Kanada-mesaanvalle: Een verdagte dood gevind

Damien Sanderson en Myles Sanderson (Foto: RCMP)

Die polisie in Kanada is steeds op soek na een verdagte in verband met die mesaanvalle in die Saskatchewan-provinsie wat tot die dood van 10 mense gelei het.

Minstens 18 mense is beseer in die aanvalle wat Sondag in die afgeleë inheemse gemeenskap van die James Smith Cree Nation en die nabygeleë dorpie Weldon plaasgevind het.

Die beweerde aanvallers is geïdentifiseer as die broers Myles Sanderson (32) en Damien Sanderson (31). Die polisie het intussen bekend gemaak dat daar Maandagaand op die verminkte liggaam van Damien Sanderson in ʼn veld naby ʼn huis in die James Smith Cree Nation afgekom is.

Volgens Rhonda Blackmore, assistentkommissaris van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP), word die moontlikheid ondersoek dat Damien deur sy broer vermoor is.

Myles is onlangs op parool vrygelaat nadat hy tronkstraf vir onder meer aanranding en roof uitgedien het. Hy het glo tot 60 vorige strafregtelike veroordelings.

Die motief vir die aanvalle is steeds nie bekend nie. Die owerhede het nog nie die name van die oorledenes bekend gemaak nie, maar van hulle is op sosiale media geïdentifiseer en sluit ʼn veteraan, ʼn ma van twee en ʼn bejaarde wewenaar in.

Die polisie glo van die slagoffers is geteiken en ander is lukraak aangeval. Die 18 beseerdes sterk steeds in hospitale aan. Vier van die slagoffers is in ʼn kritieke toestand.

Justin Trudeau, premier van Kanada, het die aanvalle as skokkend en hartverskeurend beskryf en gesê dat “tragedies soos dié al te alledaags geword het”.

In April 2020 het Gabriel Wortman hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen en op ʼn moordtog gegaan in Nova Scotia. Altesaam 22 mense is dood in die 12 uur lange aanval. Die 51-jarige Wortman is kort ná die aanvalle deur die polisie doodgeskiet.

In April 2018 is 11 mense dood nadat die bestuurder van ʼn wit bussie in voetgangers ingeploeg het op ʼn sypaadjie in die besige sakesentrum van Toronto.

In Januarie 2017 is ses mense dood in ʼn skietery by ʼn moskee in Quebec.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Charmain ·

Hoe is dit moontlik dat n persoon met so n kriminele rekord op parool vrygelaat kan word!!! There is no justice in the judicial system!

Gaitsigubib ·

Die beginpunt van die probleem is by die media wat nie oor die omvang van die geweld en die oorsake daarvan berig nie. Daar is liberale regters wat nie die voorgeskewe wet volg nie, soos Ketanji Brown Jackson. As jy egter n skewe woord se van Brown se pro- kriminele beslissings, sal jy verban word van enige media. Die Satan is teen die waarheid daarom moet mens nie verbaas wees hieroor nie.

Gaitsigubib ·

Hoewel Brown van die VSA is en die twee van Kanada, is die probleem oral dieselfde. Soms lyk dit of ons buitelandse nuus deur die VSA se department of misinformation aangepas word voor ons dit ontvang. Libirale regters is oral n groot probleem ( hier by ons ook), dis die media se werk om daaroor te berig, maar hulle is deel van die probleem.

Buks ·

Gaan Trudeau nou messe ook verban om “die mense te beskerm”?

Wonder ·

Soos elke huis sy kruis het het elke land ook maar hull kruis… is net ons ken ons land se drama…

Klein Karoo Loper ·

Een van die dae gaan die ape aan beheer die wette verander sodat net ‘n sjef ‘n mes mag besit. Ek sal nie verbaas wees as hierdie tipe aanvalle gereël word om vrees onder die mense in te boesem nie. So kan hulle mos nou oral rede vind om kameras op te sit en jou soos ‘n groot broer afloer.

Heinrich ·

Skuld lê voor die wokes. Hulle is gewoontemisdadigers en moes elk ‘n ‘tracking bracelet’ gedra het. Hoe is dit logies dat sulke mense vrygelaat word en die regering was sy hande in onskuld? Maar toe tog seëvier sy menseregte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.