Hospitaalontploffing: Vingers wys na Hamas, Islamiete

Skade wat aan die hospitaal in Gaza se parkeerterrein aangerig is, nadat ‘n vuurpyl hier geland het. (Foto: Twitter/ Lama Khater)

Saamgestel deur Elaine Krige

Bewyse wat die afgelope 24 uur deur onafhanklike ontleders en militêre kenners ingewin is, dui daarop dat Hamas, en nie Israel nie, verantwoordelik was vir die afvuur van ʼn vuurpyl wat ʼn hospitaal in Gaza getref het.

Maroela Media het vroeër berig die aanval op die Al Ahli Arab-hospitaal Dinsdagmiddag het glo die dood van tussen 300 en 500 mense veroorsaak en Israel en Hamas het onmiddellik die skuld vir die aanval op mekaar gepak.

Onafhanklike ontleders het aan The Washington Post gesê inligting wat op die toneel van die ontploffing ingewin is, dui nie daarop dat die verwoesting gesaai is deur enige van die bomme of missiele wat Israel gewoonlik gebruik nie. Dit lyk boonop nie of die skade so groot is soos wat Gaza se departement van gesondheid, wat deur Hamas beheer word, aanvanklik bekendgemaak het nie. Eerder as 471 sterftes, blyk dit dat tussen 110 en 300 mense in die ontploffing omgekom het.

Beamptes van die Amerikaanse departement van verdediging het nou ook bewyse ingevorder wat daarop dui dat die ontploffing by die hospitaal in Gaza deur die Palestynse Islamitiese Jihad (PIJ) veroorsaak is.

“Die Amerikaanse regering se ontleding wys dat Israel nié verantwoordelik was vir ʼn ontploffing wat honderde burgerlikes gister by die Al Ahli Arab-hospitaal in die Gaza-strook gedood het nie,” het Adrienne Watson, woordvoerder vir die Withuis se nasionale sekuriteitsraad gesê. “Ons analise is gebaseer op beskikbare intelligensie, missielaktiwiteit en oorhoofse beelde en videomateriaal van die gebeurtenis.”

Sy sê intelligensie dui daarop dat van die Palestynse militante glo die ontploffing was waarskynlik veroorsaak deur ʼn foutiewe lansering van ʼn vuurpyl deur die PIJ, ʼn groep wat bande met Hamas het.

Foto’s van die toneel wys boonop dat die missiel die parkeerterrein voor die hospitaal getref het en dat geen noemenswaardige skade aan die hospitaal se strukture aangerig is nie.

“Alle bewyse dui op die oomblik daarop dat die vuurpyl afkomstig was van Hamas of die PIJ,” het Blake Spendley, ʼn onafhanklike intelligensieontleder, aan The Wall Street Journal, gesê.

Tydens ʼn regstreekse perskonferensie oor die saak het admiraal Daniel Hagari, woordvoerder van die Israelse weermag, gesê hul inligting wys dat die PIJ Dinsdag 18:59 tien vuurpyle afgevuur het. Een van die vuurpyle, sê Hagari, het grond toe geval vroeër as wat dit moes en dit het die hospitaal se parkeerterrein getref. “Israel het nie op daardie tydstip enige ammunisie naby die hospitaal afgevuur nie.”

Hy sê ook Hamas het die getal sterftes opgeblaas. Hy het verder verwys na ʼn foto wat op sosiale media geplaas is, wat uitgebrande motors in die hospitaal se parkeerterrein wys. Hy sê uit die foto is dit duidelik dat die skade veroorsaak is deur vuurpylolie wat aan die brand geslaan het nadat die vuurpyl die grond getref het.

“Daar is geen bewyse van ʼn krater wat deur ʼn Israelse missiel veroorsaak is nie.”

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, sê ook alles dui daarop dat Hamas Israel vals beskuldig het. “Israel is uiters versigtig om nie die internasionale sentiment teen hulle te draai nie. Hamas aan die nader kant, wil die openbare mening teen Israel draai. Op hierdie stadium lyk dit regtig of daar genoeg bewyse is om te kan sê dat Israel nié vir die bombardering van die hospitaal verantwoordelik was nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Cherokee ·

Kommentators sê gewoonlik hoe hulle graag wil hê dit moet wees en lewer dikwels kommintaar. Dit ìs nodig dat ondersoekende inligting oor iets soos betrokke geval, gelewer word.

Fontein Tannie ·

Dis nogal merkbaar dat die wereld opinies heelwat stiller is as wat hulle was toe almal gedink het dis Israel wat verantwoordelik is…..

Agie@toeka ·

Israel is altyd versigtig en doen die regte ding om die mense daar te waarsku! Maar Hamas is n duistere groep en het al sulke dinge in die verlede gedoen om Israel slegter te laat lyk! Hulle is n klomp moordenaars wat nie huiwer om hule “eie” dood te maak nie. Gaan luister n bietjie na die “Green Prince” op you tube wat hy daar se by die VN.

Jan Jacobs ·

Luister gerus ook na die anglikanse kerk se woordvoerder wat by die hospital was

Jan Jacobs ·

Luister gerus ook na die anglikanse kerk se woordvoerder wat by die hospital was en nee dit is nie dupliserende kommetaar nie, kyk na beide se stellings

Anel ·

En ons “regering” was darem baie vinnig om Israel te beskuldig van oorlogsmisdade!

annie ·

Sjoe, julle het darem ‘n lekker kieskeurige wisser. Hamas en die Palestyne wil nie net ‘n afsonderlike tuisland hê nie, soos Zelensky met sy belaglike begeertes. Hulle wil Israel hê en Jerusalem as hoofstad. Maak klaar vir ‘n groot geveg en duur petrol en min kos op die tafels.

Ronel ·

Van die begin af geweet die skuldiges is Hamas. Israel het dan sover gegaan om die mense te waarsku om die Gaza streek te verlaat omdat daar aanvalle gaan kom. As hulle hierdie gewetenlose moordenaars, is, waarvoor die mense waarsku. Hierdie hele aangeleentheid, die dodetal aan die kant van Israel en verseker ook aan die kant van die Palesteine, kan net viir Hamas se deur gelê word! Hulle is die gewetenlose moordenaars wat niks vir niemand voel nie, nie eers vir Palestina nie. Hulle het hierdie doel voor oë, om Israel te vernietig en sal enigiets in hulle vermoë doen om dit te doen – selfs die Palesteine gebruik as “human shields”, hulle eie mense! Maar hulle moet een ding nie uit berekening laat nie. Hulle veg teen ‘n lewende God – nodeloos om te sê wie hier nie ‘n kans staan nie! Ek voel enige dag net so jammer vir die onskuldige Palesteine as vir Israel!

Marthinus W ·

As jy na die ontploffing kyk en luister, kon dit nie Hamas gewees het nie. Dit was te groot. Hamas kon onmoontlik so n groot bom gebou het. Dit stem ooreen met die Amerikaanse “bunker buster”. Natuurlik sal die hoofstroommedia die blaam op Hamas plaas, want dis n oorlogsmisdaad. Terloops, syfers van die VN wys dat Israel elke 15 minute n kind in Gasa vermoor.

Francois ·

Ons regering was vinnig om Israil te blameer. Hoop hulle sal die wereld omverskoning vra vir hulle stelling maar sal soos gewoonlik stilte handhaaf. Klomp patete. Dirco grootste rasiste

Lurock ·

Sjoe waar is die ANC se woordvoerder nou. Tjoepstil. Kon dit nogal verwag het. Hamas dans rond soos katte op warm plate wanneer die bewyse voorgelê word dat hulle self vir die aanval verantwoordelik was.

Die foto wys net skade aan motorvoertuie, is daar dan geen foto’s van die skade aan die gebouekompleks nie? Of is dit ook ‘n leuen?

Cherokee ·

Die algemene manier om sonder uitsondering van Islamiete te praat, laat my somtyds wonder of almal daarvan bewus is dat dit moslems is, waarvan gepraat word.

4ntj13 ·

Europese intelligensie het gister al gerapporteer dat daar slegs tussen 10 en 50 mense kon omgekom het, nie meer nie.
Dit is ook duidelik só op fotografie kort na die gebeure, insluitend hitte-fotografie van IDF.
Terroriste se weergawes is steeds hoofsaaklik in omloop. Dit het reeds betrekkinge tussen lande verongeluk, hierdie stories.

4ntj13 ·

Europese intelligensie het gister al gerapporteer dat daar slegs tussen 10 en 50 mense kon omgekom het, nie meer nie.
Dit is ook duidelik só op fotografie kort na die gebeure, insluitend hitte-fotografie van IDF.

Frances ·

In oorlog is daar nooit wenners of verloorders vir beide kante se siviele mense nie. In ons land word daagliks ongeveer 216 mense vermoor volgens misdaad statistieke, 78 000 per jaar. Ons is nie eers in n oorlog nie, maar niemand in die hele wereld dink dit is erg nie, behalwe ons eie mense wit en swart wat dit daagliks ervaar. Lande waarsku maar net hulle burgers dat ons n gevaarlike land is om te besoek en verder is daar nie so n “outcry” soos wat ons nou wereldwyd sien gebeurmet die Israel oorlog nie. In ons dan so n minderwaardige ou landjie dat die wereld maar net toekyk??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.