Namibië verwyder standbeeld van Duitse kolonialiseerder

Die standbeeld van Curt von François voor dit verwyder is (Foto: Julia Runge/AFP)

Owerhede in Namibië het Woensdag ’n standbeeld van ’n Duitse koloniale beampte in die hoofstad Windhoek verwyder en hervestig ná druk van plaaslike aktiviste.

Die monument herdenk Curt von François, ’n Duitse weermagkommissaris, wat gekrediteer is vir die stigting van Windhoek – iets wat plaaslike kampvegters en historici betwis.

Die standbeeld, wat op ’n hoë voetstuk buite munisipale geboue gestaan het, het Von François uitgebeeld in ’n militêre uniform met ’n snor, ’n groot hoed en met ’n swaard.

Die stadsraad het gesê die standbeeld sal nou by die Windhoek-stadsmuseum gehou word.

Daar sal dit vertoon word met ’n verduideliking van die historiese konteks, het Aaron Nambadi, ’n kurator by die museum, gesê.

“Ons as historici en kurators was betrokke by hierdie projek om die valse narratief reg te stel dat Von François die stigter van die stad was,” het Nambadi gesê.

Duitsland het Namibië van 1884 tot 1915 gekoloniseer. Tussen 1904 en 1908 het Duitse setlaars tienduisende inheemse Herero- en Nama-mense vermoor. Duitsland het die volksmoord verlede jaar ná lang, bitter onderhandelinge erken.

Duitsland het ook meer as €1 miljard se finansiële ondersteuning belowe aan die afstammelinge van die slagoffers. Namibië het verlede maand gevra om die bepalings van die ooreenkoms te heronderhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lillian ·

Die Duitsers het baie invloed gehad in NAM om dit op die been te hou en net soos in SA word alle geskiedenis van ons voorvaders en hul goeie dade uitgewis.

Piet Snot ·

Was dit nie vir die Duitse verdrukker nie, het die Namas vandag nog gehad wat hulle voor die koms van die volksvreemde gehad het: ʼn pragtige reeks natuurlike randjies en vlaktes, met niks daarop – slegs honger en dors soos hul voorvaders.

Phillip ·

Wel as ek Duitsland was sou ek dit sommer dadelik stop om geld te voorsien, want dit is n historiese standbeeld .Dit is deel van geskiedenis.

Sobymykoolkop ·

Siestog die alewige minderwaardigheid. Al net so erg soos die alewige apartheid.

Nie Verbaas ·

So ek neem aan dat die inheemse burgers saamgekom het en besluit het om die stad Windhoek te bou en te ontwikkel en nie die Duitser nie. Ek is beïndruk.

Squire ·

Vir meer as 60 jaar is dit (SWA) Namibia my wêreld en vir die laaste 32 jaar koester ek die mooiste demokrasie in Afrika. Dit is ons geskiedenis en dit sal altyd bly, al breek jy standbeelde af. Ek verstaan nie die denke van sommige en dit is meestal die wat na onafhanklikheid gebore is.

Nie Verbaas ·

Dieselfde situasie as byvoorbeeld n Nelson Mandela beeld. Enigste verskil is dat dit ons nie pla nie want ons voel nie minderwaardig nie.

Kokerboom ·

Ek bly in Nam en verstaan ook nie die denke. As jy nie ‘n geskiedenis het het jy nie ‘n toekoms. Die demokrasie moenie die melkkoei van vooruitgang slag! Duitse kapitaal speel ‘n groot rol in die land

hpven ·

Hulle kan verwyder wat hulle wil daar, hier of enige plek ter wêreld maar die geskiedenis is onuitwisbaar… Hier in SA het hulle sefs alle vooruitgang en infrastrutuur verwyder en vervang met ‘n hool !

Wit Leeu ·

Ag shame, buig die knieg en kom oor dit ! Wie gee nou regig om oor wat in 1904 & 1908 gebeur het………

absoluut ·

Dankie Stephen, dit is ook hoe ek dit gelees en verstaan het toe ek meer oor die geskiedenis van Namibie opgelees het en daar is lelike goed wat gebeur het.

Bertie ·

En wat gaan dit hulle in die sak bring? Hulle gaan nog net so minderwaardig voel vir die volgende 2000 jaar.

Harley Davidson ·

Om n standbeeld uit Duits Wes te haal is maklik maar om n land te regeer sodat almal kos,werk en n huis het dit is n betaling.

Adriaan ·

Wat Anonymouse se is waar, om as as ruggraadloos en liberaal uitgekryt te word omdat hy sy mening lig is ongevraagd en vat meet ‘guts’ as om in die poel van die sogenaamde ‘konserwatiewes’ te val, well done Anonymouse!

JohanR ·

Hierme stem ek volkome saam. Die Duitsers het volksmoord gepleeg in SWA(Namibia), en ‘n mense uitgewis.

Schalk ·

Dit is vir my verstommend hoe sekere kulture die geskiedenis onthou as dit tot hulle voordeel is maar terselfdertyd die skade vergeet van wat hulle aangerig het. En dan staan hulle met die bakhand by dieselfde mense wat hulle betwis.

piet ·

Hoe kan volksmoord ooit tot jou voordeel wees? Niks maar niks kan daai mense terugbring nie.

popsa ·

My pa het jare gelede in WHS (Windhoek Hoërskool) gematrikuleer. Een van sy interessante vertellinge het gelui dat hy as Matriekseun regop kon staan onder hierdie standbeeldperd se pens. My pa was ‘n man van gemiddelde lengte

Stephen ·

Popsa ek is gekritiseer oor my kommentaar vroeer. Jou stelling beaam net hoe oningelig meeste van julle is. Hierdie is nie die ruiterstandbeeld nie, maar die standbeeld van die volksmoordenaar Kurt Von Francois wat hier ter sprake is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.