaanval op Gaza-hospitaal

Israel en Palestina probeer nou die skuld op mekaar pak vir die lugaanval op die Al-Ahli-hospitaal in Gaza Dinsdagmiddag, waartydens honderde omgekom het. (Foto: Husam Zomlot/X)

Israel en Palestina probeer nou die skuld op mekaar pak vir die lugaanval op die Al-Ahli-hospitaal in Gaza Dinsdagmiddag, waartydens honderde omgekom het.

Gesondheidsowerhede in Gaza sê tussen 200 en 300 mense is dood ná die bombardering van die hospitaal. Hamas het in ʼn verklaring gesê 500 is dood.

Die Israeliese weermag het Palestynse militante blameer en gesê ʼn uitgaande Islamitiese djihad-vuurpyl is verkeerd afgevuur. Hamas beweer nou weer op sy beurt dat dit ʼn lugaanval van die Israeliese weermag was.

Op die ramptoneel in Gaza was daar tonele van chaos terwyl die beseerdes en dooies na nabygeleë mediese sentrums geneem is.

Daar het talle liggame met bloedbevlekte lakens en wit plastiekomhulsels in rye op die hospitaalvloer gelê. Geskokte en hartseer familielede het probeer om geliefdes te identifiseer.

“Ons was besig met ʼn operasie in die hospitaal toe daar ʼn sterk ontploffing was en die plafon op die operasiesaal ingeval het,” sê Ghassan Abu Sittah, ʼn dokter van die mediese liefdadigheidsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF).

“Hospitale is geen teiken nie. Hierdie bloedvergieting moet stop. Genoeg is genoeg.”

Voor Dinsdag se voorval het die hospitaal in die noorde van Gaza die gewondes en ontheemdes beskut teen ʼn intense Israeliese bomaanval.

Israel het een miljoen inwoners van die noorde van Gaza gewaarsku om suid te vlug voor ʼn verwagte grondinval.

Die aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, verteenwoordig die Anglikaanse kerk, wat die Arabiese Al-Ahli-hospitaal bestuur.

Hy het gesê die hospitaal is een van verskeie mediese fasiliteite in die noorde van Gaza wat onderhewig is aan ontruimingsbevele en dat dit reeds op 14 Oktober deur “Israeliese vuurpylvuur” getref is, wat vier personeellede beseer het.

Die VN se werksagentskap UNRWA sê meer as een miljoen Palestyne – byna die helfte van Gaza se bevolking van 2,4 miljoen – het uit hul huise gevlug.

“Daar is lyke in die strate. Geboue stort op die inwoners neer,” sê Jamil Abdullah, ʼn Palestynse Sweed, steeds hoopvol om uit die geblokkeerde enklawe te vlug.

“Die reuk van die dooies is oral.”

In Israel het tientalle roubeklaers bymekaargekom vir die begrafnis van vyf lede van dieselfde gesin wat dood is toe militante by Kfar Aza aangeval het. Al vyf kiste was in Israeliese vlae gedrapeer.

Daar is vordering met die diplomatieke bod om minstens 199 gyselaars wat deur Hamas geneem is te bevry. Turkye het gesê hy voer samesprekings met Hamas om hul vrylating te verseker.

Hamas het ʼn video vrygestel van een van die gevangenes, die Frans-Israeliese vrou Mia Shem.

Haar ma, Keren Shem, het ʼn emosionele pleidooi vir haar veilige terugkeer gerig. “Ek smeek die wêreld om my baba terug te bring huis toe,” het sy op ʼn nuuskonferensie in Tel Aviv gesê.

Woede oor bloedvergieting

Israel het 11 dae lank kwynende aanvalle op die Hamas-beheerde Gaza uitgevoer – vergelding vir die moord op 1 400 Israeli’s wat op 7 Oktober in oorgrensaanvalle geskiet, vermink en verbrand is.

Selfs te midde van die onsekerheid oor wat die voorval by die hospitaal onder Christen-bestuur veroorsaak het, was daar vinnige en wydverspreide internasionale veroordeling.

“Die verantwoordelikheid vir hierdie misdaad moet duidelik vasgestel en die oortreders aanspreeklik gehou word,” het Josep Borrell, hoof van buitelandse beleid van die EU, gesê.

Van Tripoli tot Teheran heers ʼn woedende reaksie oor die ganse Moslem-wêreld heen.

Betogers in Jordanië – die tuiste van miljoene Palestynse vlugtelinge – het probeer om die Israeliese ambassade te bestorm.

In Libanon het betogers met veiligheidsmagte buite die Amerikaanse ambassade gebots. Klippe is gegooi en ʼn gebou is aan die brand gesteek.

Hezbollah, Libanon se magtige Iran-gesteunde gewapende militante groep en politieke party, het vir ʼn “dag van woede” gevra.

Met duisende mense wat in konflik dood is en die situasie wat net vererger, het Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Woensdag gevra vir ʼn “onmiddellike humanitêre wapenstilstand”.

Moeilike vrae

Die afgryse van die gebeure by die Al-Ahli-hospitaal het veroorsaak dat ʼn vierrigtingberaad in Amman met Palestina se president, Mahmud Abbas, Jordanië se koning, Abdullah II, en Egipte se president, Abdel Fattah al-Sisi, gekanselleer is.

Dit sal gehou word “wanneer die besluit geneem is om die oorlog te staak en ʼn einde aan hierdie slagtings te maak”, het Jordanië se minister van buitelandse sake, Ayman Safadi, gesê.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, se besoek aan Israel sal steeds voortgaan. Daar word van hom verwag om solidariteit met Israeli’s uit te spreek oor die Hamas-aanvalle, wat ook verantwoordelik is vir die dood van 31 Amerikaners.

Die Wit Huis wil ook stappe sien om die humanitêre trefslag van Israel se militêre reaksie te beperk, wat hulp toelaat om die versperde Gaza-strook binne te gaan.

Internasionale kommer en noodwekroepe het toegeneem oor die verwoestende uitwerking van die oorlog op Palestynse burgerlikes.

Ongeveer 3 000 Gaza-burgers het in die lugveldtog gesterf, onder wie verskeie senior leiers in die organisasie, volgens die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid.

Woonbuurte is heeltemal verwoes en oorlewendes word gelaat met ʼn kwynende voorraad kos, water en brandstof.

Washington wil ook keer dat die konflik na die Wesoewer, Libanon en verdere gebiede oorspoel.

John Kirby, woordvoerder van die Nasionale Veiligheidsraad van die Withuis, het aan boord van Air Force One gesê Biden sal Netanyahu “moeilike vrae” oor die pad vorentoe vra.

Tienduisende Israeliese troepe is na die grens ontplooi ter voorbereiding van ʼn volskaalse grondaanval.

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het belowe om “Hamas te verslaan”, hoewel die presiese militêre doelwitte onduidelik bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

annie ·

Die begin van WW3 soos die Palestyne beplan het. Fop-nuus a la King! Die Kaap sal nooit weer dieselfde wees nie. Dieselfde film gaan in Kaapstad uitspeel. En die DA sal… Vergeet maar van droom oor ‘n nuwe…

MC ·

Wel, die skuldige sal wel te voorskyn kom. Miskien moet Pandor weer die Hamas leier lui om te hoor wie so opportunisties kon wees. Gelukkig is daar sateliete wat presies kan sien waar hierdie missiel vandaan gekom het.

Cherokee ·

Jy noem iets uiters interessant, wat vele se gedagtes ontgaan het. Myne ook. Satelietfotos sal die skuldige uitwys.
Op ‘n ander noot, Hamas is vinnig om uit te wys wanneer Israel onverwagse plekke bombardeer. Hulle het steeds nie die oorspronklike aanval wat die oorlog begin het, probeer verskoon nie. Nêrens het ek gelees dat hul aanval spesifiek op militêre instansies gemik was.

Porseleintjie ·

Ek stem saam jou Eugene. Dalk n poging deur die Palestyne om die wêreld teen Israel te laat draai.

Pannies ·

Hamas het daarvoor gevra toe hulle die oorlog begin het met hul oorgrens terreur.
Hulle moenie nou huil nie.

Pawiljoen Rot ·

Hamas bom hulle eie mense om die wêreld te mislei en teen Israel te draai. WW3 gaan ‘n geloofsoorlog wees. En dit is baie scary….

Amelia ·

Waar was die reuse protesaksies na die ongeoorloofde, onwettige en skrikwekkende aanval van Hamas op Israel? Dis duidelik watter party die beste is met wêreldwye propaganda vir hulle saak. Selfs as dit bewys word dat Hamas self die hospitaal gebombardeer het, sal die massas wat Palestinië blindelings ondersteun seker nie eers van hul fout bewusgemaak word nie.

Gaitsigubib ·

Dis uit onkunde Marcha. Ons het so baie kans gehad om n les te leer. As die laaste 3 jaar nie vir mense gewys het ons die die owerhede nie vertrou nie,dan weet ek nie meer nie. Hulle sal beslis almal in lyn gaan staan om die merk van die dier te neem, jy moet net vir hulle vertel dis eintlik n sweetie.

marius ·

Sateliete sal die skuldiges uitwys . As dit Hamas is , sal daar niks aan gedoen word nie.

Karoo ·

Geen geweld en tereur ongeag van watter aard ookal kan goed gepraat word nie. Wat my die meeste skok, is hoe in ander lande mense wat verskillend nog altyd was en vreedsaam saam gelewe het nou teen mekaar draai en hulle “juig” daaroor.

Willem Buys ·

Miskien lees ‘n paar lesers hierdie mis: “hospitaal onder Christen-bestuur”. Ons Christen broers en susters in beide Gaza en Israel het ons gebede nodig.

Bekkie ·

As die Hamas Israel op so vieslike manier kon aanval, mense so te se kruisig, dan sal hul nie skroom om n Hospitaal ook aan te val nie

Gaitsigubib ·

Almal vergeet, ek hoop uit onkunde uit en nie a.g.v gerief nie, dat Israel Hamas begin het en gefinansier het van die grond af op om Yasser Arafat in n Palisteinse verkiessing te verslaan. Soms as jy vir jou n lat gepluk het moet jy buk en jou pak vat. Ek pes die radikale element in die Midde Ooste, so moet hierdie skrywe verkeerd opneem nie. Die eerste minister het egter meer aanhang is SA as in sy eie land. Lyk my in Israel is meer mense ojektief is as hier by ons. Die Mosad het vooraf geweet van hierdie aanval, ek laat my nie twak vertel nie. Hulle wil saam met hul kriminele vriende in die weste n geldige rede he vir Oorlog in die midde-ooste.

Twallie ·

Die IDF het ‘n konferensie gehou, waar hulle analise gewys het dat dit ‘n Hamas “misfire” was wat die hospitaal getref het. ‘n Israeli lugaanval sou die gebou vernietig het, nie net ‘n ontploffing en brand veroorsaak het nie. Die 500 slagoffers is ook bevraagteken.
DIe media is vinnig om Israel aan te vat, want die Arabiese lande kan mos maak met Israel wat hulle wil, maar Israel mag nie terugveg nie, volgens die westerse wereld, wat normaalweg geen idee het wat aangaan nie. Sodra Israel hulsef beskerm dan sien jy net Palestynse vlae die hele wereld vol.
Wys jou hoe siek die wereld is.

Pieter ·

Die vraag wat beantwoord moet word is die volgende: Is die n ge-isoleerde geval waar Israel sê dat dit was n palisteinse vuurpyl wat in palisteinse “grondgebied” geval het?” Die antwoord is voor die handliggend – honderde palisteinse vuurpyle het al in palisteinse “grondgebied” geval en van hulle eie mense beseer of gedood. Die palisteine weet dat was hulle eie vuurpyl gewees maar hulle kan nie verantwoordelikheid vir hulle dade aanvaar en dus blameer hulle Israel

Dana ·

Vanoggend ‘n artikel gelees wat sê die hospitaal is intact. Selfs ‘n motorafdak langs die hospitaal staan nog. Blykbaar lyk dit meer soos ‘n klompie voertuie wat aan die brand geslaan het. Wie weet wat die waarheid is? Gisteraand geluister na ‘n spesiale opdatering van Amir Tsarfati vauit Galilea. Hy het duidelike satteliet beeldmateriaal gewys ter bewys dat dit nie ‘n Israelse aanval was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.