Israel wil inval, maar sommige waarsku teen ‘volksmoord’

Israeliese soldate. (Foto: Aris MESSINIS / AFP)

Meer as een miljoen mense het nou al hul huise in Gaza agtergelaat en noodgedwonge gevlug terwyl die Israeliese weermag voortgaan om die Hamas-beheerde gebied te bombardeer.

’n Inval (en volgens sommige ’n volksmoord) is intussen aan’t dreig.

Palestyne word in dié stadium gedwing om met soveel moontlik besittings suid van die enklawe te vlug terwyl ’n bedroefde (en woedende) Israel al duisende troepe buite die enklawe bymekaargemaak het ter voorbereiding vir wat hy ’n land-, lug- én seeaanval noem.

Die Israeliese weermag wag in die stadium op die “politieke” groen lig om die noorde van Gaza in te val.

“Ons is aan die begin van intense of versterkte militêre operasies in Gaza-stad,” waarsku Jonathan Conricus, woordvoerder van die Israeliese weermag. “Dit sal onveilig wees vir burgerlikes om daar te bly.”

Iran en Libanon se Hezbollah – wat Pakistan ondersteun –  waarsku egter dat ’n inval in Gaza met ’n reaksie begroet sal word.

Hossein Amir-Abdollahian, Iran se minister van buitelandse sake, sê indien Israel Gaza inval, kan “niemand waarborg dat die situasie beheer gaan word óf dat die konflik nie gaan uitbrei nie”.

Die Arabiese Liga en die Afrika-unie waarsku ’n inval kan lei tot “ ’n volksmoord”. Antonio Guterres, hoof van die Verenigde Nasies, sê die hele streek is “op die rand van die afgrond”.

Antony Blinken, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, sou vandag (Maandag) samesprekings in Israel hou ná ’n krisistoer deur Midde-Oosterse lande in ’n verwoede poging om ’n groter krisis in die wisselvallige streek af te weer.

Die Withuis is veral bekommerd oor die moontlikheid dat Iran “direk betrokke sal raak”.

Die Amerikaners het ’n beroep op China gedoen om sy invloed in die streek te gebruik om spanning te verlig.

Wang Yi, Chinese minister van buitelandse sake, het egter Sondag gesê Israel se reaksie het verder as “die omvang van selfverdediging gegaan” en geëis dat dié land “sy kollektiewe straf van die mense van Gaza moet staak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Henry ·

hulle sè niks van die duisende vuurpyle wat na Israel afgevuur word om hulle uit te wis nie.
sodra Israel terug veg is hulle die sondebok

Goldy ·

Die slim mense se oë gaan almeer oop oor hoe die waarheid oral oor die wereld heeltyd versteek word.

Gaitsigubib ·

Ek het 100% begrip vir wat jy se, die hele Weste skaar hom egter agter Israel, so dit is dus nie korrek om te se dat hulle die sondebok gemaak word nie. Waar Israel klaaglik misluk is omdat hul (net soos Hamas) die onskuldige publiek teiken. “Collateral damage” is dalk een ding maar om die onskuldige publiek doelbewus te teiken kan mens bloot nie regverdig nie.

Yolandie ·

Dis onwaar wat jy hier sê …..HAMAS is ekstremiste/terroriste wat die jode en Israeliete almal wil uitwis. Hulle voel ook niks vir die Palisteine nie. Israel se weermag het waarskuwings uitgestuur aan alle inwonders in die Gasa strook en hulle versoek om die gebiede wat hulle gaan teiken te verlaat,. Die mense gee egter nie gehoor hieraan nie want HAMAS vertel hulle dat hulle veilig is daar. Israel het alle reg om hulleself te verdedig……..onskuldige mense is uitgemoor, vrouens verkrag.

Gaitsigubib ·

Soos jy hier se Yolandie, Hamas voel niks vir die Palisteine nie. Hulle gebruik skoolkinders as “human shields”. My skrywe word verkeerd geinterpreteer. Jy kan maar Channel 4 nuus kyk, selfs CNN, daar sterf daagliks honderde onskuldige mense. As die dood van mense aan beide kante niemand traak nie, dan gaan die feit dat hul R100.00/ liter vir diesel betaal wel hul aandag trek. Ons sal maar moet wag en sien….

popsa ·

Jy praat twak as jy sê dat Israel net soos Hamas doen. Moes hulle hande gevou bly sit ná Hamas se onmenslik lafhartige aanvalle op oa weerlose babas, bejaardes en vroue? Israel teiken geensins met opset in onbeskryflike wreedheid
die onskuldige publiek soos Hamas doen nie. Daar is ‘n reuse verskil van hart, karakter, gesindheid, doelstellings en gevegsoptrede. Kry jou inligting by meer betroubare bronne as dié wat met opset fake news versprei om Hamas se afstootlike dade te ondersteun.

Gaitsigubib ·

Soos Tucker Carlson gese het: ” die demokrate sal oorlog begin om te verhoed dat Trump as president verkies word.” Mense kies kant net soos in Ukraine en duisende onskuldige mense sterf daagliks. Dis amper te moeilik om die lyding van kinders en ou mense te aanskou. Steeds is daar net een man wat die moord en doodslag wil beeindig, maar sommiges haat hom. As dit van demokrate in die VSA afhang is ons binne 6 maande in WW3.

Goldy ·

Die grootste vernietigers van lewens is die oogklap liberales se agendas of verwronge begrip van realiteit.

Yolandie ·

Het jy nie geweet dat daar groot geld is om te maak uit ‘n oorlog nie, selfs al is dit ten koste van onskuldiges. Die demokrate doen ook alles moontlik (niks natuurlik wat selfs wettig is nie) om van die voormalige President Donald J Trump ontslae te raak. Al wat hulle egter regkry is om sy gewildheid verder te versterk.

Mnr De Beer ·

Well. Hamas moes dalk gedink het voor hulle begin het met die vuurpyle oor die muur skiet.

Gaitsigubib ·

Daar stem ek nou met jou saam. Ek sien die feit dat ek nie daarvan hou om vrouens en kinders te sien swaar kry in Gaza pla somme van die kommentators kwaai, want al my simpatie moet blykbaar by Israel le. My vraag is ook: “wat het hulle gedink gaan gebeur?” Nou is daar egter nog baie vrae wat gevra moet word. Ek wed jou 90% van die kommentators weet nie eers waar is die grense van die beloofde land nie maar hulle wil graag n eier le.

Watsenaam ·

Laat U wil geskied. Soos in Isreal net so in die Okraine en oral waar daar oorlog en onreg gepleeg word teen U kinders. Die mens ken nie U oordeel nie. U woord sê die bloed sal tot by die nekke van die oorlogs perde vloei op die dag van afrekening. Sela.

Delia ·

Ons weet nie die presiese waarheid oor wat regtig aangaan. Net God weet.

Goldy ·

Natrik mag die mens oordeel. Mense bepaal hulle eie toekoms deur aksies of gebrek aan aksies nou.

Goldy ·

Goudvisgeheu mense vergeet van wat Hamas net n week terug nog gedoen word. Waarom gee die beskaadde wereld nog hoegenaamd om wat mense met goudvis geheu nog dink?

Danie ·

Israel het geen waarskuwing ontvang voordat hulle aangeval is nie.
Israel waarsku almal dat hulle ‘n sekere gebied gaan aanval. Almal met verstand verlaat dan dienooreenkomstig en keer na die tyd terug.
Die wat agter bly en dink omdat hulle baie is en hulle getrou snackbar eet, is die oorwinning gewaarborg, en dan verras word.
Ek vermoed hulle bly omdat hulle van mening is hulle gaan beloon word met 72 watsenaams.

Goldy ·

Libs verstaan nie feite nie, hulle kyk net prentjies en dalk n hoofopskrif in massamedia. Hulle kan nie komplekse politiek en verskuiwende magsordes verstaan nie, en besef nie hoe dit hulle later gaan benadeel nie.

Goldy ·

Baie eenvoudig – Gaza en hele Palistina gebruik,aspris burgerlikes as skuld, daarom sal die blaam totaal op hulle en nie op Israel val nie. Israel het die mense al genoeg tyd gegee om net n paar kilometer suid te beweeg sodat Hamas se militere infrastruktuur blootgestel kan word vir n regverdige geveg.

Sue ·

So Israel moet maar net vergeet van Sy vermoorde en ontvoerde burgers? Net monsters val gewone mense aan. Ek se gaan in en maak skoon Israël.

Twallie ·

100%. Hamas gebruik die Palestynse burgerlikes as skanse en wil dan “Foul” skree as van hulle sterf. Egipte het selfs hul grens toegemaak en soek hulle nie.
Ek se ook Israel moet die Gaza strook in ‘n parkeer terein verander. Enigste manier om Hamas eens en vir altyd uit te roei.
Mense moet dalk bietjie die nuus volg en hulle oe oopmaak voordat hulle gil oor wat Israel doen. Israel se werk is om hul mense te beskerm. Hamas het gesoek en nou gaan hulle kry.

vuurvliegie ·

Kyk! EK maak Jerusalem ‘n swaar klip vir die nasies, elkeen wat hom probeer optel sal hom daarmee beseer.

Twallie ·

Ja, ne? Viva Hamas? Israel het in 2006 die Gaza strook verlaat en Jode verwyder. Hamas het daarna oorgeneem. Die Gaza strook is 365 vierkante kilometer, nie 14 x 14km nie.
As dit net vuurpyle was, was dit een ding. Hamas het ‘n kibbutz aangeval as ook klein dorpies en sowat 260 burgerlikes vermoor by ‘n musiek fees. Babatjies in sommige gevalle onthoof voor hul ouers voor die ouers ook vermoor is. Watch the news and or educate yourself.
Hamas is lafaards wat burgerlikes vermoor.

Mariana ·

Maak nie saak wie wat wil sê en die redes wat aangevoer word waarom die oorlog al vir jare aangaan nie. Op die ou end is dit kinders wat op die wreedste, onmenslikste manier vermoor is en steeds vermoor word. Niks kan dit regverdig nie. Die wat so vir Hamas ondersteun, dink weer. Is jy dan ook ‘n terroris?Sal jy dit ook aan kinders, oumense en gestremdes kan doen?

gatgogga ·

En waar kry jy jou inligting, andre, wat nie een van ons eers van weet nie?

Pieter ·

kyk elke een van die ouens wat so comment van ander lande, kan maar doppies gaan blaas en eers na hul self kyk… Hoe kan China sulke dinge kwyt raak terwyl ons weet hulle doen NIKS beter… Die wêreld en hoe die mense van vandag dink en reageer, maak my naar… Dis net glad nie logies…

Twallie ·

Hamas het hierdie oor hulself gebring met hulle lafaardige aanval op Israelse burgers. Kinders en babatjies wat wreed vermoor was, in sommige gevalle onthoof. Gyselaars gevat.

Gaan kyk bietjie van die videos wat Hamas mense self geneem het en vertel my weer Israel is die aggressor. Kyk die nuus oor wat aangaan.

Hamas het ongewapende burgerlikes vermoor. Hulle het nie soldate aangeval nie. Dit was ‘n terreur daad en nou boet hulle en wil hulle huil. Onthou, die Palestyne in die Gaza strook het Hamas in 2006 die verkiesing laat wen. Nie eers Egipte soek Palestyne wat asiel soek nie. Hulle het hul grens toegemaak. Wat se dit vir jou?

Israel moet die Gaza strook ‘n parkeer terrein maak en klaar kry.

Harley Davidson ·

Hoe onderhandel jy met moordenaars en kinders verkragters?

Kwikkie12 ·

Die “civilians” het vir Hamas gestem in die 2006 verkiesing en hulle het die meerderheid in die parlement gekry so as hulle vir Hamas gestem het stem hulle saam met wat Hamas doen??

andre ·

Net nog n oorlog waarby die VSA betrokke is , Dis tyd om te erken dat die oorlog wat die Weste teen Rusland voer net menselewens gekos het en niks bereik het nie. Menselewens aan beide kante.
Hierdie is net n voortsetting van geldwassery wat deur die Oorlogs-en pandemie meganismes geskep word.
Dan sien hulle nog kans om Taiwan teen China op te sweep .Trump moet so gou as moontlik terugkom

Jacobus ·

Ramaphosa steun Hamas want in sy eie land SA word meer mense soos vroue en kinders vermoor en verkrag en ou mense op plase gemartel en geskiet as in n oorlog geteisterde Israel. Wat is die verskil? Ons as SA burgers is al jare lank in n oorlog teen ons regerende party die ANC sonder dat die buiteland n woord rep.

Leona ·

DANKIE VIR HIERDIE. Almal vergeet dat RSA, Hamas en Palestinië ondersteun. En wat Verder gebeur is n diep geestelike oorlog. Hkm vra die mense nie liewer hkm Isreal binne dae kon opstaan teen die satans kinders nie. Oorlog gaan daar wees tot en met Jesus se weerkoms. Ons bid vir Isreal en sy mense, en ons bid vir onskuldige lewens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die meerderheid is skynbaar tevrede met die ANC.

lodewyk ·

Hamas het dit begin en nou betaal Israel terug,wie huisves die hamas?Nou maak al die klomp wat terroriste ondersteun lawaai??God is met Israel…

Theo ·

Israel word nou van allerhande menseregte skendings beskuldig, maar Hamas se hoofkwartier is onder ‘n hospitaal. Hulle vesteek wapens in moskees en in skole. Hulle is die mense wat geen agting vir onskuldige lewens het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.