Vermiste vrou se verloofde nou ook skoonveld

Brian Laundrie, Petito se verloofde. (Foto: Moab City Police Department/AFP)

Die verloofde van die vermiste Amerikaanse vrou wat tydens die paartjie se toer deur die VSA onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het, het nou ook soos ’n groot speld verdwyn.

Brian Laundrie (23) se ouers beweer dat hulle hom sedert Dinsdag nog nie weer met ’n oog gesien nie.

Laundrie is tans ’n “persoon van belang” in die polisie se ondersoek na die verdwyning van sy verloofde, Gabrielle Petito.

Maroela Media het vroeër berig Petito (22) en Laundrie het in Julie vanjaar ʼn reis deur Amerika begin onderneem. Hulle het deurgaans foto’s en video’s van idilliese landskappe op sosiale media gedeel.

Petito se familie het egter meer as twee weke gelede onraad begin vermoed toe Laundrie alleen met die paartjie se kampeerwa terug is huis toe. Familie en vriende van Petito kon nog nie met haar in aanraking kom nie.

’n Grootskaalse soektog na Petito is intussen gelas terwyl Laundrie sedert sy tuiskoms in North Port, Florida, geweier het om inligting aan die polisie te verskaf oor die twee se doen en late.

Die polisie het in Augustus op ʼn voorval van gesinsgeweld gereageer waarby Petito en Laundrie betrokke was. (Foto: Moab City Police Department/AFP)

Die polisie in North Port het intussen gesê die regsverteenwoordiger van Laundrie se ouers het ondersoekers van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) Vrydagaand gekontak en aangedui dat hulle graag oor hul seun se verdwyning wil gesels.

“Dit is belangrik om daarop te let dat hoewel Brian ʼn persoon van belang is in Gabby se verdwyning, hy nie gesoek word vir ʼn misdaad nie,” het Todd Garrison, North Port se polisiehoof, gesê.

Garrison het intussen ’n beroep vir kalmte gedoen totdat die polisie meer inligting omtrent die jong mense se verdwyning kan bekend maak.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes van Utah het in Augustus op ʼn voorval van gesinsgeweld gereageer waarby Petito en Laundrie betrokke was.

Beeldmateriaal wat deur die betrokke beamptes geneem is, wys hoe Petito sê dat sy in ʼn onderonsie met Laundrie betrokke was.

Joe Petito, Gabby se pa, het intussen ʼn beroep op Amerikaners gedoen om enige moontlike inligting omtrent sy dogter se verdwyning by die owerhede aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pablo ·

Hy lyk ouer as 23. Ek wonder waar kry al die geld vandaar om so n toer te onderneem?

Althes ·

Sy is ñ pragtige meisie. My hart breek vir die familie. Sterkte aan julle.

JohanR ·

Hardloop ou hardloop! Hy het vir soe rukkie rond gehang sonder om vir haar te hulp soek, en toe vat hy die pad. Ons het een aand gedink my 7 jarige ou suster het weg geraak. Ek was 10 en al huilend roep en soek na haar. Soe verlig toe sy by ‘n vriend se huis gevind is. Die ou het nie eers hulp soek na sy verloofde nie!

Piet Snot ·

Verduidelik die gesinsgeweld: sy het hom aangerand, nie hy vir haar nie. Word reguit gestel in Amerikaanse koerante.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.