Ondersoek na pres. Joe Biden begin

Pres. Joe Biden (Foto: MANDEL NGAN/AFP)

Kevin McCarthy, Republikeinse speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, het die groen lig gegee vir ʼn ondersoek na pres. Joe Biden.

“Ek gee die huiskomitee opdrag om ʼn formele ondersoek na pres. Joe Biden te begin oor die moontlikheid om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas,” het McCarthy gesê en aangevoer dat Biden na bewering vir Amerikaners gelieg het oor sy seun Hunter se buitelandse saketransaksies.

“Republikeine in die huis het ernstige en geloofwaardige bewerings oor pres. Biden se optrede onthul,” het McCarthy aan verslaggewers gesê. “Saamgevat, skets hierdie bewerings ʼn prentjie van ʼn kultuur van korrupsie.”

Die saketransaksies in Oekraïne en China deur Biden se 53-jarige seun Hunter terwyl sy pa as visepresident onder Barack Obama gedien het, is al telkens deur die Republikeine uitgewys.

Hunter Biden, ʼn voormalige dwelmverslaafde, word tans vir moontlike belastingontduiking ondersoek en sal na verwagting teen die einde van hierdie maand aangekla word van ʼn vuurwapenoortreding. Hy is egter nog nie aangekla van misdade wat verband hou met sy buitelandse saketransaksies nie.

Die Withuis het die aankondiging onmiddellik veroordeel en dit as “ekstreme politiek op sy ergste” bestempel.

“Republikeine in die huis het die president vir nege maande ondersoek, en hulle het geen bewyse van oortreding gevind nie,” het Ian Sams, ʼn Withuis-woordvoerder, gesê.

McCarthy het egter gesê die “bewerings van magsmisbruik, obstruksie en korrupsie” teen Biden “regverdig verdere ondersoek deur die huis van verteenwoordigers”.

“Ons het bevind dat pres. Biden wel vir die Amerikaanse mense gelieg het oor sy eie kennis van sy familie se buitelandse saketransaksies,” het McCarthy gesê.

“Bankrekords toon dat byna $20 miljoen in betalings aan Biden-familielede en verwante persone deur verskeie dopmaatskappye gerig is.”

Kragtens die Amerikaanse grondwet kan ʼn president in ʼn staat van beskuldiging geplaas word vir “verraad, omkopery of ander erge misdade”.

Demokrate het die ondersoek veroordeel as ʼn partydige oefening wat bedoel is om wraak te neem vir die twee keer wat oudpres. Donald Trump destyds vervolg is.

Trump, die voorloper in die Republikeine se presidensiële benoemingstryd vir 2024, gaan in Maart in Washington teregstaan op aanklag van sameswering om die uitslag van die November 2020-verkiesing, wat hy teen Biden verloor het, om te keer.

Trump is twee keer deur die huis van verteenwoordigers aangekla terwyl hy in sy amp was, maar is albei kere deur die senaat vrygespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

De Villiers ·

“ʼn voormalige dwelmverslaafde”?

Ek dink hy is nog steeds een!

Cherokee ·

Duimaffers, wat is nie geldig aan Samuel se vraag? Hou kop. Moet nie belaglik raak, hy maak nie bewerings maar het bloot ‘n geregverdigde vraag gevra.

Harley Davidson ·

Biden moet aftree, ek glo nie hy weet wie hy is of wat hy doen nie.

Gert ·

Hy het al jare terug afgetree, ek dink hy word elke oggend ingelig hy is president maar Camila en die illumninati hanteer alles namens hom.

Anna-marie ·

Hy moet tronk toe vir al die korrupsie in Oekraine. Hy en sy seun.

Nommer 7 ·

Voordat hy tronk toe gaan moet jy skuldig bevind word. Voordat hy skuldig bevind kan word moet hy aangekla word. Nog niemand het geen klagtes teen hom gele nie. Hoekom nie?

Daizee ·

“……….Die Withuis het die aankondiging onmiddellik veroordeel en dit as “ekstreme politiek op sy ergste” bestempel……” — MAAR die Demokrate is darem al vir jare besig om vir Trump aan te kla van énige ding waaraan hulle kán dink!!!! En daarmee sien hulle niks fout nie!!!

Dis lagwekkend en net weereens “n bevestiging dat politiek ‘n sirkus is, maak nie saak waar in die wêreld jy is nie!!!!

Nommer 7 ·

Enige klagte kan net werk as daar bewyse is. Laat ons maar wag en sien.

Boksombende ·

Tit for tat. Jully kla Trump aan, ons kla Biden aan. A house divided against itself will fall.

Grassie ·

Biden en sy seun het tydens Obama se bewind saam in Okraïne onrus gestook teen die regering wat op daardie stadium sterk vriendskapsbande met Rusland gehad het. Hulle was finansieel ondersteun deur Soros. Die hele operasie was gedryf deur die CIA. Dit is algemeen bekend en is deur oud-president Trump stopgesit maar dit was reeds te laat. Ek vermoed hierdie aksie wat nou teen Biden aan die gang gesit word spruit voort uit ‘n meningspeiling waarin die meerderheid Demokrate aangedui het dat hule nie weer vir Biden as president wil hê nie.

Anna-marie ·

Dit is die waarheid wat jy hier sê. Jammer dat die media nie bietjie dieper delwe nie. Of word hulle voorgeskryf wat hulle moet sê?

Kokerboom ·

Tragiese dag vir grootste ekonomie in wêreld!Kan die VSA die toestande oorleef?

Martie Smartie ·

Tragies? Biden is die groot tragedie. Die oom moes lankal op die stoep gaan sit en tee drink het

Ryan ·

Ou biden (what’s my name again) weet nie of dit dag of nag is nie. Ek hoop hulle kry jou ook in die tronk, saam met al jou woke vriende.

Wat op dees Aarde ·

En Hunter se skootrekenaar moet ook ondersoek word. Die bewyse dat hy ‘n pedofiel is, is die hele internet vol en daar word geen woord daaroor gerep nie.

A ·

So julle glo Biden is nie die ware president nie, of dat hy nie kognitiewe vermoë besit om besluite te neem nie.

In daai geval, kan hy nie verantwoordelik gehou word vir sy sogenaamde misdade nie.

Gawie ·

Ek neem aan al die kommentators hierby wat die proses besing is dieselfde wat so kapsie gemaak het toe dit met die Donald gebeur het?
Altwee presidente ewe groot skelms, maar niemand wil dit erken nie. So bly ek is nie ‘n Amerikaner nie. Hier by ons weet ons ten minste ons politici is almal skelm en almal erken dit.
Sterkte VSA!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Is Donald Trump en Joe Biden die beste kwaliteit staatsmanne wat die grootse VSA met ‘n bevolking van 340,000,000 en van die beste universiteite besit, kan oplewer? Hoe pateties! Dit gaan my malle verstand te bowe!

Gawie ·

In die VSA is die ou wat die meeste geld uit mense uit kan bedel en die meeste lieg op die verhoog die een wat president word.
Ek stem saam – daar móét beter kandidate in die land wees wat ‘n baie beter joppie kan doen.

Jacobus ·

Ek dink nie daar is iemand in die hele VSA met n gesonde verstand wat die ou joppie wil he nie.

Niklaas ·

As oud presidentTrump so moet deurloop weens haatgevuldes teen hom , dan mag President Biden maar ook dieselfde tipe behandeling en medisyne kry.

Cherokee ·

Oom Donald en oom Joe sal dit heel waarskynlik die komende naweek tydens ‘n potjie gholf, bespreek. En lag daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.