Palestyne beskuldig Israel van ‘kolonialisme, apartheid’ by Geregshof

(Foto: Robin van Lonkhuijsen/ANP/AFP)

Die Palestynse minister van buitelandse sake het Maandag aan die Internasionale Geregshof in Den Haag gesê sy mense word onderwerp aan “kolonialisme en apartheid” onder Israel.

Minister Riyad Al-Maliki het daarom van die regters van die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof gevra om Israel se besetting van Palestina vir eens te beëindig.

“Die Palestyne het kolonialisme en apartheid verduur … Daar is diegene wat woedend is oor hierdie woorde. Hulle moet woedend wees oor die werklikheid wat ons ly,” het Al-Maliki aan die hof gesê.

Die Internasionale Geregshof het Maandag begin met verhore oor die regsgevolge van Israel se besetting van Palestynse gebiede. Dié besetting strek so ver terug as 1967.

Soveel as 52 lande, waaronder die Verenigde State, Rusland en China, sal na verwagting in die week lange verhoor in die Vredespaleis in Den Haag getuig.

Palestina was vandag eerste aan die woord.

“Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat geweier word en die Palestynse volk is geregtigheid vir veels te lank geweier,” het Al-Maliki aangevoer.

“Dit is tyd om ʼn einde te bring aan die dubbele standaarde wat ons mense te lank gevange gehou het.”

Al-Maliki het verder aangevoer “die volksmoord wat in Gaza aan die gang is, is ʼn gevolg van dekades van straffeloosheid en gebrek aan optrede”.

“Om Israel se straffeloosheid te beëindig is ʼn morele, politieke en wetlike imperatief,” het hy gesê.

Die Palestynse VN-gesant, Riyad Mansour, het gesukkel om die trane te keer toe hy gepleit het vir ʼn “toekoms waar Palestynse kinders soos kinders behandel word en nie as ʼn demografiese bedreiging nie”.

Buite die hof was tientalle pro-Palestynse betogers byeen.

“Ek hoop regtig geregtigheid sal seëvier,” het Nadia Slimi, organiseerder van die betoging, aan AFP gesê.

“Ek hoop werklik al die gesamentlike pogings om Israel te druk om ’n meer menslike beleid te eis, sal uiteindelik lei tot ’n paar stappe om die Palestynse mense te bevry.”

Die VN se Algemene Vergadering het die Internasionale Geregshof in Desember 2022 reeds gevra vir ʼn nie-bindende “adviserende mening” oor die “regsgevolge wat spruit uit die beleid en praktyke van Israel in die besette Palestynse gebied, insluitend Oos-Jerusalem”.

Vandeesweek se verhore is egter afsonderlik van Suid-Afrika se hoëprofielsaak voor dieselfde hof. In dié saak het Suid-Afrika Israel daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree het.

Die Algemene Vergadering vra die hof om twee kwessies te oorweeg: die regsgevolge van wat die VN as “die voortdurende skending deur Israel van die reg van die Palestynse volk op selfbeskikking” bestempel en die gevolge van wat beskryf word as Israel se “aanneming van verwante diskriminerende wetgewing en maatreëls”.

Volgens die VN se Algemene Vergadering behoort die hof te adviseer oor hoe Israel se optrede “die regstatus van die besetting beïnvloed” en wat die gevolge vir die VN en ander lande is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Martie Smartie ·

Hou maar so aan, een vd dae glo mense julle is geregtig om Israelse vroue te verkrag, mense te vermoor, vermink en te ontvoer, insluitend babas en weerlose mense. Hou aan grens in die hof, die wereld sal seker later almal die Israeliete haat. Of so dink julle. Die VN en sy hof is ‘n klugspul. UNRWA is die VN se Hamas afvaardiging. Uitgevang. Mag Israel aanhou om julle elke dag te herinner aan 7 Oktober 2023. Elke dag.

Nommer 7 ·

VN Resolusie 181(ii) van 1947 het daarvoor voorsiening gemaak dat die 5 Arabiese buurlande ‘n onafhanklike Palistynse staat van 11,000 vierkante km tot stand kon bring. Hulle het nie belang gestel nie, want hulle wou ook Israel se 14,000 vkm he. Nou kla hulle oor hul 360 vkm Gaza strook. Dit was hulle keuse.

Marous ·

Wie het begin met hierdie oorlog . Waarom is daar honderde kilometers se tonnels gebou waarvandaan lafhartige aanvalle geloods is . Waarom het hulle nie hof toe gehardloop voor hulle besluit het om massa moord te pleeg nie. Gee Rusland vir die Oekraniers kos en brandstof en water ? As jy met vuur speel moet jy nie huil as jy jou vingers brand nie . Hulle wil Israel totaal uitwis .

Seef ·

Hulle het nou ook die woord apartheid as die verskoning vir alles aangeleer. Walglik man!!!!

Nettie ·

Ai. Die Afrikaners is nog so blind.

Hierdie is Britse Imperialisme. Hulle het ingekom en die Kaap gevat. Toe sien hul goud en silwer en hul ogies blink. Vir ons vrouens en kinders se “eie veiligheid” is hulle toegesluit en met hongersnood en siektes bedreig.

Toe begin HIERDIE SELFDE mense Israel. Toe sien hulle gas in die see langs Gaza en hul ogies blink.

Gaan lees op oor WIE hierdie “projek” begin het. En hou op loop agter dieselfde mense aan wat dit ook aan ons kinders gedoen het! Mens kan beide Hamas veroordeel, EN dade wat teen die Palestyne gepleeg word. Verkeerd bly verkeerd. En Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy lief is vir kindertjies en van ons verwag om Sy voorbeeld te volg.

Magda ·

Wat van Ukraine wat ook in n oorlog is en waar duisende mense ook onskuldig vermoor word, hoekom se ANC nie iets daaroor nie,

Gaitsigubib ·

Dankie Nettie. Ek kom agter, vat jy palistina se kant, haat 50% jou. Vat jy Israel se kant, haat 50% jou. Praat jy van vrede, dan haat almal jou. Die mate van onkunde tussen mense wat n baie sterk opinie het is ongelooflik, maar aan bloeddorstigheid is geen tekort nie.

Martie ·

Israel word beskuldig van apartheid en Hamas is terroriste. Hou julle kinders in die huis maar dis net soos hier, die kinders en vroue is voor in die koor sodat ons kan kla oor kindertjies en vroue.

electricmango ·

Gee oor of gaan dood. Klomp terroriste het gedink die wereld sal val vir hulle arrogansie – toe nie. Elke persoon wat dood gaan in die oorlog is te danke aan hamas – komaan Israel vee hulle van die aardbol af, hulle verdien nie die suurstof wat hulle gebruik nie.

Marthinus W ·

Op CNN is n onderhoud tussen Christiane Amanpour en Israel se voormalige premier. Hy erken dat dit Israel was wat die tonnels gebou het, omdat daar nie genoeg bogronds was vir die Palestyne, het Israel hulle ondergronds gedwing, in die tonnels in. Tot Amanpour se krediet erken sy dat sy geskok is deur die onthulling.

Tinus ·

Maklik man, raak net n vlugteling, soos die klomp wat na Europa vlug oor die Middellandse see. Dan kry jy kos, blyplek en sakgeld. Moet net nie n kolonialis wees nie, dan is jy die gemors van die aarde…

MARTIE ·

Ek stem Palestynse kinders moet toegelaat word om kinders te wees so die skynheilige trane is maar eintlik net ‘n vertoning. In Palestina vier die praktyk van bloedskande en kinderbruide hoogty.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.