‘Moltrein-skieter’ ontken skuld

Frank James (Foto: Michael M. Santiago/Getty Images/AFP)

Die 62-jarige Frank James wat in hegtenis geneem is in verband met ’n voorval op 12 April waar tien mense op ’n volgepakte moltrein in Brooklyn, New York, geskiet is, ontken skuld.

James, wat daarvan beskuldig word dat hy twee rookbomme afgevuur het voordat hy op passasiers losgebrand het, sal van terreur aangekla word. James kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word indien hy skuldig bevind word.

Hy het Vrydag egter onskuldig op hierdie aanklagte gepleit.

Maroela Media het vroeër berig afgesien van die tien mense wat beseer is, is niemand in die aanval dood nie. Nog 20 mense is beseer tydens ’n stormloop in ’n poging om van die trein af te kom. Die motief vir die aanval is steeds onbekend.

James het van die toneel gevlug en die polisie het hom ná ’n dag lange soektog aangekeer.

James het verskeie video’s van homself op YouTube gelaai waar hy lang, soms aggressiewe, politieke tirades lewer. Hy het ook Eric Adams, burgemeester van New York, in die video’s gekritiseer.

James is al nege keer tussen 1992 en 1998 in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer betreding, diefstal en wanordelike gedrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Laat die woke demokrate vir hulle kry…. Dit gebeur wanneer kriminele goedgepraat word en ongelukkig is NY die middelpunt.

Kerrie ·

Hulle sal wel die skuld op iemand anders blameer…”always the victim”

RomeoTangoGolf ·

Hy is seker die produk van jare se onderdrukking, kan mos nie die arme agtergeblewene die skuld gee nie.

Kerrie ·

Het nie een persoon op die trein n vuurwapen gehad om hom te stop nie …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.