Netanyahu-benadering tot oorlog doen meer kwaad as goed – Biden

Pres. Joe Biden (Foto: MANDEL NGAN/AFP)

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy Israeliese eweknie, Benjamin Netanyahu, se benadering tot die voortslepende oorlog in Gaza doen Israel meer kwaad as goed.

Biden se ongeduld met Netanyahu was sigbaar in ’n onderhoud met MSNBC wat Saterdag uitgesaai is. Sommige meen die onderhoud was vol teenstrydighede en verwarrend.

Die Amerikaner het tydens die onderhoud dit duidelik gestel dat Netanyahu “die reg het om Israel te verdedig en daarmee voort te gaan om Hamas te verdryf”, maar dat sy Israeliese eweknie “meer aandag moet skenk aan die onskuldige lewens wat verlore gaan as gevolg van die optrede.

“Na my mening berokken hy Israel meer skade as om Israel te help,” het Biden gesê.

Die Amerikaner se antwoord was egter dubbelsinnig toe hy ’n vraag oor Israel se potensiële inval van Rafah beantwoord het.

Biden het gesê daar is sekere “rooi lyne” wat Israel nie moet oorsteek in sy oorlog in Gaza nie, maar ook dat hy nooit sy bondgenoot Israel sal versaak nie.

“Dit is ’n rooi lyn,” het die 81-jarige Demokraat gesê oor die moontlike inval van Rafah, maar dadelik bygevoeg: “Ek sal Israel nie versaak nie.

“Die verdediging van Israel is steeds van kritieke belang, so daar is geen rooi lyn [waar] ek alle wapens gaan afsny sodat hulle nie die ysterkoepel het om hulle te beskerm nie,” het Biden gesê, met verwysing na Israel se missielverdedigingstelsel.

“Maar daar is rooi lyne wat as hy dit oorsteek …”, het Biden gesê sonder om sy sin te voltooi. Hy voeg dan by dat sy administrasie “nie nog 30 000 Palestyne kan laat sterf nie”.

Biden was ook ontwykend oor die moontlikheid van nog ’n besoek aan Israel. Die Amerikaanse president het die land in Oktober besoek kort ná Hamas se dodelike aanval op Israel.

Op die vraag of dit iets is wat hy weer sou doen, het Biden “ja” geantwoord. Die Amerikaner wou egter nie sê of hy genooi is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Weet hy ooit wie hy is of wat Israel is,President Trump is coming for you.

Treurwilger ·

Praat van ‘n “rooi lyn”, as Wladimir Poetin se rooi lyn oor Oekraïne en NAVO gerespekteer is, kon honderdduisende lewens gespaar bly en tragiese verwoesting voorkom word.
Is NAVO-lidmaatskap, plus ‘n nuwe Koue Oorlog, werklik soveel bloedvergieting werd?
Biden kom nie die mas op nie, maar gaan heel waarskynlik oor nóg vier jaar van oorlogvoering ‘toesig hou’.

Pieter ·

Treurwilger help my ek sukkel om jou logika te verstaan. ‘n Land se hulle wil deel word van ‘n groep, hulle buurland se hulle mag nie deel word van daardie groep nie. Waarom moet hulle luister na die buurland, dit het absoluut niks met hulle te maak nie. Dit lyk vir my of jy voorstel dat ons moet toegee aan alles wat Rusland vra en dis ons skuld as ons aangeval word.

Wat op aarde het me jou gebeur?

Pieter ·

Michael, Ja Trump is ‘n volle twee jaar jonger as Biden, hy gaan vir ons wys hoe ‘n jong leier lyk.

Deon ·

‘n Vorige Demokratiese President het ‘n seeblokkade om Kuba opgestel om die Soviet Unie te verhinder om verdere militêre basisse in Kuba op te rig. Ook het hy geeis dat Soviet missielstasies in Kuba afgebreek word. Daar is ‘n groot stuk see tussen Kuba en die VSA. Net reg dat Rusland eis dat die Oekraine, ‘n land neffens Rusland, nie deel word van NAVO nie.

Treurwilger ·

@Pieter
Nie net jy wat sukkel met logika nie, NAVO en die VSA ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.