Joe Exotic verloor appèl

Die Tiger King Joe Exotic, oftewel Joseph Maldonado-Passage (Foto: Netflix/TigerKingMMM/Facebook)

Joe Exotic, die omstrede voormalige private dieretuin-eienaar wat bekendheid verwerf het as die ster van die Tiger King-reeks op Netflix, kon voor die naweek nie daarin slaag om ’n regter te oortuig om hom vry te laat nie.

Hy het ook ’n nuwe vonnis van 21 jaar vir poging tot moord ontvang.

Exotic, wie se regte naam Joe Maldonado-Passage is, is in Januarie 2020 tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir ’n poging om Carole Baskin te vermoor. Baskin het self ʼn toevlugsoord vir groot katte besit en Exotic het haar glo as ʼn direkte mededinger beskou.

Weens ’n prosedurefout het ’n federale hof aanvanklik beveel dat Exotic se vonnis verminder word.

Luidens berigte het die 58-jarige impresario Vrydag tydens ʼn verhoor in Oklahoma City gevra vir ’n “tweede kans” om sy nuwe vonnis te bepaal.

“Moet my asseblief nie in die tronk laat sterf en wag vir my vryheid nie,” het Exotic, wat aan prostaatkanker ly, gepleit.

Baskin het die regter egter aangemoedig om hom agter tralies te laat en gesê sy vrees steeds vir haar lewe.

Carole Baskin. (Argieffoto)

Die regter het uiteindelik ’n vonnis van 21 jaar gevangenisstraf behou, luidens hofstukke.

Die reis van die flambojante dieretuinbewaarder, wat ’n klein fortuin gemaak het uit sy grootkatfasiliteite in Oklahoma wat in 1999 geopen het, se verhaal is in ʼn uiters gewilde televisiereeks omskep. Die reeks dokumenteer ook hoe Exotic alles in ’n reeks ingewikkelde skemas verloor het.

Tiger King het miljoene mense wêreldwyd gefassineer wat in hul huise geïsoleer was toe dit aan die begin van die Covid-19-pandemie vroeg in 2020 gewys het.

Die Netflix-reeks het gefokus op Exotic se konflik met Baskin, ’n diereregte-aktivis wat hom daarvan beskuldig het dat hy sy diere mishandel, en sy het onderneem om hom te dwing om sy dieretuin te sluit.

Exotic het uiteindelik twee handlangers duisende dollar aangebied om Baskin dood te maak, maar een van hulle was ’n geheime FBI-agent wat hom probeer vastrek het.

’n Nuwe reeks, getiteld Tiger King 2, is in November op die stroomplatform uitgereik en het ook groot getalle kykers gelok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sê maar net ·

Wilde diere in klein hokke is verskriklik wreed. Punt.

Janine ·

’n Diereregte-aktivis? Daai leeu agter haar in die foto se hok is kleiner as wat mens vir jou hond kry…..

SlinkseKoljander ·

Ek hoop maar iets kom die vrou oor, sy is erg fals

DieKriek ·

Miskien is dit die regte vonnis maar daardie Baskin vrou is groot gif.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.