Trump verlaat Withuis

(Foto: MANDEL NGAN / AFP)

Die uittredende Amerikaanse pres. Donald Trump het die Withuis in Washington DC verlaat.

Marine One, die amptelike presidensiële helikopter, het Trump en sy vrou, Melania, Woensdag vir oulaas op die suidelike grasperk van die Withuis opgelaai om hulle na die Andrews-lugmagbasis in die buitewyke van Washington DC te neem.

Die egpaar is van daar af met Air Force One, die amptelike presidensiële vliegtuig, na sy Mar-a-Lago-gholfklub in Florida gevlieg waar hulle ná Trump se tydperk in die Withuis sal woon.

(Foto: Pete Marovich – Pool/Getty Images/AFP)

“Dit was ’n ongelooflike vier jaar,” het Trump met sy vertrek by die Withuis gesê. Die uittredende president het later aan ondersteuners by die lugmagbasis gesê hy sal “in die een of ander vorm weer terugkeer”.

“Ek wens die volgende administrasie baie geluk en groot sukses toe.”

’n Woordvoerder van die Withuis het intussen gesê Trump het ’n brief vir sy opvolger, Joe Biden, agtergelaat.

Biden word omstreeks 19:00 (Suid-Afrikaanse tyd) as die 46ste president van Amerika beëdig.

Trump is die eerste president in meer as anderhalf eeu om die inhuldiging van sy opvolger mis te loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Jaco ·

Hy gaan 1 jaar weg wees, dan is Amerika in ‘n GROOT gemors met miljoene onwettige immigrante, human rights en “defunding the police”. Dan sal selfs sy grootste vyande wens hy is terug.

Die Wolf ·

Dit is maar die mentaliteit van n sekere groep Amerikaners. Word so deur die media gemanipuleer dat dit eers later tot insinking kom.

Michael ·

Na hy met 7milj stemme verloor het, hordes hofsake verloor en geen bewyse van massa stem bedrog tree die man nogsteeds soos n stout kind en slegte verloorder op. Hy is skaamteloos. Hy het n paar goeie idees gehad, maar alles is ongedaan gemaak deur sy optrede van die laaste maand of twee.

Natasha67 ·

‘n Mens kan ‘n redenasie hê oor sy persoonlikheid, maar Trump was ‘n puik president. Hy het hom nie laat afpers deur die Liberales nie. Ek sien ‘n donker tyd wat voorlê met Biden wat kognitief nié op standaard is nie, en ‘n vise-president wat sosialisties is.

Die Wolf ·

Biden is maar slegs die front. Raai maar self wie agter die hele manipulasie sit. As hy iets oorkom is ek bevrees dat die tweede in bevel nie bevoegd gaan wees nie. Dit gaan hier slegs oor selfvereiking. Met Trump kon dit nie gebeur nie.

Karel Kobus Kruger ·

Mens kan debatteer of hy n goeie president was of nie. Wat egter seker is, is dat die nuwe “first lady” nie so aantreklik soos Melania sal wees nie. Inteendeel…….

Human ·

Die meerderheid Amerikaners se gebede en stemme is gehoor. Nou is redelikheid en verantwoordelikheid weer in beheer.

Vlakvark ·

Ja ons het geleer dat dooie mense kan stem maar het nie geweet hulle kan bid nie.

Human ·

Nee, julle het net geleer dat hoe meer die leuens verkondig word, hoe meer glo liggelowiges dit.

Charles ·

Koebaai Amerika, grense sal oopgegooi word, aborsies sal aan orde van die dag wees, hul word van binne vernietig. Ondenkbaar wat volg…

Andries ·

Dis die waarheid Charles,dit beteken ook die lewe gaan vir ons ook moeilik word die wat hier werk in die vsa om na ons gesinne om te sien.hy like ons SA’s niks nie.

Die Wolf ·

Nee, hy sal te veel hooi op sy vurk he om ontslae te raak van al die bakhanders.

Thom ·

Die finansiële markte sê julle praat twak ! ‘n President wat nie vir alles bang is nie , nie die olie-baronne gaan neskerm nie en nie ontsmettingsmiddel vir die behandeling van Covid aanbeveel nie ! Kan net beter gaan !

Die Wolf ·

Ekskuus, watter president was bang? Die voriges was n klomp lamsakke en het amper hulle land finansieel vernietig. Wys my wie van die vorige lot het China ,Noord korea ens op hulle plek gesit. Met die voriges was miljoene mense sonder werk. Ek stel voor kry feite.

Kobus ·

Die Wolf: pasop die FBI gaan jou kom uitsnuffel. Was jy die ou met die kaalbolyf en die horings wat ek op TV gesien het op Capitol Hill?

Niklaas ·

CNN kraai van lekkerte. Wonder wie gaan nou hul daaglikse slaansak wees?

Eragrostis ·

Hoe tref jy dié vergelyking? Hulle is dan absolute teenpole van mekaar.

Kobus ·

Ek verstom my oor die ondersteuning wat Trump steeds kry. Ek stem saam met die Republikeinse beleid, maar beslis nie met Trump as mens nie. Sy ego en narsisme maak hom uiters gevaarlik. Kyk gerus na die 140 plus name van mense wat hy ge-”pardon” het, lyk soos Zuma se vriende- almal dwelm smokkelaars, kurrupte bedrieers en spul skelms. Die skade wat hy aan die party gedoen het gaan baie lank vat om te herstel en die beeld van die VSA nog langer. Ten minste met Biden administrasie het lande soos SA n beter kans om die entstof te kry.

Jan ·

Die brief aan Biden is kort en kragtig: “Joe, you know I won.” Dis nie verby nie…

Androclus ·

Kyk na SA jou land en los Amerika en sy stories ek dink nie hulle is so gepla oor SA se doen en late nie.

JapieG ·

Hoor my lied, Biden is net daar om die sitplek warm te hou vir Kamala Harris, hy gaan nie sy termyn voltooi nie, sy gaan by hom oorneem en dan sit die VSA met sosialistiese president.
Gaan soek in Youtube na “More Deadly Than War – G. Edward Griffin” en vergelyk wat hy in 1969 gesê het met wat die afgelope jaar in Amerika gebeur het.

Andries ·

Ja neh vir al die dom mense wat gese het Trump was sleg vir VSA daar verloor oor die 50 000 mense nou hulle werk binne minder as 24 uur te danke aan die demokratiese evil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.