Skotse haker uit Wêreldbeker ná hy op hoteltrap gly

David Cherry en Malcolm Marx tydens die afgelope naweek se wedstryd in Marseille. (Foto: Pascal GUYOT / AFP)

David Cherry van Skotland is op pad huis toe nadat hy op ’n trap gegly het by die hotel waar die span in Frankryk tuisgaan en harsingskudding opgedoen het.

Dit beteken die Skotse haker sal vir ten minste die volgende 12 dae nie kan speel nie.

“Die besluit is dus geneem om sy betrokkenheid by die toernooi om mediese redes te beëindig nadat hy Maandag op die span se rusdag op die hoteltrap gegly en sy kop beseer het,” het die Skotse rugbyfederasie Donderdag aangekondig.

Cherry het Sondag vir die eerste keer in ’n Wêreldbeker-wedstryd uitgedraf toe sy span en die Springbokke mekaar die stryd in Marseille aangesê het. Die Bokke het die Skotte met 18–3 geklop.

“Ek is geweldig teleurgesteld om die groep met harsingskudding te verlaat,” het Cherry Donderdag gesê.

“Ek was mal oor my tyd in die oefenkamp gedurende die somer en om aan my eerste Wêreldbeker-wedstryd Sondag teen Suid-Afrika te kon deelneem. Ek wil die span alle sterkte toewens vir die res van die kompetisie.”

Stuart McInally, wat aanvanklik op bystand was nadat Ewan Ashman verlede week ook harsingskudding opgedoen het, is opgeroep om Cherry te vervang.

Die nuus oor Cherry volg kort nadat dit bekend geword het dat die Suid-Afrikaanse haker Malcolm Marx óók uit die skouspel is. Marx het Woensdag sy knie tydens een van die Bokke se oefensessies beseer.

  • Skotland speel op 24 September teen Tonga in Nice, gevolg deur Roemenië in Lille ses dae later voordat hulle op 7 Oktober teen Ierland in Parys te staan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

miche ·

Ja wragtag B-man. Stem saam met jou. Tensy hy die harsingsskudding opgedoen het op die veld en as gevolg daarvan op die hoteltrap geval het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.