Russe stem Vrydag vir (nuwe) president

‘n Vrou stem in die Russiese presidentsverkiesing by ‘n stembus in Mariupol, ‘n Russiese beheerde gebied in Oekraïne. (Foto: AFP)

Die Russe sal Vrydag na die stembus gaan om hul kruisie te trek agter die kandidaat wat hulle meen Rusland vir die volgende ses jaar moet lei. Wêreldleiers is egter nie hoopvol dat die volgende Russiese president op ʼn werklik demokratiese wyse verkies sal word nie.

President Vladimir Poetin het Russe Donderdag aangemoedig om vir hom te stem om ʼn derde termyn as president te dien, aangesien die land ʼn “moeilike tyd” beleef.

“Julle moet besef deur watter moeilike tyd ons land gaan en watter uitdagings ons in die gesig staar. Ten einde met waardigheid en suksesvol op hierdie uitdagings te kan reageer, moet ons aanhou om verenig en met selfvertoue op te tree,” het hy gesê, ure voordat stempunte oopmaak.

Poetin kom te staan teen drie kandidate wat glo deur die Kremlin goedgekeur is, van politieke partye wat lojaal is teenoor hom en sy beleid.

Die Europese Unie en Navo het reeds aangedui hulle glo nie dat ʼn verkiesing in Rusland vry en regverdig kan wees nie, aangesien die Kremlin reeds alle opposisie vertrap het.

“Gegewe die manier waarop stemme in die verlede in Rusland, onder die Kremlin se administrasie, voorberei en georganiseer is, weet ons reeds hoe die uitslae môre gaan lyk,” het Peter Stano, woordvoerder van die EU, gesê.

Genl. Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo, stem saam. “Ons weet reeds dat opponerende politici in die tronk is, sommige is vermoor en ander leef in ballingskap. Daar is ook geen vry en onafhanklike media in Rusland nie.”

Rusland sal boonop probeer om ʼn stemproses in dié dele van Oekraïne te organiseer wat deur Rusland beset word. Stano sê egter dié stemme sal nie deur die EU erken word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Katinka ·

Ek hoop Putin kry hom weer, baie respek gekry vir hom as ‘n president, hy staan vir Rusland en sy mense, punt‼️

Louis ·

Die Europese Unie en NATO praat van opposisie vertrap, en geen vrye media in Rusland nie. In Duitsland word ernstige pogings aangewend om die AFD te vebied, en bankrekenings van opposisie organisasies bv. COMPACT word gesluit. Dit is strafbaar om die Duitse vlag in die Duitse parlement te vertoon. ens. ens. ens. En die soort dinge gebeur natuurlik nie net in Duitsland nie. Wie het Ursula van der Leyen verkies? En wie gee Klaus Schwap en George Soros en kie die reg om sulke drastiese besluite namens die hele wêreld bevolking te neem ? Viva PRESIDENT Putin.

Oosieoos ·

In watter droomland woon die spul trek gerus rusland toe en kry vir julle. Onthou net om “ja baas, nee baas” te sê

Dirk ·

Daar is ongelukkig geen demokrasie in Rusland nie. Putin maak sy opposisie leiers dood om te voorkom dat hy al sy rykdom en mag verloor. Hy geen niks om oor sy mense nie, net homself en sy mag wat hy het oor mense. Hy regeer die land op ideologie van fascisme.

Louis ·

Oosieoos, het jy enige teenargumente ? ? ? Nie mooi en demokraties om mense wat van jou verskil ‘die spul’ te noem nie. En om sommer net te sê hulle leef in droomland nie. En ‘kry vir julle’ Wens jy die mense ook nog slegte dinge toe ? Miljoene en miljoene nie-Russe sal Rusland toe trek as hulle jou raad volg.

domheks ·

Ons regering hier plaaslik sal darem wens om soos Putin te wees. Baas van die plaas en almal wat verskil word dood gemaak

Adriaan ·

Russian citizens will head to the polls on March 15-17 to vote in 2024 presidential election. There are 112.3 million eligible voters inside Russia, and around 1.9 million eligible voters reside abroad.

Voter turnout is expected at 71%, as per the Russian Public Opinion Research Center (VCIOM).

What’s new about 2024 elections?

E-voting, a remote electronic voting system, is being used for the first time to elect a Russian president. Voters in 29 Russian regions will be able to cast their ballots remotely.

– Electronic ballot processing system uses a special scanner to read and process marked paper ballots and tally the results.

– Mobile Voter mechanism provides online voting.

– Elections state automated system is information software that ensures that ballots are counted in an accurate and rapid manner.

There are four candidates vying for the top office:

– Self-nominated candidate and incumbent President of the Russian Federation Vladimir Putin;

– Communist Party nominee Nikolay Kharitonov;

– Liberal Democratic Party nominee Leonid Slutsky;

– New People party nominee Vladislav Davankov.

Who will observe the voting process?

– Election observers are Russian citizens who monitor compliance of election procedure with the law, supervise the process and record possible violations.

– 200 parliamentary international observers have been accredited to monitor the elections in Russia, delegations from 36 countries are already arriving.

Cassie Carstens ·

Katinka trek gerus Rusland toe en gaan woon daar. Die “opposisie partye” is deir Poetin geplant om die verkiesing vry en regverdig te laat lyk. Jammer daar is Suid Afrikaners wat soos jy dink. Ek kry julle jammer!

Marthinus W ·

Dirk, noem asb net een opposisieleier wat “vermoor” is.

Rusland het n onafhanklike verkiesingskomitee, wat die kandidate moet keur. Poetin staan as onafhanklike, maar word deur Dmitri Medwedef se party ondersteun, daarom staan Medwedef nie. Die Kremlin het nie die partye geskep nie, dis fopnuus. En die “election observers” is mense van regoor die aardbol: Nederlanders, duitsers, Brasiliane, Arabiere, en meer, en hulle name word gelys. By elke stemlokaal is webkameras waartoe elke persoon toegang het – dit gebeur nie eens in Amerika nie. Met die referendum op die krim het n groep SAners as observers gehelp.

In 2104 het Amerika en die EU Oekraine se wettiglik verkose president laat onttroon, en dit staatgrepers ondersteun. In Amerika word Donald Trump op allerhande maniere verhoed om deel te neem. En waar is Robert kennedy? Hy gaan ook deelneem.

JohanR ·

In Rusland kan daar darem vir ‘n nuwe president gestem word alhoevel daar net een naam op die stembrief is. Hier in SA kan ons nie eers na ‘n stembus toe gaan….. ‘n president word net aan ons af gesmeer!

Martie ·

Hierdie Poetin ondersteuners, ek wonder of julle ooit weet hoe lyk dit in Rusland.

Ben ·

Martie, ek beskou myself nie as ‘n Poetin ondersteuner nie, maar ek haat ook nie die man asof hy die duiwel self is nie. Net sodat jy nie hoef te wonder nie: Ek was in-en-uit Rusland meer keer oor die afgelope 25 jaar as enige ander land behalwe Suid-Afrika en ek praat die taal redelik vlot, lees Russiese literatuur en is goed bekend met die geskiedenis van die land en hoe dinge vandag daar uitsien.

Ek verstaan waarom meeste Russe Poetin so hoog aanskryf: Ek het met my eie oë gesien hoe Rusland van die gemors waarin dit was in die 90’s onder Yeltsin verbeter het tot wat dit vandag is. Mense se lewenskwaliteit het ongelooflik verbeter: Die groot stede soos Moskou en St Petersburg hoef vandag vir geen stad in die wêreld terug te staan nie. Hulle werkloosheidsyfer staan vandag op 2.9%, hulle inflase bietjie hoog op 7.7% maar binne beheer, en laasjaar het hulle ekonomie met 2.2% gegroei – nie te sleg vir ‘n land wat swaar onder sanksies gebuk staan en in ‘n oorlog betrokke is nie. Die prentjie wat die internasionale media, met ‘n paar uitsonderings, van Rusland skep is ongelukkig ‘n prentjie van ‘n land wat slegs bestaan in die verbeelding van ‘n klomp propagandiste. Dit is nie naastenby perfek nie, maar daar is baie slegter plekke as Rusland in die wêreld, en baie erger individue as Poetin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.