Ses olifante in een dag gestroop

Olifanttande (Foto: ANA)

Minstens ses olifante is binne ʼn dag in die Mago- nasionale park in Ethiopië gestroop. Hul tande is verwyder om dit glo in swartmarkte in China en suidoos-Asië te verkwansel.

Die BBC berig die stropers het 30 keer op een olifant geskiet voordat dit gevrek het.

Die olifante het glo suid van die nasionale park water in die Omorivier gesoek toe hulle deur die stropers vasgetrek en gestroop is. Dié nasionale park is digby Ethiopië se suidgrens wat die land met Kenia en Suid-Soedan verbind. Die Omorivier loop oor Ethiopië se grens tot in die Turkanameer in Kenia.

Ganabul Bulmi, die hoof van die park, het aan The Guardian gesê dat hy nog nooit só ʼn massastroping van olifante gesien het nie.

Bulmi sê dit was ʼn onbegonne taak om die stropers vas te trek omdat die inwoners in die omgewing gewoonlik gewapen is. Die inwoners was glo ook nie bereid om amptenare te betrek nie.

Amptenare sê die olifante se tande is glo verwyder en aan die swartmark in China en suidoos-Asië verkoop. Hoewel verskeie lande die onwettige handel van ivoor verbied het, word daar steeds talle Afrika-olifante jaarliks vir hul tande gestroop.

Volgens Panda, die organisasie vir wildlewe, was daar ʼn toename in stropery in die afgelope paar jaar. Dié stropery is aangedryf deur die toenemende vraag na ivoor in Asië.

Daniel Pawlos, die direkteur van handel en beheer van die Wildlife Conservation Agency, het aan The Guardian gesê daar is verlede jaar altesaam tien olifante gestroop. “Wat hierdie laaste voorval erg maak, is die feit dat ses olifante op een dag gestroop is,” sê Pawlos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stofdonkie ·

Swart lande kan niks opbou nie, laat hulle lank genoeg sonder westerse toesig en daar sal niks oorbly nie. Die storie van die mier en die sprinkaan wys hierdie beginsel baie duidelik uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.