“Mallemeule moet sluit” – petisie

Tyre Sampson (Foto: Twitter)

’n Petisie is begin om die FreeFall-valtoring by die Icon-pretpark in Orlando, VSA, te sluit nadat die 14-jarige Tyre Sampson op 24 Maart van dié bewegende mallemeule na sy dood geval het.

Sowat 5 000 mense het reeds die petisie geteken.

CBS News berig die petisie is deur ’n gemeenskapsgroep genaamd “Juneteenth Project Coalition” begin. Volgens die petisie moet die valtoring afgebreek word en ʼn gedenkteken van Sampson in die plek daarvan opgerig word.

Die groep eis verder die mallemeule se eienaar en werknemers aanspreeklik gehou moet word vir die dood van Sampson. Hulle vra ook dat veiligheidsgordels op ritte vereis word en meer protokolle ingestel moet word indien iemand beseer word.

Die groep het Maandag by die pretpark byeengekom uit protes teen die valtoringrit. “Doen die regte ding en sluit die rit,” het lede van die skare geëis.

Sampson se familie het in April ’n dagvaarding by die rondgaande hof in Orange County teen die pretpark ingedien, en beskuldig die pretpark en mallemeulevervaardigers en -operateur van nataligheid.

Die bevindinge in ’n forensiese ingenieur se verslag oor die voorval lui dat ’n operateursfout vermoedelik die primêre oorsaak was dat Tyre tydens die FreeFall-valtoringrit na sy dood geval het.

Maroela Media het vroeër berig dat aanpassings “met die hand” aan die FreeFall-valtoringrit gemaak is “wat daartoe gelei het dat dit onveilig was”. Volgens die verslag kan die oorsaak van die ongeluk dus nie aan ’n meganiese of elektriese fout toegeskryf word nie.

Boonop was die tiener volgens die ongeluksverslag sowat 24 kg swaarder as die gewiglimiet van die rit. Hoewel ʼn gewigsbeperking in die mallemeule se bedryfshandleiding gelys is, is geen lengte- of gewigsbeperkings by die kaartjietoonbank aangebring nie en personeel is nie ingelig oor die beperkings nie, volgens die dagvaarding.

Die prokureurs beweer in die dagvaarding dat die pretpark en betrokke maatskappye Tyre kon waarsku oor die gewig- en lengtebeperking van die mallemeule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Stephen ·

Hier gaan hulle alweer. Tyre Sampson moes gewig verloor het voor hulle hom op daai apparaat toegelaat het.

Johan ·

Dit is tog jou keuse om dit te ry, hoekom nou die plek sluit vir almal.

Martin ·

Dalk moes die ouers meer omgesien het na hulle kind dan sou die tragedie nie gebeur het nie. Lang storie kort die “pretpark” moet die regte ding doen en die familie vergoed vir wat gebeur het… Die veiligheid sisteem van die pret rit moet herontwerp werk.

Misky ·

Ai, die “entitlement” van sommiges darem. En boonop sommer nou gedenkteken ook op die plek oprig en die res wat reels volg, gaan nou daaronder ly.

domheks ·

Die ouers kon ook mos gekeer het dat hy opklim! Waar was hulle toe die toerusting te klein was?

Gawie ·

Nou hoe nou? Die Amerikaners hou groot betoging om die valtoring te sluit, maar wil niks daaraan doen om skoolskieters in te perk nie. Duidelik is hulle prioriteite deurmekaar . . . . .

Anel ·

Hy was oorgewig. Volgens vroeere berigte was hy reeds by 2 ander ritte weggewys oor sy gewig. Waar was sy ouers? Seker ook weer die raskaart gespeel omdat hy gewyer is! Die ouers kruip nou agter hul eie onbevoegdheid en skuld weg. Hulle moes mos toegesien het dat hy gewig verloor of net gesond eet! Maar my! Nou moet gesonde mense swaarkry oor een onbesonne gesin!!

KatjieDeKat ·

Ek respekteer almal hier se opinies en sienswyses oor die saak. En ja, hy was oorgewig vir die rit. Maar dis nog steeds baie hartseer. Hy was maar net 14.

Hasie ·

Het hul die kind geweier om op die rit te klim was hul weer aangevat vir diskriminasie ….

Pieter ·

lol lyk my mense word werklik dom soos die tyd verloop. Jammer maar dit is sommer net Dom.
Jammer vir die verlies.

Alfred E Neuman ·

Ek lees al die kommentaar wat hier geplaas word en wonder of almal dieselfde deuntjie sou sing as dit n blanke kind was.?

QueenB ·

Agge nee dus mos jou eie keuse as jy op so iets klim daar gebeur elke dag frats ongelukke

Maritza ·

Ag asb. Genoeg is nou genoeg. Wanneer neem die ouers verantwoordelikheid. Hulle moes ook van beter geweet het

Eden ·

Soos in SA is alles in Amerika ‘n rassestorie..Junteenth is mos een of ander swart beweging oor slawerny of iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.