Trump, Clinton ook in Epstein-dokumente genoem

Ghislaine Maxwell (links) en Jeffrey Epstein (regs). (Foto’s: Laura Cavanaugh/Handout/ verskeie bronne/AFP)

Byna 200 name wat voorheen uit hofdokumente in ʼn regsgeding teen Jeffrey Epstein se voormalige minnares en medepligtige Ghislaine Maxwell (62) opgestel is, is op bevel van ʼn regter in New York bekend gemaak.

Regter Loretta Preska het verlede maand in ʼn dokument van 50 bladsye sowat 180 sake – onder skuilname – gelys en beslis dat die werklike identiteite binne 14 dae van haar bevel bekend gemaak moet word.

Twee voormalige Amerikaanse presidente, Bill Clinton en Donald Trump – wat nie van enige oortreding in die saak beskuldig word nie – se name is ook in die oopgestelde dokumente met byna ʼn duisend verklarings, ingesluit.

Die bekendmaking van die name is deel van ʼn lastersaak tussen Maxwell, wat in 2022 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is, en Virginia Giuffre, wat haar dagvaar.

Sommige mense het beswaar teen die bekendmaking van hul identiteite in die saak gemaak.

Regsverteenwoordigers vir ʼn persoon bekend as “Doe 107”, het aan die regter in die saak geskryf en aangevoer dat sy kliënt in sy tuisland geviktimiseer kan word en het vir tyd gevra om betoë in te dien sodat sy naam verseël sal bly.

Epstein het baie hoëprofielbande gehad, onder andere met oudpresidente, buitelandse premiers, koninklikes soos Brittanje se prins Andrew, sowel as Hollywood-sterre, vooraanstaande akademici, mense in die model- en modebedryf en ander openbare figure.

Sommige van die name is voorheen op ander maniere bekend gemaak ondanks die feit dat dit in die regsgeding van die publiek weerhou is.

Talle van die name is om verskeie redes weerhou, insluitend name van sommige van Epstein se minderjarige slagoffers en minstens een persoon wat volgens die regter valslik geïdentifiseer is.

Giuffre se lastereis teen Maxwell dateer terug na 2016 en is die volgende jaar geskik. Die Miami Herald het egter regstappe gedoen om toegang tot die lêer te kry en die Epstein-netwerk te ondersoek.

ʼn Aantal dokumente in die saak is in 2019 bekend gemaak, dae voordat Epstein homself in aanhouding gehang het terwyl hy verhoorafwagtend was.

Maxwell en Epstein was in die vroeë 1990’s ʼn paartjie voordat hulle vir byna drie dekades professionele medewerkers en medepligtiges in seksmisdade geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gaitsigubib ·

Die dokumente wat nou beskikbaar gemaak is, is Epstein se “flight logs”. In die dokumente is bevind dat Trump in die 90’s eenmaal op Epstein se vlietuig was. Clinton aan die anderkant het 50 maal van die vliegtuig gebruik te maak. Dit nadat Epstein skundig gepleit het aan allerlei obskure misdade in 2008. Na wat ek kan aflei het Trump nooit Epstein se eiland besoek nie. Ek is nie verbaas dat mens deur die berig mislei word nie, want ek is lank al bewus van bevooroordeling.

Hennie Biebouw ·

Ghislaine Maxwell is 20 jaar tronk toe gestuur vir ‘kinderhandel”, maar tot op hede is daar nie ‘n enkele kliënt genoem vir wie die kinders gehandel was nie. Seersekerlik was dit nie net vir Jeffrey Epstein nie? Sover dit Trump aangaan, as daar hoegenaamd enige bewys was wat Trump kon koppel aan dade met kinders, dan sou dié lys laaaank reeds bekend gemaak wees. Maar daar is nie. Trump se naam word bloot gebruik om die naam van die Clintons te buffer.

Ons het beslis nog nie die einde gehoor van Jeffrey Epstein se eiland nie….

A ·

@Gaitsigubib

Hoekom jok jy? As ek net vinnig kyk kan ten minste 4 keer sien waar Trump se naam op die lys is.

JohanR ·

Ek het iewers gelees as Clinton en Trump net eenkeer eiland toe is kan mens miskien nog se OK. Maar as hulle 10 keer eiland toe is dan het die pedofiele saam gedrom! Sal nie verbaas wees as die vieslike Hilary Clinton ook eiland toe is?

Gaitsigubib ·

A ek sal graag wil hoor waar die lys tesienne is. Ek het nou net iets van die lys gesien op you tube maar toe ek dit oopmaak se dit “the account has been suspended”, of iets tot die effek. Ek het dit vreemd gevind want ek kon wel die “thumbnail” sien. Laat weet asb waar ek self kan lees, Trump se naam is 4 maal genoem (op die lys). Ek is eerlik dat nie terugvoer van jou af verwag nie, want ek verwag dat jy na The View of CNN gekyk het vir jou inligting. Groetnis G.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.