Verstappen dalk sy rekord kwyt

Max Verstappen het 11de geëindig. (Foto: Lillian Suwanrumpha/AFP)

Max Verstappen, die huidige Formule 1-wêreldkampioen, is dalk sy rekord getal agtereenvolgende oorwinnings kwyt nadat nie hy of sy spanmaat Sergio Perez vir die finale kwalifiserende ronde vir Sondag se wedren in Singapoer gekwalifiseer het nie.

Verstappen, wat die laaste tien wedrenne gewen het, het Saterdag 11de geëindig en is saam met Perez vir die finale ronde uitgeskakel nadat hy 13de geëindig het.

Pierre Gasly, Alex Albon en Yuki Tsunoda is ook in die tweede kwalifiserende ronde uitgeskakel, en so ook Valtteri Bottas, Oscar Piastri, Logan Sargeant en Zhou Guanyu.

Die eerste kwalifiserende ronde is voortydig tot stilstand gebring nadat Lance Stroll ʼn ongeluk met sy Aston Martin gemaak het toe hy by die kuipe ingejaag het.

Die impak met ʼn muur het veroorsaak dat sy motor oor die baan getol het met wiele en bakwerk wat vlieg.

Lando Norris was kort agter hom, maar het daarin geslaag om die wrakstukke in sy McLaren te vermy.

Die ongeluk het Stroll uit die res van die kwalifiserende rondes uitgeskakel, maar hy kon wel daarin slaag om sonder hulp van die wrak af weg te loop.

Ferrari se Carlos Sainz het eindelik in die laaste ronde die vinnigste geëindig en sal môre in eerste plek wegspring. Mercedes se George Russell spring in die tweede plek weg en Sainz se spanmaat Charles Leclerc in die derde plek.

Verstappen jaag tans sy derde wêreldtitel en het ʼn massiewe voorsprong bo Perez en al die ander renjaers.

Maar die Nederlander het nog nooit in Singapoer gewen nie en staan ​​voor ʼn bykans onmoontlike taak, aangesien Red Bull al die hele naweek uit pas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie Biebouw ·

Verduidelik asb vir my hoe Verstappen “dalk sy rekord kwyt” is? Hy het reeds die rekord opgestel…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.