Israel teiken vlugtelingkamp, dood Hamas-bevelvoerder

Palestyne soek na oorlewendes ná die aanval op die Jabalia-kamp. (Foto: Skermgreep)

Minstens 47 mense is Dinsdag tydens ʼn aanval op Gasa se grootste vlugtelingkamp dood. ʼn Hamas-bevelvoerder wat glo nou betrokke was by die Palestynse militante groep se aanval op Israel verlede maand (en tientalle burgerlikes) is onder die sterftes.

ʼn Groot ontploffing het Dinsdag laatmiddag deur die digbevolkte Jabalia-kamp geruk.

Die Israelse weermag sê sy vegvliegtuie het ʼn “groot” tonnelkompleks by die vlugtelingkamp getref en “baie Hamas-terroriste”, onder wie die plaaslike bataljonbevelvoerder, Ibrahim Biari, in die proses gedood.

Jonathan Conricus, woordvoerder van die Israelse weermag, sê Biari was “deurslaggewend in die beplanning en uitvoering” van Hamas se aanval op Israel wat die lewe van 1 400 mense, van wie die meeste burgerlikes was, op 7 Oktober geëis het.

Israel word egter veroordeel vir sy vergeldingsaanval op die vlugtelingkamp.

Palestyne soek na oorlewendes ná die aanval op die Jabalia-kamp. (Foto: Skermgreep)

Bolivia het reeds al sy diplomatieke bande met Israel verbreek as ʼn “verwerping en veroordeling” van die aanval.

Gasa se departement van gesondheid, wat deur Hamas bestuur word, het op sy beurt die voorval as “ʼn gruwelike Israelse bloedbad” veroordeel en gesê die dodetal sal heel waarskynlik styg.

Die departement beweer dat Israel se vergeldingsveldtog in Gasa die lewe van meer as 8 500 mense geëis het. Hulle voer aan tweederdes was vroue en kinders.

Saoedi-Arabië het ook Israel se “onmenslike teiken” van die Jabalia-vlugtelingkamp veroordeel.

Rook trek uit Gaza. (Foto: Yuri CORTEZ / AFP)

Die Israelse weermag het Woensdag gesê sy magte het sedert die begin van die oorlog tussen hom en Hamas aanvalle op meer as 11 000 militante teikens in die Gasastrook uitgevoer.

Volgens Israel is twee van sy soldate vandeesweek dood toe troepe in “hewige gevegte” met Hamas-militante “diep binne die Gasastrook” betrokke was.

Hamas se gewapende vleuel, die Ezzedine al-Qassam Brigades, het belowe om Gasa in ʼn “begraafplaas” vir invalsmagte te verander.

Die Palestynse telekommunikasie-agentskap het Woensdag gesê telefoon- en internetdienste in Gasa is tans “heeltemal afgesny”. Dit is die tweede kragonderbreking binne ʼn week.

Rook trek uit Gaza, (Foto: JACK GUEZ / AFP)

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het internasionale oproepe vir ʼn humanitêre wapenstilstand van die hand gewys.

Hy sê ʼn wapenstilstand sal neerkom op “ʼn oproep vir Israel om oor te gee aan Hamas, om oor te gee aan terrorisme, om oor te gee aan barbaarsheid”.

“Dit sal nie gebeur nie,” sê Netanyahu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Danie ·

Dit is nie lekker nie en baie sal se dit is onmenslik maar konflik kom vanaf die mens se bestaan en daar sal altyd lewensverliese wees. Die een voel dit is reg en die ander voel dit is verkeerd maar ek voel persoonlik Israel moet die rook uit hulle skiet en klaar kry. Vee Hamas van die Kaart af en kry klaar. Daar sal ongelukkig verliese wees aan alby kante maar dit is maar die prys wat jy moet betaal om terrorisme te bekamp.

Spotty ·

Stem 100% saam maak skoon, Vee Hamas van die Kaart af en kry klaar

Amelia ·

Hamas het eerste aangeval dis net jammer onskuldige mense sterf agv van ander se besluite gaan maar oral so en gewoonlik is dit die verkeerde klomp wat probleem veroorsaak en en so sterf duisend onskuldige mense

Danie ·

Sou 7 Oktober nie gebeur het nie.
Het hierdie ook nie gebeur nie.
Hoekom sukkel mense so om hierdie eenvoudige beginsel te verstaan?
Sou Israel dit regtig om Hamas uit te roei word die wêreld voorlopig a beter plek.
Seker net totdat die volgende bose groep kop uitsteek.

Cherokee ·

Jou vraag ‘hoekom sukkel mense om hierdie eenvoudige beginsel te verstaan?’, is sinneloos, want ek dink beide kante verstaan dit kompleet, en nog geen een, ook nie die groot moondhede, het anders gepraat nie. Dit is tog algemene kennis, en jy gee voor dat die wêreld daarteen stry. Al wat die buite-wêreld vra, is dat burgerlikes nie geteiken moet word, maar die probleem is dat Hamas, die burgelike bevolking van Hamas, as skild gebruik.

Cherokee ·

…burgerlike bevolking van Gasa, as skild gebruik, is wat bedoel is.

Pieter ·

Kan ons nie dalk vir Israel vra om die klomp tonnels van die onwettige myners ook te kom toe skiet nie?

Henk ·

Pieter, die onwettige myners het ‘n keuse: Gaan grou onder haglike omstandighede onder in ‘n tonnel, of gaan beroof jou in jou huis. Hulle kies die tonnel.

Tubac ·

Dit is nou maar weer n bewys hoe agterbaks die wereld se leiers en ander instansies is. Israel is nou die vark in die verhaal en word nou verdoem. Rusland gaan nog steeds voort met hulle nonsens wat ook lewensverlies en skade veroorsaak. Wat nou!

Anje ·

Ek is jammer maar daar is geen verskoning vir kinders doodmaak nie, Nie van enige kant af nie. Maar Israel is besig om nou onmenslik op te tree. Hul is besig om die wereld teen hulle te draai. Kom ons wees maar eerlik. n Palesteinse lewe word nie so belangrik geag soos Israeliese lewe nie. Maar mense oral haal nou hul haat uit op die Jode ,maar hoeveel mense in die Israeli goewerment glo in God?

Josua ·

Anje, jy is totaal verkeerd niemand haal hul haat op die Jode uit nie inteendeel dit het niks met die Jode te doen nie maar dit is nie wat die media die wereld wil laat glo nie, dit is n blatante terroristiese ondergrondse organisasie wat hieragter skuil en onskuldige mense gebruik om hul agende te dryf. Hulle gaan skuil onder onskuldige mense(Jou Jode) se huise en geboue in Gaza en dreig hulle dan dat hulle vermoor, verkrag sal word indien hulle hulle sou teenstaan dit is presies hoe terrorisme werk. Wat jy egter vergeet het is dat Israel reeds vooraf gewaarsku het dat mense die GAZA strook moet ontruim sodat Israel se soldate met veiligheid die terroristiese opslagplekke en skuilings daar kan gaan “ontruim” daaraan is geen gehoor gegee nie en onskulidige mense is gebruik as buffer vir wat sou volg, ongelukkig moes daar steed opgetree word teen die verskuilde terroriste en ek glo met goeie inligting ingewin deur Israel se intelligensie diens dat nog n skuiling uitgewys is het onskuldige mense gesterf en is ongelukkig ook beseer maar daar het ook terroriste gesterf wat aandui dat hulle inligting “spot on” was, solank terroriste onskuldige mense gebruik as buffers gaan die dinge gebeur want dit is hoe hulle hulself verontskuldig en die media gebruik om hulle te verontskuldig en die wereld val daarvoor en so word die vinger na die verkeerde mense(Israel) gewys, dit is hoe SIELKUNDIGE en MEDIA oorlog werk dit veroorsaak die verdeeltheid en haat tussen nasies. Israel kon GAZA plat vee maar maak gebruik van uitstekende kommunikasie en intelligensie inligting en beplan daarom vooraf strategies hul aanvalle om onskuldige lewes verliese te verhoed.

Tubac ·

So, Rusland doen presies dieselfde. Is hulle nie ook skuldig aan onmenslikheid ens. nie?

Hans ·

Stem 100% saam met Josua. Israel het die volste reg om te doen wat hulle doen!

Patch ·

Hamas is baie slim. Hulle skuilings is op plekke waar burgerlikes woon en plekke soos hospitale waar hulle dink Israel nie aanvalle sal loods nie en Israel weet dit maar al te goed.
Dis is baie sleg dat onskuldige burgerlikes sterf in die aanvalle maar indirek is dit Hamas wat hierdie aanvalle veroorsaak om tussen en onder hulle te skuil.

Hendrik ·

Hamas is lafaarts. Hulle val weerlose burgerlikes aan, maar dan gaan kruip hulle tussen vlugtelinge weg. Dit herriner nogal aan die ANC se taktiek. Papbroeke.

Cherokee ·

Tubac, jý wat dit as ìn die kol beskryf, kan gerus ook Cherokee se kommentaar lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.