Lisa Marie Presley, Elvis se dogter, oorlede

Lisa Marie Presley (Foto: Jon Kopaloff/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/AFP)

Die sanger-liedjieskrywer Lisa Marie Presley, die enigste kind van die rock-’n-roll-legende Elvis Presley, is in die ouderdom van 54 oorlede.

Presley is Donderdag inderhaas na ’n Kaliforniese hospitaal se waakeenheid geneem weens ʼn hartstilstand waar sy in ʼn koma en aan lewensondersteunende masjiene gekoppel was.

“Priscilla Presley [haar ma] en die Presley-gesin is geskok en verpletter deur die tragiese dood van hul geliefde Lisa Marie. Hulle is innig dankbaar vir die ondersteuning, liefde en gebede van almal, en vra vir privaatheid in hierdie baie moeilike tyd,” het die familie in ʼn verklaring gesê.

Die vermaaklikheidswebwerf TMZ het berig dat Presley “nie reageer het nie” toe ʼn huiswerker Donderdagoggend op haar afgekom het by haar huis in die bekende Los Angeles-voorstad Calabasas.

Haar eksman, Danny Keough, wat ook op die eiendom woon, het noodhulp toegepas totdat paramedici opgedaag en haar na die hospitaal vervoer het.

Lise Marie en haar ma het Dinsdagaand nog die Golden Globe-toekennings in Beverly Hills bygewoon waar Austin Butler as beste akteur in ’n drama bekroon is vir sy rol as die rock-’n-roll-legende in Baz Luhrmann se Elvis.

Lisa Marie was Elvis se enigste kind. Sy het drie albums vrygestel en is die ma van die akteur Riley Keough, wat in Mad Max: Fury Road verskyn het.

Benewens Danny Keough, van wie sy in 1994 geskei is, was sy ook getroud met Nicolas Cage, Michael Jackson en die akteur en komponis Michael Lockwood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Zandra ·

ai Lisa, jou hart is gebreek vandat jou kind se selfmoord, hier sit ek en tjank omdat van my favorite songs deur jou gesing is
die hele planeet huil saam
RIV nou is jou kind nie meer alleen
ek hoop maar dit was nie ‘n selfdood of te veel pille

Katinka ·

In haar laaste interview het sy nie baie stabiel gelyk nie, het baie agteruit gegaan

Zandra ·

jip, na die kind se dood was sy nie weer dieselfde nie, my ♥ is sommer nog seerder :-(

Delia ·

Beroemd, ryk ens. Op die ou end bly ons maar net almal mense en elkeen het sy pyn

Lillian ·

Haar pa was 42 toe hy dood is, sy nie veel ouer nie en so kort na haar seun se selfmoord. Rus in Vrede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.