‘Uitbranding’ nou amptelik ‘n diagnose

Argieffoto (Foto: geralt/Pixabay)

Die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) het “uitbranding” vandeesweek amptelik as ʼn beroepsprobleem erken. Dié sindroom is nou gepubliseer in die agentskap se handboek van mediese diagnose, wat gesondheidspraktisyns wêreldwyd lei.

Simptome van uitbranding sluit uitputting, ʼn negatiewe gevoel oor jou werk, en moeite om jou werk doeltreffend te doen, in. Volgens die WGO word uitbranding veroorsaak deur “chroniese stres in die werksplek wat nie suksesvol bestuur word nie”.

Die WGO het dit benadruk dat “uitbranding” nie as ʼn mediese toestand geklassifiseer is nie. Dokters kan egter uitbranding diagnoseer as ʼn pasiënt die drie simptome het. “Dit word spesifiek in die beroepskonteks gebruik en moet nie aangewend word om ervaring in ander lewensfasette te beskryf nie.”

Aldus BuzzFeed is “uitbranding” vir die eerste keer in die mid-1970’s beskryf toe die sielkundige Herbert Freudenberger dit gebruik het om gevalle te beskryf van “fisiese of geestelike uitputting wat deur te veel werk of stres veroorsaak is”. ʼn Gallup-peiling het verlede jaar bevind nagenoeg 1 uit 4 werknemers voel dikwels of deurgaans of hulle aan uitbranding ly met ʼn bykomende 44% wat sê hulle voel “soms” of hulle uitgebrand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

O gaats…. as ek kyk na die definisie van uitbranding, moet ek tot die gevolgtrekking kom dat ons ‘n uitgebrande staatsdienste het!

Johan ·

Ons staatsdiens-amptenare is omtrent almal uitgebrand as jy hulle evalueer met die definisie van “uitbranding”

honourable member ·

Stem saam jou Johan. Ons wat die kantore aan die gang moet hou kan nie meer nie. Die ander mense is te besig om op hulle fone te speel en lang etes te vat en enige tyd van die dag aan diens te kom. Die base verkies natuurlik om dit mis te kyk.

bambi ·

Stem saam; ek self gaan al deur hel vir afgelope ses jaar; maar werk is skaars; indien jy dit noem word jy geboelie en word daar teen jou ouderdom gediskrimineer! As party eienaars maar geweet het wat aangaan in sommige van hul werksplekke. Gewoonlik kan die sondebokke hulself goed kamofleer dmv leuens etc. My dokters behandel my al afgelope twee jaar teen stres; eks op breekpunt!

Gert van Wierdapark ·

Met al die dae wat hul kry vir siekverlof is die nuwe mediese term en gebruik ou nuus in SA. Dit word al vir BAIE lank onbewustelik toegepas/gebruik en pro-duck-tiwiteit is uit-stekend!!! He-he-he

lewies ·

Een van die vernaamste gevolge van uitbranding is perfeksionisme wat getrigger word deur die vrees vir mense se goedkeuring of vrees vir hulle oordeel. (geen verwysing)

Stella ·

Daar is mense wat “uitbrand” agv werkslading, want hul moet ander mense se werk ook doen. Dis net jammer dis die mense wat se werk vir hul gedoen word wat afgeboek word vir “uitbrand”.

Ben ·

Uitbranding kom voor as gevolg van onredelike “Deadlines”. Almal het al gehoor van die sogenaamde term “Dealine”. Die feit is dat bitter mense weet wat dit werklik beteken veral onopgeleide bestuur. “Deadline” is soos die woord se DOOD. Dit beteken na die spesifieke datum is die projek/taak gestop. Dit is die einde. Mense verwar “Deadine” met “Milestone” wat beteken jy mik om ‘n sekere doel te bereik in ‘n gewewe tyd. Nou ja – daar is die begin van uitbranding.

Anoniem ·

Uitbranding gebeur, ek is self in die Staatsdiens, die bestuur kyk eenvoudig anderkant toe vir goed wat aangespreek moet word met personeel wat kanse vat, lang etenstye neem, ten misnste elke week siekverlof neem, op selfone besig is ens. Die personeel wat lojaal is, word meer druk op geplaas, en jy kan niks sê, soos n leser noem, dan word jy geviktimiseer en geboelie.

Lisa ·

Ek werk ook in die staatsdiens en is in dieselfde bootjie. Al die werk kom na my kant toe. Ek voel self uitgebrand, maar moet maar aangaan.

Skuweberg ·

Baie sterkte vir jou, ek respekteer jou dat jy nog uithou.

Bonita ·

Mense nuus vir julle. Ek het 30 jaar in die bankwese gewerk. Die ander kleuriges het my so gevictimize dat ek nou op pernamente ongeskiktheids af is!!

Susan ·

Uitbranding kom ook voor omdat daar meer druk geplaas word op die goeie werkers en die kollegas wat die hele dag op sosiale media sit en kuier kom daarmee weg want hulle is die sogenaamde Onderdruktes of Minderbevoorregtes.

Sakkie ·

Al ons ouer mense in die werks plek. Kyk hierna .
The Older Persons Act, 2006 (Act 13 of 2006) The Older Persons Act, 2006 is intended to protect, promote and maintain the status, rights, well-being and security of older persons. It is an Act that aims at combating the abuse of older persons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.