Trump se organisasie skuldig aan taksbedrog

Donald Trump (Foto: Brendan Smialowski / AFP)

Donald Trump se familieonderneming is deur ’n jurie in New York aan belastingbedrog skuldig bevind – ongetwyfeld ’n slag vir die oudpresident wat hom as kandidaat vir die Amerikaanse presidentskap in 2024 verkiesbaar gestel het.

Die Trump-organisasie – ʼn ongenoteerde familieonderneming wat gholfklubs, hotelle en luukse eiendomme besit – en sy afsonderlike entiteit, die Trump Payroll Corporation, is Dinsdag op al 17 aanklagte skuldig bevind.

Dit is die eerste keer ooit dat die maatskappye aan misdade skuldig bevind is.

Die twee entiteite is skuldig bevind aan die bestuur van ’n 13 jaar lange belastingontduikingskema waartydens sakerekords vervals is.

Jurielede het met aanklaers in die saak saamgestem dat die Trump-organisasie – wat deur Trump se twee oudste seuns bestuur word – vergoeding versteek het wat tussen 2005 en 2021 aan topbestuurders betaal is.

Die Trump-organisasie se lang dienende finansiële hoof, Allen Weisselberg, het reeds skuldig gepleit op 15 aanklagte van belastingbedrog en het teen sy voormalige maatskappy getuig as deel van ’n pleitooreenkoms.

Trump self was nie in die saak aangekla nie en Weisselberg het nie die oudpresident tydens die verhoor geïmpliseer nie.

Weisselberg het wel erken dat hy met die maatskappy saamgesweer het om onverklaarde voordele soos ’n huurvrye woonstel in ’n deftige woonbuurt in Manhattan, luukse motors vir hom en sy vrou en privaatskoolonderrig vir sy kleinkinders te ontvang.

Luidens sy pleitooreenkoms het Weisselberg ingestem om byna $2 miljoen aan boetes te betaal en ’n vonnis van vyf maande tronkstraf uit te dien in ruil vir getuienis tydens die verhoor, wat in Oktober begin het.

Trump het sedertdien gesê die Trump-organisasie is nie aanspreeklik vir “Weisselberg wat belastingbedrog op sy persoonlike belastingopgawes gepleeg het nie”.

Volgens Trump het die maatskappy geen voordeel uit Weisselberg se optrede getrek nie. Nie Trump of enige van die maatskappy se werknemers was volgens hom ook toegelaat “om die finansiële hoof se opgawes wettig na te gaan” nie.

Trump het voorts gesê hy is “teleurgesteld met die uitspraak” en sal appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

annie ·

Mmm… Die Demokrate wíl hom uitwerk. Die VSA kla oor Sjina en Rusland. Dit is self ‘n eenpartystaat.

Thom ·

Ai ou Annie __ die Demokrate hoef hom nie uit te werk nie , hy self doen dit goed genoeg .

Dooierus ·

…Ek wil hom uitwerk en ek bly nie eers in Amerika nie!

Gawie ·

Ai ou Donald – niks is ooit jou skuld nie. Dis altyd iemand anders wat ‘n fout gemaak het.
Wees die ware man wat jy voorgee om te wees en erken jou en jou twee seuntjies se aandeel aan al die skandes.

chris ·

Trump is nie aangekla nie en ook nie geimpliseer nie.Klink weer soos die Russian Hoax

Riaan ·

Het jy dieselfde stukkie saad vir Cyril ook gestuur ou Gawie

Jacques Dawie ·

Hoop die demokrate gaan nie die stoon roller stop en dieselfde ondersoek las na die Biden’s en hul Ukraine geldwassery, ek vra vir n vriend..

Joa ·

Die GOP reken dat hulle dit wel gaan doen maar met wat ek al gesien het, sal daar niks daadwerkliks van kom nie. Amerika is gekaap deur die Deep State en hulle is aan die Demokrate , Rinos en globaliste se kant. Soros het mos gese…”Amerika staan in die pad van n wereld sonder grense met n een wereld regering. Soros en kie is besig om te wen.

Gert ·

Hoe groter is Biden, Cyril, Julias, Zuma die top 6 en soortgelykes in jou voorste windskerm. Ek sal maar liefs nie saam ry nie.

Gert ·

Die ver linkse liberaal sal enigiets doen om Donald te kniehalter. So tipe president hier sal ongetwyfeld n’ masiewe positiewe verandering in hierdie stuierende Suid Afrika voortbring. Viva Trump.

Anonymouse ·

Nee wat, Donald het al die dinge aan homself gedoen. Hy het ‘n lang geskiedenis van bedrog. Gaas lees maar op. Begin miskien by die een waar hy ‘n liefdadigheisorganisasie ingedoen het.

Nommer 7 ·

“Ver linkse liberaal”, is maar net ‘n terme wat Trump gebruik om sy saak te bevorder. Dit bestaan nie werklik nie. Trump het ook net verlede week na die Demokrate verwys as kommuniste, en dat hulle mense martel. Miljoene in Amerika glo egter hierdie snert wat hy kwytraak. So ook die 700,000 wapens, en duisende nuwe wapentuig wat Amerika in Afghanistan agtergelaat het toe al 100,000 soldate ontrek is. Hierdie snert glo sy miljoene ondersteuners ook.

Nici ·

Die Demokrate is beslis aan die werk. Onthou die hele Russia Collusion bedrogspul wat na jare bewys was om leuens te wees? Hierdie is nog een, maar dit neem lank genoeg om die waarheid te laat seevier dat die Demokrate skade verrig vir politieke gewin. Dis soos iemand wat beskuldig word van verkragting. Die beskuldiging alleen vernietig selfs die onskuldige persoon.

Joa ·

Ek is bevrees dat nou vra jy teveel v mense wat net die hoofstroom media volg, en ja dit sluit Fox in. Ironies genoeg reken hierdie selfde mense dat hulle is hoogs ingelig, terwyl hulle eintlik aan hul neuse rondgelei word deur die hoofstroom media.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Demokrate het ‘n verlinkse groep wat moet wegbreek en ‘n nuwe party stig. Net so het die Republikeine ‘n verregse groep wat moet wegbreek en ‘n nuwe party stig. Die gematigde Demokrate en Republikeine kan dan ‘n verenigde party bou. Met drie groot partye wat alle kiesers opsies bied kan die VSA vorentoe beweeg.

Colin ·

Ek stem absoluut saam dat dit ‘n baie meer akkurate beeld van Amerika sou skep. Ek gril vir beide ekstreme kante, wat gekaap word deur wokes aan die een kant en neo nazis aan die ander

Kensy ·

MAG is n lelike ding! Lyk my daar is geen “genoeg” as dit by mag en geld kom nie.
Daar word van mense wat minimum loon op n eerlike manier verdien om hulle deel aan belasting te betaal, maar die FAT CATS (wêreld wyd) dink hulle is onthef van daardie verantwoorderlikheid.
Waar is die dae wat leierskap nog iets beteken het??

Windhond ·

Ek moet regtig myself op n taal verfrissings kursus neem – TAKS? wat het geword van belasting? help my asb laat ek verstaan

Tredoux ·

Onthou net een ding mense. Daar bestaan nie so iets soos Republikein en Demokraat agter die gordyn nie. Donald is nie een van die twee nie en hy is nog minder eerbaar (watookal die woord mag beteken) Die beste manier om hierdie teaterstuk te laat werk, is dat daar n “good cop” en “bad cop” is. Mens het n vyand nodig in elke goeie storie. Hoekom hoor ons alles van almal? Alles is vir ons vermaak en óók, ons ondergang.

Marthinus W ·

In Amerika is “insider trading” onwettig. Dis wanneer n lid van die regering inligting ontvang en dit gebruik om geld op die aandelebeurs te maak. Nancy Pelosi se man het weens die inligting wat sy as speaker gehad het, meer as $100 miljoen die afgelope jaar gemaak. Toe sy in Taiwan was nou die dag, was haar seun saam (op staatsonkoste), omdat hy sakebelange daar het. Dit word egter geignoreer.

Joa ·

Liz Cheney, deesdae n Demokraat liefling het ses jaar gelede die Kongres ingegaan met +-$7 miljoen. Ses jaar later en sy is nou $44 miljoen werd. Lekker joppie. Daar is n reuse verskil tussen polici wat reeds hul geld gemaak het of wat n sterk loopbaan agter hulle het, en die wat n professionele poltikus is. Eersgenoemde kan jy so min of meer glo maar laasgenoemde glad nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.