Kolskoot! Nasa tref asteroïde

‘n Televisieskerm by Nasa wys die laaste oomblikke voordat die asteroïde Dimorphos getref is.
(Foto: Jim WATSON / AFP)

’n Ruimteskip van Nasa het ’n asteroïde van 11 miljoen kilometer ver getref om dié asteroïde se trajek te verander. Die operasie maak deel uit van ’n toets van die mensdom se vermoë om te verhoed dat ’n ruimtevoorwerp lewe op aarde vernietig.

Nasa het dié toets geslaag.

Die Double Asteroid Redirection Test (DART)‑impaktor het sy teiken, die asteroïde Dimorphos, Maandag vroegaand getref. Die impak volg tien maande nadat die impaktor van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië afgevuur is.

Dimorphos se grootte is vergelykbaar met die van ’n Egiptiese piramide en wentel om ʼn groter asteroïde genaamd Didymos.

Nasa se ruimteskip het Dimorphos getref in die hoop om dit in ’n kleiner wentelbaan te druk en die tyd wat dit neem om om Didymos te wentel, met 10 minute te verkort. Die omwenteling neem tans 11 uur en 55 minute.

Dié twee asteroïdes hou geen bedreiging vir ons planeet in nie aangesien hulle elke twee jaar om die son wentel.

Nasa het dit egter belangrik geag om as deel van ’n eksperiment een van die asteroïdes te probeer tref, ten einde voorbereid te wees indien die aarde eendag deur ’n werklike bedreiging in die gesig gestaar sou word.

Baie min van die miljarde asteroïdes en komete in ons sonnestelsel word as potensieel gevaarlik vir ons planeet beskou, en nie een word in die volgende honderd jaar of so verwag nie. Maar indien daar lank genoeg gewag word, kan dit ongetwyfeld gebeur, berig AFP.

Indien Nasa nie daarin kon slaag om Dimorphos te tref nie, sou die ruimte-agentskap eers oor twee jaar weer kon probeer. Die ruimteskip het ook net genoeg brandstof vir nog een probeerslag.

Die eerste probeerslag was egter ’n sukses en word nou bestempel as die eerste stap na ’n wêreld wat in staat is om hom teen ’n toekomstige eksistensiële bedreiging te verdedig.

“Ek dink aardse inwoners kan beter slaap, ek gaan beslis,” het Elena Adams, DART-sendingstelselingenieur, gesê kort nadat Dimorphos getref is.

Die eksperiment het ’n werklikheid gemaak van wat voorheen slegs in wetenskapfiksie probeer is – veral in films soos Armageddon en Don’t look up.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wielspore ·

Hierdie asteroïde kan dalk nie die aarde tref, hy is mos nou uit sy wentelbaan en sou hy teen enige ander van die miljoene asteroïde bots gaan die ook uit sy wentelbaan, dan nog een en weer nog een. Oor 2 jaar is daar 4 botsings, nog twee jaar later 16 sulke botsings en dan 32 en so aan. Dan sien ons almal ons gatsometer.

AnnieA ·

Ek is nou geen kenner van wetenskap en die tipe goed nie. Die vraag wat outomaties by my opkom is, waarvoor is daar nou gepeuter as die ding dan nooit eers ‘n risiko vir die Aarde of Mensdom ingehou het nie.?Het die mense die moontlike nagevolge van hierdie ding mooi bereken? As die ding nou in 50 stukke spat in net soveel rigtings, wat is die moontlike impak van dit op die buiteruim en ons aarde…..

Philip ·

Die artikel stel dat dit dan so duidelik dat dit as eksperiment gebrujk is om die vermoë van die mensdom te toets en om te bepaal of ons iets wat wel vir ons bedreiging sou inhou sal kan afweer.
Om te sit en wag totdat daar wel ‘n bedreiging is en dan iets te probeer sonder enige vooraf ondervindimng of eksperimente sal min baat.

Janee ·

As hy kom, gaan hy kom….en niks en niemand gaan hom kan keer..

Marisa W ·

Wonder hoe lank dit gaan wees voor die “unintended consequences” hiervan te voorskyn kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.